Die krag van ontferming

God het toe die vroedvroue self ook voorspoedig gemaak. Omdat hulle Hom gedien het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee (Eksodus 1:20-21).

In Eksodus 1 en 2 ontmoet ons ʼn hele paar vroue wat agente van bevryding genoem kan word. Vroue wat vanweë hulle warm harte lewens gered en die weg gebaan het vir God om in te gryp en die Israeliete uit Egipte te red.

Ons lees van die vroedvroue Sifra en Pua wat besluit het om te jok omdat hulle geweier het om die Israeliete se babaseuntjies by geboorte te laat sterf. Hulle het dit gedoen selfs al het hulle hulle lewe in gevaar gestel. Ons lees van Moses se ma wat planne beraam het om haar kind te laat leef. Ons lees van Mirjam wat vinnig gedink het en van die farao se dogter wat die seuntjie in die mandjie jammer gekry en hom vir haarself gevat het sodat hy kan leef. Lees Verder>>

God se baarmoeder

Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees (Psalm 90:13-14).

Twee ma’s staan voor koning Salomo (1 Kon 3:16-28). Die een het haar kind gedurende die nag doodgelê en sy het haar dooie baba met ʼn slapende ma se lewende baba omgeruil. Die ma van die lewende kind was oortuig ʼn onreg is gepleeg en het gewag vir die koning om uitspraak te gee. Salomo het voorgestel dat die kind middeldeur gesny moes word.

Die ma van die lewende kind reageer toe só op hierdie wreedheid: “… haar hart het inmekaar gekrimp oor die lot van haar baba” (v 26). In die 1953-vertaling staan: “haar binneste was ontroerd”. Haar liefde vir haar kind was so sterk dat sy bereid was om reg en geregtigheid te laat vaar sodat hy kon leef. Lees Verder>>

God se barmhartigheid

Toe Hy uitklim, het Hy die groot skare gesien, hulle innig jammer gekry en hulle siekes gesond gemaak” (Matteus 14:14).

Barmhartigheid het ook te make met “jammer kry”. Nie jammer kry op ʼn negatiewe manier wat verkleinerend kan klink nie, maar jammerte as ʼn diep deernis.

Op meer as een plek in die Bybel lees ons Jesus het mense versorg omdat Hy hulle jammer gekry het. Een voorbeeld is Matteus 14:14: “Toe Hy uitklim, het Hy die groot skare gesien, hulle innig jammer gekry en hulle siekes gesond gemaak.” En in Lukas 6:36 lees ons: “Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” Lees Verder>>

Tafel van barmhartigheid

Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ʼn blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? (Jesaja 58:7).

Die feesmaal of tafel is nie net die plek waar ons gevoed word nie; dit is ook die plek waar barmhartigheid begin.

In die formulier vir die bevestiging van diakens staan daar dat die diakens se diens by die nagmaal begin en van daar af word God se barmhartigheid na alle terreine van die samelewing uitgedra. Die goeie nuus van die evangelie was tog nog altyd nie net Jesus as die brood wat lewe gee nie, maar ook brood self. Lees Verder>>

Ontvangers

“Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen” (Lukas 14:21).

In Lukas 14 is daar meer as een verhaal wat met ʼn maaltyd te doen het. Jesus het tydens ʼn maaltyd op ʼn sabbatdag iemand genees – tot die Fariseërs se misnoeë. Jesus het ʼn opmerking gemaak oor hoe mense die ereplekke uitsoek wanneer hulle na ʼn bruilof genooi word. Hy het ook die bekende gelykenis van die groot feesmaal vertel, waar die genooides almal verskonings uitgedink het om nie te gaan nie.

Hierdie gelykenis maak ons ongemaklik as ons dit as ʼn keuse beskou: óf ons familie, verpligtings en ontspanning óf God. Het Jesus “óf die een óf die ander” bedoel, of wou Hy ons herinner dat die lewe in Hom altyd ʼn fees is as ons kies om dit so te sien? Lees Verder>>

Fees

Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk (Jesaja 55:1).

In Jesaja 55 word die hoorders na ʼn feesmaal uitgenooi. God is die Gasheer en Hy deel verniet uit aan dié wat honger en dors is. Is dit ʼn toekomstige maal? Is dit ʼn maaltyd in die hede? Is dit regte kos en drank?

Die volk wat hierdie boodskap gehoor het, was in ballingskap en dit sou vir hulle onwerklik geklink het. Iets wat nie kan gebeur nie. Lees Verder>>

Woorde van ons mond

Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar wees, Here, my Rots en my Verlosser (Psalm 19:15).

In sy boek The way of the heart: The spirituality of the Desert Fathers and Mothers maak Henri Nouwen ons attent op die oorvloed woorde waarmee ons elke dag te doen kry.

Die Woestynvaders het stilte egter as “the safest way to God” beskou. Hoe meer woorde ons onsself mee omring, hoe minder betekenisvol word ons woorde. Ook die Bybel is bewus van die gevare van die tong (lees gerus Jakobus en Spreuke) en die krag van die regte woorde. Lees Verder>>

God se beskerming

Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd (Psalm 212:8).

Ek lees in ʼn Nederlandse vertaling die volgende oor Johannes Calvyn se kommentaar op Psalm 121: “Ten einde de geloovigen op te wekken tot een kloekmoedig vertrouwen op de hulpe Gods en hun te leeren de toevluch te nemen tot zijne bescherming.” Kloekmoedig vertrou! Dit wil sê, dapper, moedig en onverskrokke.

Psalm 121 is ʼn geliefde psalm van troos wat ons wil herinner dat God nie sluimer of slaap nie, dat Hy ons beskerm. Lees Verder>>

Roep hard

Maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” (Markus 10:48).

Ons almal was al in situasies waar iemand in die geselskap iets gesê of gedoen het wat ons laat skaam kry het. Wat ons wou laat fluister: “Bly stil! Jy kan mos sien dit is nie nou die tyd of plek nie … Sjuut!”

Ek het aan so ʼn situasie gedink toe ek Markus 10:46-52 lees. Die blinde man, Bartimeus, sit langs die pad. Hy hoor iets is aan die gebeur en iemand het hom seker van Jesus se teenwoordigheid vertel. Kliphard roep hy toe uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” (vers 47). Lees Verder>>

God se woorde

Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe (Psalm 19:8).

In Psalm 19 begin die digter met die uitroep dat die hemel en die uitspansel God se lof moet besing. Vers 4-5 is dan verrassend: “Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan ’n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.”

Al kan hulle nie praat nie, besing die hemelkoepel en die hemelliggame God se lof deur hulle blote bestaan. En hulle boodskap gaan uit oor die hele aarde en hulle woorde bereik die uithoeke van die wêreld. Lees Verder>>

1 2 3 4 5 11