Ontferm U oor my

Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, begin hy uitroep: “Seun van Dawid, Jesus, ontferm U oor my!” (Markus 10:48).

Toe die blinde Bartimeus Jesus as die langverwagte Messias, die Seun van God, herken, begin hy herhaaldelik uitroep: “Seun van Dawid, Jesus, ontferm U oor my!”

Hierdie uitroep bring ons in dié verhaal by ʼn tweede kenmerk van egte geloof. Lees Verder>>

Ware geloof begin hier

Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, begin hy uitroep: “Seun van Dawid, Jesus, ontferm U oor my!” (Markus 10:47).

Wie Markus 10:46-52 aandagtig lees, kom gou agter dat – behalwe vir die fokus op Jesus se genesingsdaad – dit by uitstek ʼn verhaal oor ware geloof is.

Trouens, in hierdie verhaal kom verskillende kante of aspekte van egte geloof na vore – aspekte wat uiteindelik almal meespeel om Jesus tot sy uitsonderlike daad te beweeg.

Die eerste is dat ware geloof altyd begin met die vertroue en belydenis dat Jesus die Seun van God is, ja, dat God in en deur Hom op ʼn wonderlike manier onder mense werksaam was en steeds is. Van al die mense wat Jesus in Markus 10 omring het, was dit ironies en merkwaardig genoeg die blinde Bartimeus wat dít die beste raakgesien en geweet het. Lees Verder>>

Kan ons hiervoor bid?

Jesus sê vir hom: “Gaan! Jou geloof het jou gered.” En dadelik kon hy sien en het Jesus op sy pad gevolg (Markus 10:52).

Die verhaal van Jesus wat die blinde Bartimeus genees het (Markus 10:46-52), stel vandag allerlei vrae en uitdagings aan ons geloof.

Vrae soos: Geld die styl en aard van Jesus se optrede vandag nog? Lees Verder>>

God sorg vir ons

Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd. U gee en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg (Psalm 104:27-28).

Dat God, volgens die digter van Psalm 104, sy woonplek in die natuur maak, is ʼn geweldig troosryke gedagte.

Dit beteken onder meer, soos baie gelowiges dit vandag ook ervaar, dat ʼn uitstappie in die natuur ʼn erediens kan word, ʼn manier om God se werke te bewonder en te prys. Lees Verder>>

God woon by ons

Dit is U wat die hemelkoepel soos ʼn tentdoek gespan en vir U ʼn woonplek ingerig het oor die water daarbo (Psalm 104:2-3).

In Psalm 104 hoor ons nie net van God se skeppingswerk waarmee God in sy wysheid die aarde met baie dinge gevul het nie (Psalm 104:24).

Ons hoor ook dat God se skepping sy woonplek is. Jubelend en in ryk, metaforiese taal kondig die digter dit aan: hoe God die hemelkoepel soos ʼn tentdoek gespan en vir Hom ʼn woonplek oor die waters daarbo ingerig het. En dan boonop op die wolke ry, op die vleuels van die wind – die winde en weerlig wat sy boodskappers en dienaars is (104:2-4).  Lees Verder>>

In wysheid geskep

Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot … U wat die aarde stewig gevestig het sodat dit nooit sal wankel nie … die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog U het alles in wysheid geskep (Psalm 104:1, 5, 24).

Psalm 104 is een van die heel mooiste lofpsalms in die Bybel.

Ons hoor hier allereers hoe die grote God deur sy sterke hand alles soos ʼn grootse kunswerk tot stand gebring het – die aarde, die hemelgewelf, die groot waters, die winde, die wolke, die berge en uiteindelik alles wat leef. Lees Verder>>

God se fluistering

Na die aardbewing was daar ʼn vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ʼn fluistering in die windstilte (1 Konings 19:12).

Die digter Cas Vos skryf iewers, en hy haal in dié verband die sosioloog Max Weber aan, dat die bestaan van die mens tans deur “onttowering” gekenmerk word.

Met hierdie term bedoel hy dat waar die wêreld vroeër as die arena vir goddelike aktiwiteit en ingrype gesien is, hierdie bewussyn in ons moderne wêreld vervaag het. Dit was veral die ontnugtering van twee wêreldoorloë wat hiertoe bygedra het. Die wêreld het sy betowering verloor. Lees Verder>>

Leun na vore en luister

Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by ʼn sondige man tuis!” Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is ʼn kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (Lukas 19:7, 9-10).

Iemand merk onlangs op dat hy sekere mense glad nie kan verduur nie. Soos hy dit gestel het: “They are not my cup of tea.”

Hy vertolk natuurlik ʼn gevoel wat ons almal ken. Dit is dat daar mense is met wie jy moeilik assosieer of oor die weg kom. Mense van wie jy liewer afstand wil behou. Of soos Tevye, die groot en uitgesproke karakter in Fiddler on the roof, dit grappig uitgedruk het: “May the good Lord bless and keep him far, far away from me.” Lees Verder>>

ʼn Ruimte vir voeding

Ons moet nie van die samekoms van die gemeente wegbly soos sommige se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan (Hebreërs 10:25).

Oefen jou liewer om in toewyding aan God te leef … Dit is ʼn betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word (1 Timoteus 4:7, 9).

Ek ken ʼn slim vrou wat haar kleinkinders op allerlei vindingryke maniere help grootmaak.

In die proses leer sy hulle onder meer die waarde van kerk toe gaan. Lees Verder>>

Help die ander slaag

Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus (Galasiërs 6:2).

ʼn Vrou wat nooit geskei is nie, maar in ʼn stadium groot spanning in haar huwelik ervaar het, vertel aangrypend hoe raad uit ʼn onverwagte oord haar in dié tyd gehelp het.

Hierdie raad, wat ʼn vriend byna terloops aan haar gegee het, is vandag nog belangrik, oral waar verhoudings sukkel of verkeerd loop. Lees Verder>>

1 2 3 9