As die angs te veel raak

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My” (Johannes 14:1).

Dié wat daartoe geneig is, kén dit: hoe ons angstigheid dikwels deur negatiewe en bekommerde gedagtes aangewakker word.

Soos ʼn goeie vriend onlangs opmerk: “Die oomblik as ek dink aan my onseker werksituasie, aan my kind wat sukkel of aan uitstaande belasting of skuld, begin dit: die vinniger hartklop, die koue sweet, die ondraaglike benoudheid. En erger nog, die slapelose nagte vol nare drome wat my die volgende dag nog moeër en angstiger laat voel.” Lees Verder>>

In die holte van God se hand

Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. My tye is in u hand (Psalm 31:15-16).

In die boek Shadow van die bekende skrywer Carel van der Merwe kom die hoofkarakter, Paul du Toit, in ʼn stadium tot hiérdie gevolgtrekking oor sy lewe.

“Ten diepste bly die lewe onvoorspelbaar en onbeheerbaar. Ons is niks meer nie as dryfhout wat rondgespoel word deur ʼn doellose en kwaadwillige krag wat nooit tot rus kom nie.”

Al is hierdie fatalistiese gevoel oor die lewe die ervaring van baie mense – en dit sluit gelowiges in – praat die Bybel tog anders hieroor. Male sonder tal sê die Bybel dat die lewe, ondanks vele tragiese en onverklaarbare dinge, van goeie magte omring bly. Lees Verder>>

God is nie doof nie

Laat wat jy doen aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk (Spreuke 16:3).

Sy is ʼn toegewyde gelowige wat hardnekkig glo in die krag en waarde van gebed.

Dit blyk duidelik toe ek eenmaal tydens ʼn ontmoeting my twyfel en onsekerheid oor die werkbaarheid van ʼn gesamentlike projek laat blyk. Hierop het sy destyds met ʼn oogknip en ʼn glimlag geantwoord: Lees Verder>>

Onbenut begrawe

“Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe” (Matteus 25:25).

Onlangs raak iemand ʼn vreemde stelling kwyt – een wat ek nog nooit vantevore gehoor nie.

Hy sê: “The richest plot in the world is the cemetery.” In Afrikaans: “Die rykste grond in die wêreld is die begraafplaas.” Lees Verder>>

Die globalisering van onverskilligheid

Die koninkryk van God is tog nie ʼn saak van kos en drank nie, maar van geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees (Romeine 14:17).

ʼn Ander groot uitdaging vir die nuwe jaar is natuurlik om ons goeie aarde met al sy ekologiese rykdomme en skatte met groter sorg en toewyding te help bewaar.

Kenners wys tereg daarop dat, bloot wat ons klimaat betref, 2017 skynbaar die warmste tydperk in ons planeet se geskiedenis was. En dit is nie fopnuus om mense te ontstel nie. Lees Verder>>

Om met minder woede te leef

Verder, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, wat reg is, wat rein is, wat lieflik is, wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig (Filippense 4:8, Direkte Vertaling).

Elke nuwe jaar het sy unieke uitdagings, soos ons almal goed weet.

Wat 2018 betref, het ek reeds vir my ʼn paar belangrike voornemens neergeskryf. Die een is om in hierdie nuwe jaar met minder woede en meer geduld te leef.

Onlangs loop ek ʼn jong joernalis-vriend raak wat hieroor – die woede en ontsteltenis waarmee baie van ons leef – ʼn interessante studie gedoen het. Lees Verder>>

Gebed van die hart

Ek het my gemoed tot kalmte en bedaring gebring. Soos ʼn kindjie by sy ma, soos ʼn kindjie is my gemoed in my. Israel vestig jou hoop op die Here, van nou af en vir altyd (Psalm 131:2-3).

Baie mense, veral toegewyde Christene, besef die belang en waarde van gebed aan die begin van hulle dag.

Tog weet ons nie altyd wát of hóé om te bid nie.

Ek self het die afgelope paar jaar die waarde van centering prayer ontdek. Willem Nicol noem dit “die gebed van die hart”. Lees Verder>>

Met ʼn lied in die hart

Met harp en lier wil ek die dagbreek wakker maak. Ek wil U loof onder die volke, Here, ek wil U besing onder die nasies; want groot, ja, hoër as die hemel is u troue liefde (Psalm 108:3-5, Direkte Vertaling).

Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek hoe belangrik die begin van elke nuwe dag is.

Oftewel, hoe belangrik dit is hoe óns elke nuwe dag begin of aanpak. Soos die spreekwoord lui: “Goed begonne is half gewonne.” Boonop bepaal die manier waarop ons ons dag begin ook die atmosfeer of stemming van daardie dag. Lees Verder>>

Om nuut te begin

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ʼn pad (Jesaja 43:19).

In sy boek oor seëninge met die titel Benedictus skryf John O’Donohue, die Ierse digter, aangrypend oor die avontuur wat hy “ʼn nuwe begin” noem.

Sy woorde bemoedig almal wat in 2018 met huiwering voor ʼn nuwe begin of uitdaging staan. Lees Verder>>

Insig

Hy het my ʼn nuwe lied in die mond gelê, ʼn loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou! (Psalm 40:4).

Epifanie is die tyd waarin ons verskyning en lig vier. God het immers tussen ons kom woon. Hy het aan ons verskyn. Nie in ʼn droom nie, maar in die vlees. Ons weet nou hoe God is, want Jesus is God.

Lig het baie betekenisse. Ons sê iemand wat skielik iets verstaan, het “die lig gesien”. In strokiesprentboeke verskyn ʼn gloeilampie bokant ʼn karakter se kop wanneer hy of sy ʼn blink idee kry. Ons sê iemand met “insig” kan diep kyk. Lees Verder>>

1 2 3 4 5 8