Home » Julie » God se beskerming

God se beskerming

Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd (Psalm 212:8).

Ek lees in ʼn Nederlandse vertaling die volgende oor Johannes Calvyn se kommentaar op Psalm 121: “Ten einde de geloovigen op te wekken tot een kloekmoedig vertrouwen op de hulpe Gods en hun te leeren de toevluch te nemen tot zijne bescherming.” Kloekmoedig vertrou! Dit wil sê, dapper, moedig en onverskrokke.

Psalm 121 is ʼn geliefde psalm van troos wat ons wil herinner dat God nie sluimer of slaap nie, dat Hy ons beskerm.

God se beskerming beteken nie noodwendig Hy weer alles van ons af wat sleg is nie, maar dit is die vaste wete dat die slegte dinge nie ʼn teken is dat God insluimer en slaap nie.

Al het ons vrae nie antwoorde nie sal God ons steeds beskerm (vers 8). Nou en vir altyd.

Dankie, Here, dat ek kan rus in die wete dat U nooit sluimer of slaap nie, dat U my nou en vir altyd beskerm. Amen.

Lisel Joubert