’n Oog vir die kleine

Wat is die mens dan dat U aan hom dink? (Ps 8:5).

’n Sterrekundige het ’n lesing oor die grootheid van die heelal gelewer en die een asemrowende getal na die ander opgenoem: die afstand tussen die aarde en die maan, en tussen die aarde en die ander planete; die omvang van die sterrestelsels; die afstande van miljoene der miljoene ligjare; ’n steeds uitdyende heelal, waarvan ons planeet maar ’n spikkeltjie uitmaak.

Ná die referaat vra ’n aan die spreker: “As die aarde dan so klein en die heelal so oneindig groot is, glo u tog seker nie dat God regtig enige aandag aan ons, nietige mensies, skenk nie?” Lees Verder>>

Ja! vir die lewe

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon (Joh 1:14).

God is vir die lewe. Hy ag dit kosbaar en heilig. Hy is immers die Skepper en Gewer daarvan. Hy onderhou dit, dra dit, vertroetel dit en koester dit. Ja, God hou van die klanke van die lewe: mense se stemme, kinders se krete, die blaf van ’n hond, die gekoer van ’n duif, die gesuis van die wind oor grasvlaktes.

God het vreugde aan die lewe. Die ritme van die lewe maak Hom bly: die bloeisels wat bot, die bome wat in die lente hulle nuwe blarebaadjies oor kaal winterskouers aantrek, die wakkerword van die wêreld ná die winterslaap. God het behae in dit alles. Hy het ’n onblusbare Lewenslus! Lees Verder>>

Ongelooflike genade

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Joh 3:16).

Waarom is Jesus gebore? Wat is die diepste rede daarvoor? Gister het ons dit in ’n neutedop gestel: Omdat Hy mense liefhet, omdat Hy hulle wil red, sommer net … omdat Hy wou!

Vir ons is sulke nuus oorstelpend. Ons is gewoond daaraan – veral in ons Westerse kultuur – om vir alles wat ons (wil) ontvang ’n teenprestasie te lewer, om daarvoor te werk of om daarvoor te betaal. Alles kos ’n prys. Niks is verniet nie … Lees Verder>>

Sommer net

Ons het sy heerlikheid gesien (Joh 1:14).

Ons het al so gewoond geraak aan die wonderlike evangelieboodskap dat God mens geword het dat ons nie meer die heerlikheid daarvan goed besef nie. Ons dink selde daaraan dat God ons netsowel in ons ellende kon gelaat het. Want die sonde en skuld waarin ons verval het, het niemand anders nie as ons self oor ons gebring.

Dit was die filosoof Søren Kierkegaard wat ons bewus gemaak het van die oneindige kwalitatiewe onderskeid tussen ons en God. God is alles wat ons nie is nie. Ons is alles wat God nie is nie. God is weergaloos. Hy kan met niks en niemand op die aarde of in die hemel vergelyk word nie. Teoloë noem God die Gans Andere … Lees Verder>>

Nugtere feite

Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus (Matt 1:18).

Jesus is op aarde gebore, tussen mense, as mens. Hierdie boodskap moet ons nie so in hemelse wasigheid hul dat ons dit van die naakte aardsheid daarvan stroop nie.

DJ Opperman se gedig “Kersliedjie” toon treffend die menslikheid van hierdie gebeure aan. Probeer dit gerus in die hande kry om te lees. Dit is ’n gedig wat die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus aards, werklik, maak. In sy gedig plaas Opperman die geskiedenis van Jesus Christus se geboorte vir ons in ons eie ervaringswêreld. Lees Verder>>

Onheerlike heerlikheid

Sy het … Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê (Luk 2:7).

Jesus is nie gebore in ’n paleis of in ’n pragtige omgewing nie. Sy geboorteplek was ’n nederige staI. Sy wiegie was ’n krip. Sy geboorte is nie aangekondig deur groot fanfare en meesleurende sensasie nie. Die rooi tapyt is nie vir Hom uitgerol nie.

Jesus se heerlikheid het heeltemal anders gelyk as wat ons van ’n Koningseun sou verwag. Menslik gesproke was dit ’n onheerlike heerlikheid, dié van God wat in ’n nederige mensegedaante aan ons verskyn het. Lees Verder>>

Gewone geboorte

Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word (Luk 2:6).

In teenstelling met die blink versierings en trompette waarmee Kersfees in ons tyd gekommersialiseer word, is die Bybelse verhaal van wat daardie nag gebeur het sober en eenvoudig. “Sy [Maria] het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie” (Luk 2:7).

Dit klink so gewoon, so realisties. Maar so was dit inderdaad. Daar was geen stralekrans om die koppie van die Kindjie nie, geen ligglans in die stal nie. Dit was ’n doodgewone babatjie wat daar gelê het, met krom beentjies en pienk naeltjies aan sy vingers en tone (Van Ruler). Lees verder>>

God se geskiedenis

In daardie tyd het keiser Augustus ’n bevel uitgevaardig dat ’n volkstelling in die hele ryk gehou moet word (Luk 2:1).

Met die eerste oogopslag lyk die verhaal van Christus se geboorte soos blote geskiedenis. Die geskiedskrywer Lukas doen baie moeite om ons juis op die historiese aard van die gebeure te wys. Hy plaas die verhaal as’t ware binne die hakies van die geskiedenis. Die een ná die ander vloei die name, plekke en tye uit sy pen voort: Augustus, Sirenius, Sirië, Nasaret in Galilea, Judea, Betlehem, stad van Dawid … (Luk 2:1-20). Soos ’n ketting van noodwendighede lees dit, asof daar geen opening na Bo is nie. Asof daar niks bonatuurliks, niks buitengewoons, niks hemels aan die geboorte was nie. Oënskynlik swaai keiser Augustus die septer, het hy die laaste sê. Lees Verder>>

’n Geskenkie vir die kind

Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre (Matt 2:11).

Dit was nie net die sterrekykers wat ervaar het dat daar maar een manier is om op die Kersverhaal te antwoord nie. Ook Josef reageer met geloof en aanbidding. En Maria. Ná hulle en tot vandag toe is dit die reaksie van mense wat enigsins begryp wat die betekenis van die geboorte van die Christuskind is. Want ’n mens kan nie neutraal teenoor die Kind bly nie. Frank O’Connor, die bekende Amerikaanse kortverhaalskrywer, vertel van ’n soortgelyke ervaring uit sy jeug:  Lees Verder>>

Uit eie, vrye wil

“Ek weet waar Ek vandaan gekom het en waarheen Ek teruggaan” (Joh 8:14).

Geen mens word uit eie vrye wil op aarde gebore nie. Hoogstens kan ons sê die geboorte van ’n baba is meestal die gevolg van ’n wilsbesluit van die baba se ouers.

Maar baie kinders kom natuurlik onverwags en onwelkom in die wêreld. Feit is, ek en jy het nie besluit om gebore te word nie. In ’n pessimistiese oomblik sou ons selfs kon sê: As ons enige sê in die saak kon hê, sou ons beslis ons geboorte geweier het. Want kyk hoe lyk die wêreld! Kyk watter ellendes het in hierdie lewe op ons gewag! Maar ons het geen beheer daaroor gehad nie. Ons ouers uiteindelik ook nie. Alles lê in God se hand. Lees Verder>>

1 2 3 119