Vrymoedig oor God se genadewerk

Omdat ons hoop hierop gevestig is, tree ons op met groot vrymoedigheid (2 Korinthiërs 3:12).

Nog iemand wat die kuns verstaan het om haar lewe te balanseer tussen oormoed en nederigheid, of soos sy dit self gestel het, “aanmatigende sekerheid en wanhoop”, was die bekende Amerikaanse skryfster, Flannery O’Connor (1925-1964).

In ‘n mooi meditasie oor haar lewe, wys die teoloog, Daniël Clendenin, hoe ‘n groot deel van haar lewe uit twyfel en wanhoop bestaan het. Lees verder >>

Die voorbeeld van Paulus

Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees (2 Korinthiërs 12:9).

Die meerderheid gelowiges waarvan die Bybel vertel, het geweet wat dit beteken om in hulle getuienis ‘n goeie balans tussen sekerheid en skroom, oormoed en nederigheid te handhaaf.

Die apostel Paulus is een van die meer pertinente voorbeelde hiervan. Lees verder>>

Tussen oormoed en nederigheid

Maar deur die genade van God is ek wat ek is (1 Korinthiërs 15:10).

Jare gelede het Ferdinand Deist ‘n boek oor gebed geskryf met die mooi titel: “Tussen angs en sekerheid”.

Daarmee wou hy onder andere die pole aangedui waartussen die Christelike lewe afspeel.

‘n Mens sou Deist se duiding van die Christelike lewe ook kon beskryf as die soeke na ‘n balans tussen vrymoedigheid en skroom, oormoed en nederigheid. Lees verder >>

Ons het niks geleer nie

So sê die Here my God: “Omdat jy My vergeet het en jou rug vir My gedraai het,
sal jy die straf vir jou aanstootlike gedrag en jou onsedelikheid dra” (Esegiël 23:35).

Dwaasheid is nie net ‘n individuele kwaal nie – dit is ook ‘n kollektiewe sonde.

Dit bestaan daarin dat ‘n hele samelewing of geslag op ‘n stadium só blind en eenogig kan raak dat hulle die verlede vergeet of ignoreer.

En só die foute en misstappe en die dwaashede van gister herhaal, nie werklik erns daarmee maak om uit die geskiedenis te leer en beter te doen as ‘n vorige geslag nie. Lees verder >>

Dit sit in ons bloed

Wie kort van draad is, begaan dwaashede (Spreuke 14:17).

Die dwaasheid waaroor die Bybel dit het – daardie stiksienige en sieklike beheptheid met die self en die onvermoë om jou eie foute te erken – is maklik om by ander raak te sien.

Trouens, ons samelewing is ‘n groeiende en onstellende gevallestudie van dwaasheid – van dwase besluite, dwase keuses, dwase optredes, selfs dwase uitsprake en taal.

Oral lees en hoor ons daarvan. Lees verder >>

‘n Tragiese dwaasheid

In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad. ‘n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; ‘n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie (Spreuke 12:15-16).

Dié week hoor ek dié aardige maar betroubare storie uit die politieke binnekringe.

Oor ‘n politikus wat beskuldig word van verskeie dade van korrupsie. Ook van verskeie ander verdink word. En tog soos ‘n neet aan sy eie posisie en opinie bly klou en traag is om enige aanklagte teen hom te erken of te laat ondersoek. Lees verder >>

Die geheim van volwassenheid

Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus … Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam (Efesiërs 4:13,15-16).

Dit is maklik om te sê dat volwassenheid – dit is daardie vermoë om jouself met al jou beperkings en gawes te aanvaar – die geheim van gesonde en gelukkige verhoudings is.

Maar wat is die geheim van egte volwassenheid? Hoe bereik ons daardie punt of oomblik waar ons onsself kan aanvaar soos ons is, gemaklik en vergenoegd kan raak met ons gawes, ook met ons swakhede en beperkings? Lees verder >>

Die geheim van gesonde verhoudings

Aan elkeen van ons is ‘n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het (Efesiërs 4:7).

Iemand raak onlangs weer ‘n ou maar groot wysheid kwyt.

Hy noem naamlik dat gesonde verhoudings, hetsy met vriende, familie of ‘n vreemdeling, altyd ‘n bepaalde volwassenheid verg.

By die eerste aanhoor klink sy woorde na ‘n eenvoudige en maklik haalbare resep. Net ‘n bietjie volwassenheid – en wie kan dit nie bereik nie (ouer word waarborg dit tog?) – en siedaar: Alles werk klopdisselboom! Lees verder >>

Die vuur van God se vergifnis

Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af (Psalm 16:5)

In die huweliksformulier van een van die kerke, is daar ‘n sin wat my deur die jare altyd geraak, bygebly en getroos het.

Dit is die opdrag aan die egpaar om te leef uit dit wat Christus aan hulle geskenk het.

Die opdrag is troosryk, want dit beteken dat ons in die huwelik – ook in ons ander verhoudings – nooit totaal weerloos, alleen en hulpeloos is nie. Want daar is dinge wat Christus aan ons skenk wat ons kan dra en beskerm, waaruit ons met hoop en vertroue kán en móét gaan leef. Lees verder

Oopoog in nederige toewyding.

Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is … Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die gemeente liefgehad het en sy lewe daarvoor afgelê het … Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame (Efesiërs 5:22, 25 en 28).

Die groot resep vir ‘n gelukkige huwelik of vaste verhouding is in Paulus se vermanings hieroor aan die gemeente in Efese vervat (Efes 5:21-32).

Soos baie in daardie tyd, was egpare in die gemeente ook blootgestel aan die sogenaamde moraal van die bos waar elkeen vir eie belang geleef het. Boonop binne ‘n kultuur waar die man sy gesag ongebreideld kon laat geld en misbruik. Lees verder>>

1 106 107 108 109 110 115