ʼn Onontginde landskap

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ʼn regte lewenswyse te kweek (2 Timoteus 3:16).

ʼn Vriend wat weet, maak die ander dag met groot stelligheid en opgewondenheid die opmerking dat ons vasteland se minerale rykdomme oneindig is.

Boonop is baie daarvan nog glad nie gekarteer of ontgin nie. Lees Verder>>

Net twee reëls

“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee” (Eksodus 20:12).

Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe (Efesiërs 6:14).

ʼn Spesiale vriendin vertel onlangs tydens ʼn gesprek oor die opvoeding van haar kinders dat sy altyd net twee reëls gevolg en aan hulle voorgehou het.

Die eerste was dat hulle hulle ma te alle tye moes respekteer. Dit was haar oortuiging dat wie geleer het om hulle ma as die eerste vrou in hulle lewe te respekteer, dit makliker sou vind om daarna alle ander mense met respek en eerbied te behandel. Lees Verder>>

Dan maak God sy oë toe

As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek (Jesaja 1:15).

In Johannes 9 hoor ons die amper skokkende nuus dat God nie noodwendig luister na almal wat na God roep nie.

Tog, so lees ons in vers 31: “As iemand vir God ontsag het en doen wat God wil hê, dan luister God na so ʼn persoon.” Lees Verder>>

Vrede as konfronteer

“Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders’” (Matteus 5:9).

Die tweede Sondag van Advent is die Sondag van vrede.

Sagaria se loflied in Lukas 1:67-79 beskryf God se ingrype in die geboorte van Johannes. Johannes, die profeet wat Jesus se pad gelyk moes maak, dié Jesus wat gebore is om “lig te bring aan dié wat in die duisternis en die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede”. Lees Verder>>

Die diensmeisie van Emmaus

Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle (Lukas 24:29-30).

Velázquez (1599-1660), ʼn Spaanse digter, het in sy leeftyd ʼn aangrypende skildery van Jesus se besoek by die Emmausgangers gemaak.

Denise Levertov, ʼn digteres, sou later ook ʼn roerende gedig hieroor skryf.

Die skildery beeld ʼn diensmeisie van Moorse afkoms uit wat, terwyl die mans in die voorkamer vergader, ʼn maaltyd met iets te drinke vir hulle voorberei. Lees Verder>>

Ons kan kies

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word” (Matteus 9:9).

Ongeduld en aggressie kenmerk ons moderne samelewing.

Aggressie word trouens deur Amos Oz, die Joodse skrywer, as die groot euwel van ons dag beskryf.

Nie alleen is dit, volgens hom, die moeder van alle spanning en konflik tussen mense en volke nie. Dit begin boonop in die hart van die individu. Dáár word dit gebore en gekoester. Lees Verder>>

‘n Sin vir die tragiese

Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar uit enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is (Handelinge 10:34-35).

Dié week se teks uit Handelinge10:1-11:18 roep ons op om, soos Petrus, met ‘n oop gemoed, vriendelike oog en ‘n milde hand teenoor alle mense te gaan lewe.

En dít omdat ons, soos Petrus, ontdek het dat die God van die Bybel, die God van Christus wat ons aanbid en volg, alle mense – ook rou heidene en afvalliges – kan aanvaar, vergewe en by sy kudde insluit. Lees Verder>>

Vanaand nog maak ek vrede

Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou (2 Korinthiërs 5:19).

Onlangs praat ek met ‘n man wat reeds twee jaar van sy tweelingbroer vervreem is – nie eers langer met hom praat nie.

Dit is hartseer, want hulle was kleintyd na-aan mekaar – nie alleen fisies en geografies nie, maar ook geestelik. So kon die een, sonder om te veel uit te vra, sommer aanvoel wat die ander pla, of wat sy behoeftes was.

Maar toe skei hulle weë. Die een word ‘n predikant, die ander ‘n beroemde atleet wat in die buiteland gaan woon. In dié tyd keer die atleet dikwels terug en loer kortliks by sy broer in waar hy in ‘n arm gemeenskap werk. Lees verder >>