Alle mag

“Aan My is aIle mag gegee in die hemel en op die aarde” (Matt 28:18).

Daar is ’n pragtige gospelliedjie met hierdie woorde: “He’s got the whole world in his hands; He’s got the whole wide world in his hands; He’s got you and me, brother, in his hands; He’s got you and me, sister, in his hands; He’s got the whole world in his hands.” Lees Verder>>

Onstuitbare belydenis

“As hulle stilbly, sal die klippe uitroep” (Luk 19:40).

Daar word vertel van ’n tienermeisie wat tydens die hoogtepunt van die kommunistiese bewind in Rusland ter dood veroordeel is weens haar sterk geloofsoortuigings. Sy sou, soos dit skynbaar destyds in die Russiese tronke die gebruik was, om middernag voor ’n vuurpeloton sterf. Toe die wagte haar kom haal, het die ander gevangenes bitterlik gehuil. Dit was egter nie nodig om haar na die plek van teregstelling te dwing nie. Fier en regop het sy tussen die twee wagte gestap. Terwyl haar voetstappe wegsterf, kon die ander gevangenes hoor hoe sy die Apostoliese Geloofsbelydenis opsê. Nog nooit het hulle, wat ook Christene was, dit só gehoor nie. Al vaer maar, weens die doodse stilte in daardie blok van die tronk, tog hoorbaar tot in die uithoeke van elke sel. Tot die geknal van die vuurpeloton haar stem stilgemaak het … Lees Verder>>

Bose konsentrasie

Hy (God) het elke mag en gesag ontwapen (Kol 2:15).

Tydens ʼn konferensie het iemand aan Karl Barth, die wêreldberoemde Switserse teoloog, gevra wat hy van die duiwel dink. Hy het ʼn paar oomblikke nagedink en geantwoord: “Ons hoef die duiwel nie te vrees nie.” Die omstanders was verbaas, totdat hy bygevoeg het: “Christus het hom mos oorwin. Hy is die Heer, die enigste Heer, ons Heer.”

ʼn Mens moet die duiwel nie onderskat nie. Maar jy moet hom beslis ook nie oorskat nie. Want die gevaar is dat Christene so op die duiwel kan konsentreer dat Christus heeltemal uit hulle gesigsveld verdwyn. Die beste is om die duiwel een indringende kyk te gee, en hom dan te ignoreer. Lees Verder>>

Binne die sirkel

“Maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees” (Matt 23:26).

Die Heerskappy van Christus strek oor alles. Oor almal. Ook oor die verste uithoeke van my eie hart. As ek ander wil oproep om te buig voor hierdie Heerskappy, moet dit tog ook in my eie lewe waar wees. Anders huigel ek, soos ʼn witgeverfde graf, wat “van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is” (Matt 23:27). Lees Verder>>

Kompartementsgodsdiens

Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge (Rom 11:36).

Christus is Here oor die wêreld, ja, oor die ganse heelal. Die Hollandse teoloog Abraham Kuyper is bekend vir sy treffende uitspraak: “Elke duimbreedte van ons bestaan behoort aan die Here!”

Jesus se Heerskappy omvat die lewe in al sy fasette: die politiek, ekonomie, wetenskap, natuur, kuns, ons verhoudingslewe met ʼn lewensmaat, ʼn kind, ʼn vriend, ʼn werkgewer en werknemers, mense van ʼn ander ras, taal en kultuur. Lees Verder>>

Die vierde vinger

Die Here is my herder (Ps 23:1).

Wanneer ons Sondae bely: “Ek glo in … Jesus Christus … ons Here,” vind ek altyd ongelooflike troos in die eenvoudige woordjie “ons”. Om te dink dat ons God se eniggebore Seun “ons Here” mag noem! Die “ons” verwys in die eerste plek na die gemeenskap van gelowiges, die kerk. ʼn Mens is mos nooit ʼn Christen in jou eie klein hoekie nie. Tog is die “ons” ook individue wat sê: Ek glo … Jesus is my Here.

