Here, U sien dwarsdeur my, U ken my (Ps 139:1).
Voor God probeer ons tevergeefs agter ʼn masker wegkruip.
God se almag beteken dat Hy ook alwetend en alomteenwoordig is. Hy sien dwarsdeur ons. Hy ken ons ware self. Ons hele lewensloop is oop en bloot voor Hom: ons sit en staan, ons kom en gaan, ons reisplanne en verblyfplekke, al die paaie waarop ons ons bevind, al die draaie wat ons elke dag maak. Hy weet watter gedagtes ons gaan dink nog voordat hulle by ons opkom. Hy is bewus van die woorde wat ons gaan uitspreek nog voordat ons hulle formuleer. Hy sluit ons in van alle kante, Hy neem ons in besit! Luther het eenmaal gesê: “God is nader aan ons as ons hemp of rok.” Lees Verder>>