Twee verskillende seine

“Kom na My toe almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matteus 11:28).

ʼn Vriend van my wat ʼn sielkundige is, moet dikwels paartjies wat sukkel om hulle huwelikbootjie bo water te hou, van raad bedien.

Onlangs deel hy ʼn interessante waarneming hieroor met my.

Benewens ʼn klompie neutrale seine wat deel van ons daaglikse omgang met mense vorm, is daar veral twee groot seine wat die aard en groei van ons verhouding met die ander bepaal. Die een is waar jy deur jou woorde of gedrag mense openlik of op subtiele maniere van jou af wegstoot. Dit gebeur veral wanneer jy die ander bly verwyt, beskuldig of vaspen met woorde soos: “Jy was nog altyd so …” Lees Verder>>

Reguit, maar welwillend

ʼn Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly (Spreuke 27:5).

Die afgelope week moes ek ʼn brief skryf waarin ek iemand se uitnodiging tot ʼn ontmoeting en gesprek oor konflik waarin hy betrokke is, moes afwys.

Ek het goeie redes hiervoor gehad, en alhoewel ek agterna ietwat sleg gevoel het, het ek geweet dit was die regte ding om te doen.

ʼn Goeie vriend van my het later my besluit ondersteun en bevestig met die woorde: “ʼn Reguit en eerlike woord of antwoord kan pynlik wees, maar is dikwels tot heil van die ander. In sekere omstandighede is sulke reguit woorde selfs ʼn vorm van goedhartigheid (kindness) en welwillendheid.” Lees Verder>>

Daar is ook goeie stories

Wat julle betref, broers [en susters]: Moenie moeg word om goed te doen nie (2 Tessalonisense 3:13).

Wie elke dag gebombardeer word met stories oor misdaad, geweld en korrupsie kan maklik die indruk kry dat die lewe, ja, die ganse werklikheid só is.

Dit is natuurlik nie heeltemal waar nie. Behalwe dat die nuus waaraan ons daagliks blootgestel word meestal selektief, negatief en sensasioneel is, is die lewe ook vol goeie en hoopvolle stories. Lees Verder>>

ʼn Onbedagsame lewe

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, en dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God (Miga 6:8).

Een van die slegste vorme van menslike gedrag staan bekend as onbedagsaamheid.

Om onbedagsaam te leef is om so behep te wees met jou eie aksies, stories of belange dat jy onsensitief raak vir ander, dat jy nie meer omgee hoe jou optrede of gedrag hulle raak of steur nie. Selfs nie eens omgee wat hulle van jou dink nie. Lees Verder>>

Die ellende van onreg en onverwerkte skuld

Ellende wag vir julle wat huis na huis inpalm, die een plaas na die ander in die hande kry, totdat daar geen plek vir die ander oorbly nie en net julle die grondeienaars in die land is (Jesaja 5:8).

Hoe ʼn gemeenskap se skewe en selfsugtige keuses tot skaamte, skuld en grootskaalse ellende kan lei, word aangrypend in die Hongaarse regisseur Ference Török se film 1945 uitgebeeld.

Dié film speel af kort ná die Tweede Wêreldoorlog in ʼn Hongaarse dorpie. Tydens die oorlog het prominente gemeenskapslede, onder andere die predikant en die stadsklerk, meegedoen aan die uitlewering van plaaslike Jode aan die Nazi’s. Erger nog, baie het daarna beslag gelê op die Jode se eiendom, huise en winkels en dit vir hulle toegeëien. Lees Verder>>

Leer ken die vreemdeling as vriend

Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis (Lukas 15:2-3).

Wie die gelykenis van die verlore seun – oftewel van die wagtende vader, het Thielicke gesê – lees, sal altyd ook die konteks waarin Jesus dié verhaal vertel het in ag moet neem.

Daarin alleen sit al ʼn eie boodskap vir ons tyd. Lees Verder>>

Die wagtende Vader

“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom” (Lukas 15:20).

Die hoogtepunt van die verhaal van die verlore seun is beslis die dramatiese herontmoeting van die pa en sy vervreemde seun.

Aangrypend hoor ons hoe die pa die seun al gesien het toe hy nog ver was, amper net ʼn spikkeltjie op die horison. En hoe sy hart by die aanskoue van hierdie gehawende en eensame man skielik vol deernis was. Sodat hy amper buite homself van vreugde die seun tegemoet gehardloop, omhels en hartlik soen. Lees Verder>>

ʼn Genadige herinnering

“Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan …’” (Lukas 15:17-18).

Behalwe vir sy donker kant van verval en ellende, bevat die verhaal van die verlore seun ook ʼn moment van lig en bevryding.

Dit is wanneer die seun tot sy sinne kom en besluit om terug te keer. Die geheim vir hierdie omkeer lê dieper as wat ʼn mens met die eerste oogopslag raaksien. Lees Verder>>

Die onbegryplike raaisel

“Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.’ Hy het toe die geld tussen hulle verdeel. Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis na ʼn ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe” (Lukas 15:12-13).

Die gelykenis van die verlore seun (Lukas 15:11-31) is ʼn ryk, ontroerende en troosvolle verhaal – een wat die hart van Jesus se boodskap op ʼn ongeëwenaarde wyse vertolk.

Dié verhaal gee eerstens vir ons ʼn blik op die groot ellende waarin impulsiewe gedrag en swak keuses ʼn mens kan dompel. Die jongste seun se versoek aan sy pa om sy erfdeel voortydig te bekom, was nie net ongehoord in daardie tyd nie, maar verraai reeds ʼn onverskilligheid teenoor die pa. Lees Verder>>

Ons vyand bly ʼn mens

Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God (Romeine 12:19).

ʼn Digter het eenmaal geskryf dat om ʼn gesig te sién altyd die sleutel tot verwantskap en omhelsing sal bly.

Anders gestel, dis eers wanneer ons mense van naby leer ken dat ons hulle begin begryp en waardeer vir wie hulle is.

Hoe hierdie soort kennis jou kan help om selfs jou grootste vyand met meer deernis te bejeën, word aangrypend verwoord in die gedig “Revenge” deur die Palestynse digter Taha Muhammad Ali. In sy worsteling om die man wat sy pa vermoor het te vergewe, skryf hy: Lees Verder>>

1 2 3 4 112