Die hoëvlak-gesprek

Laat jou woorde daarom min wees. Baie doenigheid bring drome, baie praat lei tot onverstandige woorde (Prediker 5:2).
Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig (Spreuke 10:19)
So sê die Here die Almagtige: “Luister goed …” (Jeremia 9:17).

Die afleiding is waarskynlik oordrewe: Ons het twee ore en net een mond of tong. En daarom behoort ons in hierdie lewe meer te luister as praat.

Tog skuil daar in hierdie ietwat lukrake afleiding ʼn groot waarheid. Want vir egte ontmoeting en groeiende medemenslikheid is luister ʼn belangrike voorwaarde.

Deur te luister hoor en ontdek ons wie die ander is. Ons ontdek die ryk maar ook wisselende gang en spektrum van hulle lewe – waar hulle vandaan kom, wat hulle lotgevalle langs die pad was en waarheen hulle nou op weg is. Lees Verder>>

Voedsel vir jou

Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie” (Johannes 6:35).

Jesus se uitspraak in Johannes 6 dat Hy die brood is wat lewe gee, het destyds die skare se ore laat tuit.

Want daarmee wou Jesus sê dit is nie genoeg om Hom net as ʼn goeie voorbeeld of gesaghebbende leermeester of selfs ʼn nuttige kontak te volg nie.

Nee, vir ʼn gelukkige en vervulde lewe is Hy self nodig. Dit was nodig dat die skare hulle aan Hom persoonlik sou verbind, soos voedsel sou inneem. Hulle moes leer om vanuit ʼn intieme gemeenskap met Hom te gaan leef. So intiem dat hulle mettertyd soos Paulus sou kon getuig: “Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my.”
Lees Verder>>

Ons dieper behoeftes

“Julle moet nie werk vir voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe gegee” (Johannes 6:27).

Wanneer Jesus in Johannes 6:26 die skare se soeke na Hom as twyfelagtig en vals ontbloot, doen Hy dit nie net om hulle te betig en skuldig te laat voel nie.

Hy doen dit eintlik om hulle uit te nooi om Hom as die ware brood van die lewe te ontdek en te volg (6:27, 32-35).

Met dié uitspraak of verklaring oor Homself wou Jesus allereers die skare herinner dat hulle, naas hulle menslike behoeftes, ook ander, dieper behoeftes het – behoeftes waarvan hulle nie altyd bewus is nie, maar wat Hy ken en waarin Hy kan voorsien.

Sodat hulle ʼn smaak van die ware lewe kan kry. Lees Verder>>

ʼn Gerieflike kontak

Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het” (Johannes 6:26).

Waarom glo mense in Jesus? Ja, waarom volg jý Hom?

Hierdie vraag bly belangrik omdat Jesus deur die eeue heen verkeerd verstaan en daarom om die verkeerde redes gevolg is.

Duidelik blyk dit uit Johannes 6 wanneer Jesus die skare daarop wys dat hulle Hom eintlik net om een rede volg: “Omdat hulle van die brood wat Hy voorsien het, geëet en versadig geword het” (6:26).

Uit Jesus se woorde blyk dit – om dit in meer moderne taal te stel – dat Hy vir hulle net ʼn gerieflike kontak of naam was, een wat sekere voordele vir hulle kon verseker, in dié geval brood. ʼn Beskikbare skakel om hulle doelwitte te bereik, hulle selfsugtige ambisies en planne te vervul. Lees Verder>>

Betroubare woorde

Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het (Galasiërs 6:5).

In Johannes 6, waar ons lees van die vermeerdering van die brood en vis, vind ons ʼn patroon in die vertelling van die verhaal, ʼn patroon wat eie aan die Evangelieskrywer Johannes is.

Eers vertel hy van Jesus se wonderdaad of teken (6:1-15); kort daarna stel hy Jesus aan die woord om hierdie daad of teken te verduidelik (6:22-40). Hierdie verduideliking was meestal daarop gemik om die skare te onderrig oor wie Jesus is en waarvoor Hy aarde toe gekom het.

Dus, om sy ware identiteit en opdrag te verklaar en te staaf.

