Die geloofspad as opgang

“Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind” (Matteus 10:39).

Daar is verskillende maniere om die pad van geloof te beskryf.

My geestelike begeleier het dié pad dikwels vergelyk met ʼn spiraal wat geleidelik na onder kring. Só wou sy my daaraan herinner dat ons lewe voor God ʼn herhalende patroon het, maar een wat bedoel is om algaande, danksy God se genade, dieper en inniger te word.

Presies soos die na onder gerigte en dus dieper kringende spiraal. Lees Verder>>

Gelukkig is my naam nie Koos nie

Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredinge uit … Skep ʼn rein hart vir my, o God … Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet u Heilige Gees nie van my wegneem nie (Psalm 51:3, 12-13).

Hoe die mens se dubbelslagtigheid, of verdeelde hart, kan oorhel na die verkeerde kant en in selfbedrog kan eindig, word mooi deur ʼn luimige anekdote geïllustreer.

In hierdie anekdote gaan dit oor ʼn alkoholis wat elke naweek vir homself sê: “Koos, hierdie naweek gaan jy minder drink.” Maar dan, terwyl hy reeds ʼn volgende glasie omhoog hou en skelm maar selfvoldaan grinnik, hoor ons hom onderlangs fluister: “Gelukkig is my naam nie Koos nie!” Lees Verder>>

Wanneer die leuen ons waarheid word

Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk, maar daarbinne vol doodsbeendere en allerhande onsuiwerheid is (Matteus 23:27).

Ek staan telkens verbaas wanneer mense, sommige selfs hoogs geleerde mense, mekaar in ʼn hofgeding duidelik weerspreek. Iewers, so voel dit vir my, word die waarheid doelbewus verhul en lieg iemand openlik.

Of kan dit wees dat mense hulle eie leuens glo en selfs verbete daaraan vasklou as ʼn eie en egte waarheid, en dit sonder enige gewete of ʼn sweempie van skuldgevoelens? Lees Verder>>

As ek my mond oopmaak

Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra (Filippense 2:15-16).

Behalwe vir ʼn ongesonde grootheidswaan, is daar ʼn verdere rede waarom sekere mense die lewe en ander mense meer aggressief benader. Dit selfs geniet om voortdurend met hulle te stry en te baklei.

Dit hang dikwels direk saam met die konteks of omgewing waarin mense grootgeword het, met die invloed en voorbeeld van hulle ouers en vriende. Daar is ʼn spreekwoord wat die bepalende belang van hierdie invloed mooi verwoord. Dit lui: “When I open my mouth, my mother comes out.” Lees Verder>>

Om op baklei te floreer

Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges (Romeine 12:16).

Ek kan nie help om soms die gevoel te kry dat sommige mense op baklei en twis floreer nie. So asof hulle dit geniet om skoor te soek en onderonsies met ander te hê.

Hiervoor is daar verskillende oorsake. Meestal hang dit saam met ʼn ongesonde grootheidswaan – die behoefte om jou gewig rond te gooi en jouself te laat geld. Om voortdurend te wys dat jy die baas en die wenner is. Lees Verder>

Maak daarvan ʼn storie!

Toe het Job weer gepraat: “Luister goed na my woorde; so sal julle my die beste troos” (Job 21:1-2).

Karen Blixen, die bekende Deense skrywer, het eenmaal gesê: “All sorrow can be borne if you can put them into a story.”

Baie mense wat al op die donker pad van verlies gestap en die gepaardgaande smart of pyn daarvan beleef het, sal kan getuig hoe waar Blixen se uitspraak is. Van die verligting en hulp wat dit kan bring om jou droewe storie met iemand te deel. Of selfs daaroor te skryf. Om op dié manier uitdrukking te gee aan jou rou en dikwels verwarde gevoelens. Lees Verder>>

So boemerang die lewe op ons

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son (Psalm 37:5-6).

Søren Kierkegaard, die bekende Deense filosoof, het in sy tyd vele belangrike wyshede kwytgeraak. Onlangs word ek opnuut deur die volgende diepsinnige stelling van hom geraak:

“The most common form of despair is not being who we are.” Lees Verder>>

Vreesloos, maar met respek

Toe vertel Samuel hom alles; hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesê: “Hy is die Here, laat Hom doen soos Hy wil” (1 Samuel 3:18).

Samuel het grootgeword. Die Here was by hom en het nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat nie (1 Samuel 3:19).

Hoe moeilik en selfs pynlik dit soms kan raak om ʼn draer van God se woord te wees en só jou roeping uit te leef, sien ons duidelik in Samuel se lewe. Lees Verder>>

Die wêreld wag op jou

Die Here het toe weer in Silo verskyn, want Hy het Hom in Silo aan Samuel geopenbaar deur die woord van die Here (1 Samuel 3:21).

In 1 Samuel 3 kry ons ʼn merkwaardige oorgang.

Terwyl die hoofstuk begin met die mededeling dat God se woord in daardie tyd skaars en sy openbaringe min was, eindig dit met die blye nuus dat God weer in Silo verskyn het. En dat sy woord, by monde van Samuel, weer oor die hele Israel begin opklink het. Lees Verder>>

Die woord was skaars

Die woord van die Here was in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbaringe nie (1 Samuel 3:1).

In 1 Samuel 3 hoor ons die verbasende nuus dat God se woord in die laaste jare van die rigterstyd, net voordat Samuel as profeet sou begin optree, maar min gehoor is.

Die ou vertaling sê die woord van die Here was in dié tyd skaars. Lees Verder>>

1 2 3 4 5 104