Júís my vrou, júís!

Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesigte toe (Matteus 23:13).

‘n Bekende teologiese professor verwelkom ‘n jonger kollega wat pas aangestel is met ‘n waarskuwing teen die venyn wat soms tussen kollegas kan ontstaan.

Sy vrou wat bystaan merk verbaas op: “Maar julle is dan teoloë!” Waarop haar man veelseggend antwoord: “Júís my vrou, júís!”

Die luimige en ietwat onskuldige storie bevat ‘n belangrike waarheid. Lees verder >>

Draai na wat belangrik is

Probeer liewer wysheid bekom as goud, liewer insig as silwer (Spreuke 16:16).

Oor wyse keuses wat ons lewe mensliker en gelukkiger kan maak, het die Katolieke skrywer, Henri Nouwen, belangrike raad gegee.

In sy boek “Journey to Daybreak”, skryf hy op ‘n plek: “Put aside what is urgent and tend to what is important.”

Nouwen het dit in sy skrywe gewis oor die moderne mens se lewe. Dit is ‘n lewe waarin geld die groot dryfveer en bestemming geword het. En die horlosie die daaglikse wysvinger wat die pas, ritme, en selfs aard, van lewe bepaal. Lees verder >>

So word dit naakte ambisie

 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde (Galasiërs 5:13).

Om ons diepste passie uit te leef, dit wil sê, die één ding te doen wat ons diepste hartklop of ons mees outentieke stem verteenwoordig, is weliswaar nie sonder slaggate of probleme nie.

Ons soeke dáárna, en veral ons úítleef daarvan, kan maklik in selfsug of ydelheid omslaan. Ja, ons nuutgevonde vryheid kan, sonder dat ons dit altyd goed besef, ander irriteer en afstoot, selfs bedreig, uitsluit of benadeel. Lees verder >>

Vind jou sterkste stem

‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie, maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis (Matteus 5:14-15).

In die rolprent, Dead Poet Society, is daar ‘n toneel waarin die kleurryke leermeester, John Keating, die leerlinge aanmoedig om hulle eie stem te vind.

Wat beteken dat hulle iewers in die loop van hulle lewe hulle diepste passie – daardie vonk van kreatiwiteit wat ‘n mens opgewonde en selfs uniek laat voel – sal ontdek en vrymoedig uitleef. Lees verder >>

Vrymoedig oor God se genadewerk

Omdat ons hoop hierop gevestig is, tree ons op met groot vrymoedigheid (2 Korinthiërs 3:12).

Nog iemand wat die kuns verstaan het om haar lewe te balanseer tussen oormoed en nederigheid, of soos sy dit self gestel het, “aanmatigende sekerheid en wanhoop”, was die bekende Amerikaanse skryfster, Flannery O’Connor (1925-1964).

In ‘n mooi meditasie oor haar lewe, wys die teoloog, Daniël Clendenin, hoe ‘n groot deel van haar lewe uit twyfel en wanhoop bestaan het. Lees verder >>

Die voorbeeld van Paulus

Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees (2 Korinthiërs 12:9).

Die meerderheid gelowiges waarvan die Bybel vertel, het geweet wat dit beteken om in hulle getuienis ‘n goeie balans tussen sekerheid en skroom, oormoed en nederigheid te handhaaf.

Die apostel Paulus is een van die meer pertinente voorbeelde hiervan. Lees verder>>

Tussen oormoed en nederigheid

Maar deur die genade van God is ek wat ek is (1 Korinthiërs 15:10).

Jare gelede het Ferdinand Deist ‘n boek oor gebed geskryf met die mooi titel: “Tussen angs en sekerheid”.

Daarmee wou hy onder andere die pole aangedui waartussen die Christelike lewe afspeel.

‘n Mens sou Deist se duiding van die Christelike lewe ook kon beskryf as die soeke na ‘n balans tussen vrymoedigheid en skroom, oormoed en nederigheid. Lees verder >>

Ons het niks geleer nie

So sê die Here my God: “Omdat jy My vergeet het en jou rug vir My gedraai het,
sal jy die straf vir jou aanstootlike gedrag en jou onsedelikheid dra” (Esegiël 23:35).

Dwaasheid is nie net ‘n individuele kwaal nie – dit is ook ‘n kollektiewe sonde.

Dit bestaan daarin dat ‘n hele samelewing of geslag op ‘n stadium só blind en eenogig kan raak dat hulle die verlede vergeet of ignoreer.

En só die foute en misstappe en die dwaashede van gister herhaal, nie werklik erns daarmee maak om uit die geskiedenis te leer en beter te doen as ‘n vorige geslag nie. Lees verder >>

Dit sit in ons bloed

Wie kort van draad is, begaan dwaashede (Spreuke 14:17).

Die dwaasheid waaroor die Bybel dit het – daardie stiksienige en sieklike beheptheid met die self en die onvermoë om jou eie foute te erken – is maklik om by ander raak te sien.

Trouens, ons samelewing is ‘n groeiende en onstellende gevallestudie van dwaasheid – van dwase besluite, dwase keuses, dwase optredes, selfs dwase uitsprake en taal.

Oral lees en hoor ons daarvan. Lees verder >>

‘n Tragiese dwaasheid

In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad. ‘n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; ‘n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie (Spreuke 12:15-16).

Dié week hoor ek dié aardige maar betroubare storie uit die politieke binnekringe.

Oor ‘n politikus wat beskuldig word van verskeie dade van korrupsie. Ook van verskeie ander verdink word. En tog soos ‘n neet aan sy eie posisie en opinie bly klou en traag is om enige aanklagte teen hom te erken of te laat ondersoek. Lees verder >>

1 8 9 10 11 12