In ons lewe lê ons gewoonlik groot klem daarop dat ons woorde, veral sekere beloftes wat ons gemaak het, deur ons dade en optrede bevestig en bekragtig moet word. Hoe betroubaar ons as mense is, word dikwels aan ons dade gemeet. Lees Verder>>

Jou gawe maak saak

ʼn Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is ʼn seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” (Johannes 6:8-9).

Een van die verrassende perspektiewe op die God van die Bybel is dat hierdie God mense gebruik om sy koninkryk van oorvloed en vrede op aarde te help vestig.

Duidelik sien ons dit in Johannes 6 waar Jesus as die Seun van God die skare op ʼn wonderbaarlike manier voed.

Aanvanklik, daarvan vertel Markus ons, versoek Jesus sy dissipels om die skare te voed (Markus 6:37). Maar wanneer hulle kleingelowig reageer, neem Jesus die inisiatief. En Hy maak gebruik van ʼn onopvallende gawe of bydrae: die padkos van ʼn onbekende seuntjie (Johannes 6:8-11). Lees Verder>>

ʼn Toets vir ons geloof

Toe Jesus rondkyk en sien dat ʼn groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen (Johannes 6:6).

Wat ʼn vreemde vraag van Jesus aan Filippus in Johannes 6: Of daar ʼn plek naby was waar hulle brood vir die moeë skare kon gaan koop.

Dit verg nie baie verstand om te weet dat hierdie versoek onrealisties, indien nie totaal onvanpas, was nie.

Want behalwe dat die aand besig was om vinnig te daal en hulle ver van enige winkel af was, was die hoeveelheid mense om te voed bloot te veel. Johannes praat van 5 000 mense, en dit net die mans. Geen wonder die dissipels wou, volgens Markus se weergawe van hierdie wonderwerk, eerder die mense so gou moontlik wegstuur nie. Lees Verder>>

Van rou na vreugde

U het my gerou in ʼn koordans verander, my rouklere uitgetrek en my met vreugde omgord (Psalm 30:12).

Psalm 30 is ʼn gedeelte waarna ʼn mens, soos met goeie musiek, altyd kan terugkeer om weer daarna te luister.

Hier sien ons onder meer hoe God mense met sy goedheid en guns kan verras.

Die psalmdigter het duidelik in ʼn stadium in groot angs en verdriet verkeer, hetsy vanweë siekte of die een of ander bedreiging. Sy oorheersende gevoel was dat God hom verlaat het, selfs afgeskryf het. En dat hy nou onkeerbaar na die dood op pad was.

In hierdie skynbaar reddelose situasie wend hy hom ten einde raad opnuut na God; hy doen wat die meeste van ons doen wanneer ons in ʼn diep gat beland: Hy kla, hy roep, hy smeek om genade. Lees Verder>>

Die God van verrassings

Toe vra die Here vir Abraham: “Waarom lag Sara? Waarom dink sy: sal ek werklik ʼn kind in die wêreld bring noudat ek oud is? Is iets te buitengewoon vir die Here?” (Genesis 18:13-14).

Die Skotse geestelike Gerhard Hughes het bekend geword vir sy boek God of surprises.

In hierdie boek, wat mettertyd ʼn lewensboei vir baie twyfelende gelowiges geword het, herinner Hughes ons daaraan dat die God van Jesus ʼn werklikheid is.

Meer nog, in die lig van Jesus se woorde en werke betoog hy dat hierdie God ons boonop kan verras. Dit wil sê, dinge in ons lewe kan doen wat ons glad nie verwag het nie. Of waarop ons nie gereken of selfs gehoop het nie. Lees Verder>>

Mag die bome groen bly

Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde, die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak (Psalm 89:12).

Dit was eers die derde dag nadat ek die rommel in die parkie langs ons woongebied opgemerk het dat die vraag in erns by my opgekom het.

Wie op aarde sou hulle rommel sommerso hier kom strooi het? En is hulle nie skaam daaroor nie?

Want sien, skaamte, veral oor sulke onverskillige gedrag, bly tog altyd ʼn belangrike aanduiding van spyt, van ʼn gewete wat pla. Ook van ʼn gevoel dat jy jou verantwoordelikheid teenoor jou medemens en die natuur verwaarloos het. Lees Verder>>

1 2 3 10