Getuig

… ek kan nie anders nie as om vandag te getuig oor hoe u daaglikse boodskappe so van toepassing is op my lewe, so besonders van toepassing dat ek soms, (‘n baie groot man) nie die trane kan keer nie. Soms is daar nie tyd om die dagstuk te lees nie, en dan gaan dit maar ongelees, maar ek probeer altyd tyd maak daarvoor, en soos vanoggend weer, praat Hy direk met my.

Weet derhalwe vanoggend met sekerheid dat ten minste ek in my geloofspad werklik versterk word daardeur.

O.