Van jammer kry na viering

Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges (Romeine 12:16).

Nie lank gelede nie leer ek ‘n ongewone, maar uiters belangrike les.

Dit is dat jy in jou besorgdheid oor mense waaksaam moet wees dat jy hulle nie onnodig bejammer, of slegter oor hulleself laat voel nie – ook nie die indruk wek dat jy, ondanks jou besorgde houding, steeds vanuit die hoogte met hulle omgaan nie.

‘n Goeie vriendin maak my van hierdie baie subtiele gevaar bewus – een wat ‘n mens die gevaar van neerbuigende of hooghartige besorgdheid kan noem. Lees verder >>

A Passage to India

Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê (1 Johannes 4:21)

‘n Mooi voorbeeld van hoe ‘n hardnekkige liefde lyk, een wat vashou aan die ander ondanks terugslae en probleme, kry ons in E.M. Forster se boek “A Passage to India”.

In die boek, wat later ook verfilm is, word ‘n jong Indiese dokter Aziz valselik daarvan beskuldig dat hy ‘n Britse onderwyseres Adele Quested op ‘n uitstapppie na die bekende Marabar grotte seksueel aangerand het. Lees verder >>

‘n Hardnekkige uithouliefde

Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad (Johannes 13:1)

In die boek van Johannes – die evangelis van die liefde – staan daar aan die begin van die dertiende hoofstuk ‘n merkwaardige woord.

Dit is dat Jesus nie net, soos ons al gehoor het, sy volgelinge eerste liefgehad het nie, maar dat Hy hulle tot die uiterste toe liefgehad het. Die 1933 vertaling stel dit selfs nog meer dramaties naamlik dat Hy hulle tot die einde toe liefgehad het.

Of soos Eugene Peterson se moderne vertaling lui: rég tot die einde toe. Lees verder >>

Julle moet mekaar liefhê

Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê (1 Johannes 4:11)

Oorlewering het dit dat die evangelis Johannes, ook bekend as die apostel van die liefde, baie oud geword het.

In sy kommentaar op die Galasiërbrief vertel die kerkvader Jerome dat Johannes reeds in sy negentigerjare was toe hy nog steeds in die stad Efese gepreek het.

Skynbaar was hy teen die tyd so oud en broos dat van die gemeentelede hom op ‘n draagbaar die kerk moes binnedra. Ook kon hy nie meer ‘n gewone preek hou nie. Terwyl hy op een elmboog geleun het, het hy net een sin kwyt geraak: My liewe kleine kinders, julle moet mekaar liefhe.” (“Little children, love one another.”) Lees verder >>

Dít is sy geheim

Soos my Vader my liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly (Johannes 15:9).

In ‘n wonderlike mooi boekie, “No greater love”, herinner die leier van die beroemde Taizé-gemeenskap in Frankryk ons op ‘n aangrypende manier aan die liefde van God wat in die lewe van Christus sigbaar geword het.

Daar sien ons dat daar inderdaad geen groter liefde was as dit wat Christus teenoor mense bewys het nie.

Sy liefde was ‘n liefde sonder grense of voorwaardes – een waardeur mense telkens verras, oorstelp en onherroeplik verander is. Lees verder >>

Hier is liefde

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê (1 Johannes 4:9).

In ‘n vorige boodskap het ons gehoor dat die gebrek aan liefde die groot siekte van ons dag is.

Trouens, dit is ‘n siekte of kwaal wat veel erger en skadeliker is as enige ander bekende fisiese gebrek of siekte. Want dit verlam mense nie net uiterlik nie, maar laat hulle ook innerlik kwyn. Sodat die lewe sy glans en sin verloor en die fisiese dood vir sommige selfs ‘n uitkoms bied.

Die groot vraag is natuurlik waar die liefde wat lewe en sin kan gee, te vinde is. En belangriker nog: Hoe kan dit deel word van ons lewe? Lees verder >>

Die eintlike siekte van ons dag

My oë is dof van ellende; die hele dag deur roep ek na U, Here, en steek my hande in gebed na U uit (Psalm 88:10).

In een van sy vele meditasies herinner die Amerikaanse teoloog, Daniel Clendenin, sy lesers aan die tragiese dood van twee bekende persone.

Hulle was die akteurs Robin Williams – wat homself op die relatief jong ouderdom van 63 opgehang het – en Philip Seymour Hoffmann, wat ses maande vroeër op 46 aan ‘n oordosis van dwelms gesterf het.

Albei was suksesvolle akteurs wat gesukkel het met verslawing en depressie. Lees verder >>

Fokus op die kleiner dinge

Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het (Matteus 13:31).

Die pryswenner-boek van George Bernanos, “The Diary of a Country Priest”, herinner ‘n mens baie aan die verhale van die profete.

Dit gaan oor ‘n jong priester wat worstel met sy roeping – wat nie presies weet waar en hoe God hom wil gebruik nie.

Verskillende faktore dra by tot sy gevoel van onsekerheid en selfs mislukking. Lees verder >>

Ek maak jou ‘n bronsmuur

Ek maak jou vir hierdie volk ‘n bronsmuur waardeur hulle nie kan dring nie (Jeremia 15:20).

Die verrassende waarvan ons in Jeremia 15 hoor is dat wanneer Jeremia in vertwyfeling oor sy roeping verval, God selfs verwyt dat hy nie langer op God kan reken nie, dan antwoord God hom.

God tree nie terug en ignoreer Jeremia nie. Nee, dan luister God en begin opnuut met Jeremia praat.

Wat ons hoor, is verrassend. Lees verder >>

‘n Woord wat brand

Neem tog in ag dat dit oor U is dat ek beledig word (Jeremia 15:15).

Jeremia 15:15-21 gee ons ‘n kort blik in die lewe van die profeet Jeremia, ook bekend as die lydende of wenende profeet.

Hoe broos en verskeurd hy soms was, kom duidelik uit in dié gedeelte.

Want aan die een kant verbly hy hom daarin dat God hom geroep het, of soos hý dit stel, dat God sy Naam oor hom uitgeroep het.

Nog groter is sy vreugde dat God aan hom sy woorde toevertrou het. “Ek het u woorde verslind toe dit gekom het” (v 16), so juig hy. Lees verder >>

1 108 109 110 111 112 121