Dit herinner aan die bekende verhaal van die dogtertjie wat bedags die skape op haar pa se plaas moes dophou terwyl hulle rustig in die kraal gewei het. Haar gesin was godsdienstig en een aand by huisgodsdiens het hulle Psalm 23 gelees. Toe leer haar pa haar sê: “Die Here is my herder …” Om haar dit te help onthou, het hy elk van die vyf woorde op die vyf vingertjies van haar een hand afgetel: Die-Here-is-my-herder. Lees Verder>>

Bruid van behoud

Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus (1 Tim 2:5).

Waarom het Jesus mens geword? Was dit omdat God mense nie aan hulleself wou oorlaat nie, en omdat Hy die aarde wou heilig? Dis wat die teoloog Van Ruler dink. Of het Jesus mens geword om ons begrip te wen en binne ons menslike raamwerk met ons te praat en te handel? Albei moontlikhede bevat iets van die waarheid. Maar as ons 1 Timoteus 2:5 lees, weet ons ook dat God veral ʼn Middelaar tussen ons en Hom wou stel. “Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Tim 2:5). Blaise Pascal, die beroemde geleerde, het gesê: “Ons ken God alleen deur Jesus Christus. Sonder hierdie Middelaar verdwyn alle gemeenskap met God …” Lees Verder>>

Aangenome erfgename

Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus (Rom 8:17).

Gewone mense sukkel altyd om die wonder van Jesus, wat God is, se menswees onder woorde te bring. Ten beste kan ʼn mens daaroor sing. As jy praat, stotter en stamel jy. Die kerkvaders het ook probeer om die wonder te verwoord en toe by twee begrippe uitgekom: adoptio (aanneming) en assumptio (toevoeging). Daarmee wou hulle min of meer die volgende sê: Jesus is nie omdat Hy so ʼn buitengewone mens was deur die Vader as sy Seun “aangeneem” nie. Nee, Jesus was altyd, van ewigheid tot ewigheid, God se Seun. Sy eniggebore Seun. Een van die Persone in die Drie-eenheid. Lees Verder>>

Beslissende geloof

Hy is die ware God en die ewige lewe (1 Joh 5:20).

Wanneer ons sê Jesus is God se “eniggebore” Seun, bely ons daarmee dat Hy uniek is. God self. Niemand kan soos Hy wees nie. So uniek was Jesus dat ʼn mens van Hom net een van vier sienings kan hê. Eerstens kan jy glo dat Hy ʼn leuenaar was, wat daar op aanspraak gemaak het om God se Seun te wees en sy boodskap te bring met die doel om mense te mislei. Hieroor moet ons egter sê: Dit sou ʼn groter wonderwerk gewees het om ʼn lewe soos dié van Christus te versin as om dit te wees.

Tweedens sou jy kon aanvoer dat Jesus ʼn waansinnige was, wat op ʼn siek manier mense beïnvloed het. Dit is egter ook nie sommerso af te lei nie. ʼn Mens moet maar net die lewensverhaal van Jesus in die Evangelies lees om te besef dat Hy allesbehalwe kranksinnig was. Hy was by uitstek ʼn gesonde en gebalanseerde Persoon. Lees Verder>>

Heilige sondaars

Hy was … in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie (Heb 4:15).

Moeder Teresa van Kolkata, wat haar lewe aan die versorging van die aarde se armstes en sterwendes gewy het, is seker die bekendste voorbeeld van ʼn moderne “heilige”. Maar daar is ook baie ander mense wat hulle skynbaar geheel en al aan God en aan diens aan hulle medemens toewy. Dink byvoorbeeld aan die magtige kerkhervormer Martin Luther. En tog moes hierdie selfde Luther op ʼn keer van homself sê: “Ek was ʼn vroom monnik en het die reëls so stiptelik nagekom dat ek kan sê: As daar ooit ʼn monnik deur sy leefwyse in die hemel sou kon kom, sou dit ek moes wees. Want, as die leefwyse nog langer moes duur, sou ek my doodgemartel het met waak, bid, lees en werk. Tog het ek by elke klein aanvegting van dood of sonde geval – en in die doop of die werke van ʼn monnik het ek niks gevind wat my kon oprig nie. Christus en sy doop het ek deur my swakheid lank reeds verloor. So was ek dus die ellendigste monnik op aarde. Dag en nag was daar weeklag en wanhoop en niemand kon help nie.” Lees Verder>>

1 2 3 11