Gryp kan gee word

Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? (Rom 7:24).

Martin Luther het eenmaal gesê die wese van die sondeval is dat die mens volkome selfsugtig is; dat ons van nature totaal op onsself ingekeer is: homo incurvatus in se, soos hy dit in Latyn gestel het.

Die sonde wil altyd die eie ek in die heersersposisie in my lewe sien. Dit wil alles laat inval by my eie se belange en begeertes: My eggenoot, my kinders, my ouers, my vriende moet my dien. Alles in my lewe moet sentreer rondom my prestige, sukses, bevordering, besittings. Lees Verder>>

Sommer in nommer?

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne (Jes 43:1).

Hoeveel nommers het jy waarmee jy jou kan identifiseer? ʼn Identiteitsnommer, paspoortnommer, bankrekeningnommer, kredietkaartnommer, mediesefondsnommer, pensioenfondsnommer, motorregistrasienommer, kieserslysnommer, inkomstebelastingnommer, huistelefoonnommer, selfoonnommer?

Dit is natuurlik alles by geleentheid baie nuttig, maar op ʼn dag begin dit vir jou voel of jou naam, of jy as persoon, verswelg word deur dié stortvloed syfers. Lees Verder>>

Wie is ek?

U het hom (die mens) net ʼn bietjie minder as ʼn hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon (Ps 8:6).

Friedrich Schleiermacher, die groot teoloog-filosoof, het eenkeer diep ingedagte op ʼn bankie in ʼn park gesit. Ongemerk het die ure verbygegaan en dit het tyd geword dat die hekke van die park gesluit moes word. Die parkopsigter het by Schleiermacher gekom en hoflik gevra: “Wie is u, Meneer?”

“Ek? Ek wens ek het geweet!” was die geleerde se antwoord. Lees Verder>>

Die seëning in sekondes

My tye is in u hand (Ps 31:16).

Die datums op die grafte verskil met 76 jaar en 364 dae. Aan die een kant is die ouma se graf – sy het op die rype ouderdom van 177 jaar gesterf. Langsaan is die graffie van haar kleinkind – sy het ʼn skrale 6 uur gelewe: 21 600 sekondes, nie veel meer as een oggend in ʼn gewone mens se lewe nie. Hoe broos is die lewe! Hoe kosbaar was elk van daardie sekondes! Lees Verder>>

Wysheid vir vandag

Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie (Psalm 62:11).

Wie op God leer vertrou, sal ontdek dat hulle selfvertroue ook begin groei.

Nie net sal hulle die gevoel kry dat hulle lewe op vaste grond gevestig is nie, maar hulle woorde sal nuwe gesag begin dra.

Wie mooi lees, sal sien dat dit presies is wat met die digter van Psalm 62 gebeur het. Toe hy eers in die stilte by God weer sy vertroue in God herwin het, die blye ontdekking gemaak het dat God sy rots en veilige vesting is, begin hy met nuwe oortuiging en selfvertroue praat. Hy begin selfs vir ander goeie raad gee. Lees Verder>>

Stilte herstel vertroue

Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ʼn toevlug (Psalm 62:9).

Die woord wat egte geloof waarskynlik die beste beskryf, is die woord vertroue – vertroue dat God bestaan en dat God vir ons ʼn toevlug in nood is.

Dit is dan ook presies hierdie vertroue wat begin kwyn wanneer ons aanvegting beleef en begin twyfel. Soos skynbaar in ʼn stadium met die digter van Psalm 62 gebeur het.

In Psalm 62:4-5 kla hy dat hy voel soos ʼn wankelende muur wat enige tyd kan omval. En dit omdat hy hom te veel aan die raad en leuens van ander mense gesteur het, selfs aan dié van vertroude vriende. Lees Verder>>

Die duiwel van die middaguur

U het my onder in die put laat beland, in diepe duisternis. U gramskap rus swaar op my (Psalm 88:7-8).

Nou verwant aan die geloofstwyfel waarvan die Bybel ons vertel, is wat die ou kerkvader Casius “the spirit of accidie” genoem het.

Die Griekse woord akedia dui op die moegheid en moedeloosheid wat die mens se gees soms oorval en wat jou kan beroof van enige hoop en entoesiasme vir die lewe – byna soos die hitte van ʼn baie warm dag wat jou na liggaam en gees totaal uitput. Lees Verder>>

Die aanvegting van binne

Ek verstaan my eie optrede nie (Romeine 7:15).

Een van die belangrikste perspektiewe van Jaap Durand se nuwe boek Verwondering: Geloofsrus in ʼn tyd van twyfel is dat twyfel ʼn belangrike deel van die geloof is.

Baie gelowiges op die pad van geloof kan die gevoel van broosheid, onsekerheid en aanvegting nouliks ontduik.

Hiervoor, voer Durand aan, is daar verskillende redes. Onverwagte rampe en ervarings van sinlose lyding kan ons oornag in diepe vertwyfeling dompel. Maar daar is ook die aanvegting van binne wanneer die gelowige aan allerlei versoekings blootgestel word. En herhaaldelik in ongesonde leefpatrone en gewoontes vasval. Lees Verder>>

Geloof op die maat van musiek

Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en van jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys” (Genesis 12:1).

In my jonger jare is geloof sterk met sekerheid geassosieer.

Wie glo, só is ons geleer, moes séker wees van hulle heil. Hulle moes bo alle twyfel wéét hulle is gered en sal daarom eendag ʼn ewige lewe erf.

In sy jongste en laaste boek Verwondering: Geloofsrus in ʼn tyd van twyfel voer Jaap Durand aan dat geloof veel meer dinamies en veelvlakkig is. Geloof, so hoor ons in sy boek, het verskeie gestaltes. Dit omvat meer as nét die ervaring van vaste en onaantasbare sekerheid. Lees Verder>>

Om verstandelik wakker te wees

Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade (1 Petrus 1:13).

Behalwe vir goeie medikasie, kan die regte woord op die regte tyd ook oormatige angs help verlig. Veral wanneer ons moeite doen om ons gedagtes in stilte met só ʼn woord te vul en voortdurend daarin te gaan rus.

Een so ʼn woord is Petrus se vermaning om verstandelik wakker en nugter te wees (1 Petrus 1:13).

Die Engelse vertaling van hierdie teks is nog meer sprekend en van hulp. Dit lui: “Therefore gird up the loins of your mind, be sober, and hope to the end for the grace that is brought unto you at the revelation of Jesus Christ.” Lees Verder>>

1 2 3 4 8