Groter as die lewe

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Die lewe van die regverdiges is vol vreugde (Spreuke 13:9).

Jy kry mense wat amper groter as die lewe is.

My vriend Raoul, met sy stralende lag, sy klinkende stem, sy groot liefde vir musiek, perde, reptiele en sy pragtige, hartlike vrou, was so ʼn mens. Lees Verder>>

Dit begin in ons binneste

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus (Filippense 4:6-7).

Iemand het eenkeer tereg opgemerk dat vrede in hierdie wêreld ʼn onhaalbare ideaal sal bly, tensy ons moeite doen om met onsself in vrede te leef. Lees Verder>>

God se vredesdroom

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede” (Lukas 1:78-79).

Kerstyd is ʼn tyd van vrede.

In die Ou Testament beteken God se vrede – of God se sjalom, soos die Hebreeuse woord lui – ʼn staat van omvattende heling, harmonie en geluk. Dit is ʼn toestand waarin alle gebroke verhoudings – tussen en God en mense, en tussen alles anders wat leef en bestaan – herstel is. Lees Verder>>

Die taak van ons geslag

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


“Want wat baat dit ʼn mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?” (Matteus 16:26, 1933-vertaling).

Om versigtig te wees met wat in ons hart omgaan, kan – buiten die uitnodiging om aan die stem of versugting van ons siel gehoor te gee – ook ʼn tweede ding beteken. Lees Verder>>

Luister na die stem van jou siel

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe (Spreuke 4:23).

Dié week, met die oog op die bevestiging van ʼn huwelik, ontdek ek ʼn wonderlike vers in die boek Spreuke.

Dit lui: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe” (Spr 4:23). Lees Verder>>

Dit is al wat ons moet weet!

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Die nag is verby; dit is amper dag (Romeine 13:12).

Verlede week is ek by die bekendstelling van Jaap Durand, bekende en prominente teoloog, se nuutste boek Dit is amper dag – nagedink oor geloof, dood en ewige lewe.

Dié boek is ʼn neerslag van oom Jaap, soos sy studente hom genoem het, se persoonlike worsteling met vrae oor dood en ewige lewe. Dié vrae het ná sy eerste vrou, Randu, se ontydige dood akuut geword. Lees Verder>>

ʼn Tydige herinnering

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word” (Matteus 7:7).

Karl Barth sluit sy bekende preek oor God se genade af deur te wys op ʼn dilemma wat ons goed ken en wat gedurig in ons geestelike lewe opduik.

Dit is dat ons, al weet ons God se genade is daar vir óns, steeds sukkel om dit te glo. Of daaruit te leef. Lees Verder>>

ʼn Gawe om nederig te ontvang

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en
sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan (Romeine 5:2).

Baie mense wat iewers wonderbaarlik aan die dood ontkom het, kén dit – die skrik- of skokbesef agterna dat jy eintlik nooit moes oorleef het nie.

En tog, genadiglik, is jy steeds hier: lewend, dankbaar en ontsettend verlig! Lees Verder>>

Uit die vuur gepluk

Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak (Efesiërs 2:5).

Dat ons uit genade gered is en voortaan daardeur en daaruit mag leef, is volgens die groot Karl Barth die opwindendste nuus wat ʼn mens kán hoor.

Hierdie genade wat redding bring, só preek hy in een stadium vir die gevangenes, beteken nie maar net ʼn hand om ʼn skouer, ʼn bietjie troos of ʼn bietjie aanmoediging of verligting in ʼn tyd van nood nie. Lees Verder>>

1 2 3 4 5 6