Ten grondslag van egte humor

Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle (Psalm 2:4).

Die groot rede waarom ons gerus ʼn gesonde sin vir humor kan hê, is nie dat ons eie werke en ideale so voorlopig en nietig is nie.

Die grootste rede is dat die God van Christus so groot en betroubaar is – gróót in sy troue liefde, gróót in sy voortdurende omsien na ons wêreld. Én na ons klein en nietige bestaan hier op aarde.

Dit was hierdie wete wat Jesus gedring het om ons te troos dat geen haar van ons kop sal val sonder God se medewete nie (Luk 21:18). En wat vir Paulus laat uitroep het dat wat ook al elke dag op ons afpeil, dood of lewe, engele of bose magte, God se beskermende liefde te alle tye daarteen opgewasse sal wees (Rom 8:38-39). Lees Verder>>

ʼn Pittige verhaal

Stralende oë bring blydskap, goeie tyding verkwik ʼn mens (Spreuke 15:30).

Hoe humor die ouderdom se pyne en vermoeienis kan help besweer, word pragtig deur die volgende pittige verhaal geïllustreer.

ʼn Vriend van my wat ondanks ʼn relatief hoë ouderdom – hy trek al by die sewentig – steeds ongewoon bedrywig en aktief is, word op ʼn dag heel ernstig deur iemand gevra: “Wanneer beplan jy dan om eendag af te tree?”

Met ʼn vonkel in sy oog kom my vriend se antwoord: “Weet jy, ek beplan my eerste aftrede op ongeveer tagtig.” Lees Verder>>

Humor hou ons gesond

Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is ʼn tyd om gebore te word en ʼn tyd om te sterwe … ʼn tyd om te huil, ʼn tyd om te lag, ʼn tyd om te treur, ʼn tyd om van blydskap rond te dans (Prediker 3:1-2, 4).

Vir ʼn land wat deur ʼn “helse lot pyn” gekenmerk word, soos Johannes Kerkorrel destyds gesing het, bly ʼn gesonde sin vir humor onontbeerlik.

In sy jongste boek Dansend met die lewe wy Kobus Anthonissen, onder die titel “Uit jou maag”, ʼn hele afdeling aan hierdie belangrike eienskap van ons menslike bestaan. Hy haal verskeie mense aan wat die waarde van humor besef het. Lees Verder>>

Dit is nie in ons hande nie (2)

“Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou” (Lukas 1:28).

Maria is doenig soos elke middag, dag ná dag, want daar is altyd takies om te verrig. Skielik staan ʼn engel daar en noem haar “begenadig”. Daarna is niks ooit weer dieselfde nie.

Maria se roeping was baie groter as wat sy ooit kon droom.

Ons dink ons skep die atmosfeer, want ons smag na ʼn Godsontmoeting. Ons het die musiek, die ruimte, die skare, die stilte. Keer op keer. Maar dan verras God ons op ʼn ander plek, deur iemand anders, in ʼn ander boek, en niks is ooit weer dieselfde nie. Lees Verder>>

Dit is nie in ons hande nie (1)

Jakob het wakker geskrik en gesê: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie … Hoe skrikwekkend is hierdie plek! Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die hemel” (Genesis 28:16-17).

Die Here verras ons te midde van die alledaagse – daar waar ons dit die minste verwag. Abraham sit elke middag op die warmste tyd van die dag in die opening van sy tent. Middag na middag. Dan daag drie mans op en vertel hom terloops dat hy pa gaan word. Sara hou haar maag vas soos sy lag, want wie sê nou sulke dinge op ʼn gewone middag? Lees Verder>>

Ons leer nog hoe

Toe antwoord Jesus hulle: “Dié wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars” (Lukas 5:31).

In die vierde eeu in Noord-Afrika was daar ʼn baie sterk debat oor wie in die kerk hoort. Die Donatiste het kortom gesê die kerk is sonder vlek of rimpel en daar is net plek vir heiliges, nie vir sondaars nie. Bokant die deur van so ʼn kerk het geskryf gestaan: “This is the door of the Lord; the righteous shall enter.” Lees Verder>>

Saam-saam

“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly” (Johannes 15:9).

Hoe sal ons God as vriend beskryf? Sallie McFague beskryf die “handeling” van God met die woord sustaining. Ons kan dit in Afrikaans vertaal met “dra, steun, bystaan, help en krag gee”. Ons is dus nie alleen nie.

Filia is die Griekse woorde vir broeder- of susterliefde, oftewel vriendskapsliefde. Vriende is aangetrokke tot die ander net soos hulle is. Dit gee hulle vreugde om in mekaar se teenwoordigheid te wees. Vriende is dikwels saam besig met gemeenskaplike belangstellings. ’n Mens doen immers dinge saam met jou vriende. Julle deel dieselfde droom of passie; dit wat julle opgewonde en hartseer maak. Vriendskap met God beteken ook ’n gedeelde belang, naamlik die well-being van die wêreld. Ons word uitgenooi om met die Vriend van die wêreld vriende te word. Lees Verder>>

Vriendskap

Jesus het gehuil (Johannes 11:35).

In Johannes 11 kry ons die intens emosionele gebeurtenis van ʼn familielid en vriend wat sterf. Lasarus en sy twee susters, Marta en Maria, was Jesus se goeie vriende. Toe Lasarus siek word, stuur die susters vir Jesus ʼn boodskap: “Here, hy vir wie U lief is, is siek” (11:3). Jesus kom egter te laat en albei susters verwyt Hom omdat hulle glo hulle broer sou nog geleef het as Jesus vroeër gekom het.

Die susters en omstanders se emosies maak dat Jesus ook begin huil en as’t ware ontsteld teenoor die dood voor die graf staan. Volgens die New Revised Standard Version was Jesus “greatly disturbed in spirit and deeply moved” (11:33). Die dood het sy vriend gevat. Lees Verder>>

Tyd vir die geringstes

Hy gee mildelik vir die armes (Psalm 112:9).

Hoe ons oor tyd dink het te make met hoeveel waarde ons aan mense heg.

Jean Vanier herinner ons dat God waarde gee aan dié wat ons as weerloos en swak beskou. Jesus het nie deur Palestina gejaag nie. Hy het gaan staan en geleer, aangeraak en verkondig. Niemand was vir Hom te onbelangrik nie.

Luister net na die taal wat ons ten opsigte van tyd gebruik: mors tyd, gebruik tyd, verloor tyd, maak tyd, beat the clock, turn the clock back. Lees Verder>>

Tyd is genade

Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde (Psalm 46:11).

In Hebreeus beteken die woord sabbat letterlik “stop”. Miskien stop en raaksien; stop en bewus word dat dit nie ons inspanning is wat die finale sê het nie.

Met die oog op hoe ons oor God en tyd dink, skryf Graham Ward: “Time is the unfolding of God’s grace, of God’s gift of God’s self in and through creation and our being created … To ask about time as a Christian theologian is to accept that not time (nor any perspective) is arbitrary, that all time is time of and for redemption, all time is grace.”

Alle tyd is verlossingstyd, alle tyd is saligmakend. Lees Verder>>

1 2 3 4 5 10