Oor Arthur en Will

Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God (Psalm 31:15).

Hoe verfrissend om ouer mense te ontmoet wat jonk van gees en verstand gebly het.

Soos die 93-jarige vrou wat nie net eindelose verhale uit die verlede kan opdiep en in groot detail oorvertel nie, maar dit boonop met groot kleur en humor kan doen.

Tina, soos almal haar ken, is vandag vanweë haar sterk persoonlikheid en merkwaardige geheue, die middelpunt en gees van die plek waar sy woon. Haar medebewoners en vriendinne bewonder haar en volg enige dag haar goeie raad, die ouderdom ten spyt. Lees verder >>

Om saam met ander te huil

Jesus het gehuil (Johannes 11:35).

Dikwels wanneer mense in groot smart verkeer, weet jy nie altyd wat om te sê of te doen nie.

Dan is dit nodig om te weet dat jou blote teenwoordigheid, hoe lomp en onvaardig ook al, meesal genoeg is. Dit is dikwels die eerlikste en mees egte manier van simpatiseer – net om daar te wees.

Die afgelope week hoor ek ‘n eenvoudige en kinderlike storie wat dié waarheid mooi illustreer. Lees verder >>

By die dood van ‘n vriend

Ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe (2 Korinthiërs 5:4).

Vanoggend ontvang ek die nuus wat een of ander tyd almal se lewe soos ‘n lang verwagte besoeker sal binnekom.

Dit is dat my goeie vriend Hans in die na-nag gesterf het.

Hans was nog relatief jonk, in die fleur van sy lewe toe die gevreesde siekte hom gepak het. Vir almal wat naby hom geleef het, was dit ’n skok. Ook pynlik om te sien hoe hy mettertyd geleidelik weggekwyn het. Want hy was ‘n groot man met ‘n groot hart en ‘n groot glimlag wat die lewe van almal rondom hom geraak en verruim het. Lees verder >>

‘n Treffende meditasie

Dit is ook heeltemal reg dat ek so aan julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê (Filippense 1:7).

Nog ‘n tree op die pad na groter deernis, aldus die skrywer Karen Armstrong, is om die gelykheid van alle mense te aanvaar en te waardeer.

Dit beteken onder andere om met vrymoedigheid uit te reik na die vreemdeling, die uitlander en selfs hulle wat, ten minste in jou gedagtewêreld, ‘n soort vyand is.

Deur dít te doen, verbreed ons ons horisonne, leer ons ander mense, nuwe kulture asook vreemde tradisies beter ken. En dra ons by tot groter vrede en harmonie in ‘n wêreld wat dikwels gekenmerk word deur diep vooroordele en klowe, stryd en selfs openlike oorlog en aggressie. Lees verder >>

Onthou dit, ék sê dit vir jou!

 Ek sal hulle droefheid in vreugde verander, Ek sal vir hulle ‘n uitkoms gee: Ek sal hulle bly maak, hulle sal geen kommer meer hê nie (Jeremia 31:13).

Karen Armstrong noem die klein menslike optredes of woorde waardeur ‘n mens warmte en deernis in ander se lewe kan indra gevulde oomblikke, in haar woorde “spots of time”.

Sy kry die woorde by die digter, William Wordsworth, wat op ‘n stadium geskryf het: Lees verder >>

Een opmerking is genoeg

Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (Spreuke 15:23).

Om met deernis te leef en só ‘n verskil aan ander se lewe, ja, uiteindelik aan ‘n hele samelewing te maak, vra dikwels nie groot dade of opofferinge nie.

‘n Enkele woord van aanmoediging of waardering kan die deure daartoe oopmaak.

Presies soos ‘n familielid onlangs beleef het. Lees verder >>

Leer die geskiedenis van deernis

Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed (Matteus 11:29).

Een van die eerste stappe, volgens die skrywer Karen Armstrong, om deernisvoller in ‘n koue en onsimpatieke wêreld te leef, is eenvoudig om meer oor deernis te leer.

Oor waar dit vandaan kom, hoe dit ontwikkel het, wie oor eeue heen die draers daarvan was en waartoe dit alles gelei het.

In dié opsig herinner Armstrong ons aan iets wat miskien minder bekend vir baie gelowiges is. Dit is dat daar reeds twee eeue vóór Christus mense was wat ter wille van ‘n toleranter en deernisvoller samelewing, opgestaan het téén die kultuur van vergelding, geweld en uitbuiting wat destyds onder meeste volke gangbaar was. Lees verder >>

Die kapasiteit tot deernis is ook daar

Maar Ek sê vir julle: “Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg (Matteus 5:44).

Karen Armstrong, ‘n bekende godsdienstige skrywer, se boek “Twelve steps to a compassionate life” is ‘n insiggewende en hoopvolle boek.

In ooreenstemming met die Bybelse siening van die mens, herinner sy ons allereers daaraan dat ons nie so waffers is as wat ons dikwels dink ons is nie.

Die potensiaal tot selfsug, geweld en wanorde skuil diep in ons almal. Dit is selfs in ‘n sekere mate fisiologies vasgelê en kan onder sekere omstandighede onverwags na vore kom. Lees verder >>

Die heilsamer weg

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word (Matteus 5:9).

Die bekende oorlogsveteraan wat later ook president van Amerika geword het, generaal Dwight Eisenhower, het ná die Tweede Wêreldoorlog ‘n merkwaardige en baie dapper uitspraak gemaak.

Sy woorde was: “I hate war as only a soldier who has lived it can, only as one who has seen its brutality, its futility, its stupidity.”

‘n Mens verbly jou werklik daarin dat ‘n invloedryke leier soos Eisenhower tot hierdie bevrydende insig en besluit kon kom. Dit ook sonder huiwering kon sê. Lees verder >>

Oor ware dapperheid

Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen die Here” (2 Samuel 12:13).

Hy het hom verootmoedig deur aanhoudend te vas, hom terug te trek en op die grond te lê (2 Samuel 12:16).

Die huidige gewoel in die wêreld noop ons om opnuut na te dink oor wat egte moed en dapperheid eintlik beteken.

Want dit mag vir sommige dapper en heroïes klink om jouself in militêre gewaad te klee en die strydbyl teen jou teenstanders met aggressie en geweld op te neem. Om oorlog te maak en die stede en inwoners van ‘n ander volk met jou vuurpyle en bomme te bestook en te vernietig. Lees verder >>

1 104 105 106 107 108 115