Deur die vaevuur van twyfel

Ek het rus en kalmte gevind. Soos ʼn kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind (Psalm 131:2-3).

Dit bly ʼn troos om te weet dat ons geloofslewe, net soos ons biologiese en emosionele lewe, bestem is om deur sekere ontwikkelingsfases te gaan.

Paulus praat van ʼn proses waarin ons, binne die gemeenskap van gelowiges – wat die liggaam van Christus is – algaande nader aan Christus as ons hoof groei (Efesiërs 4:14-15).

Om uiteindelik iets van Hom te vergestalt. Lees Verder>>

Die weg is gebaan

Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: “Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is” (Johannes 20:17).

In die emosionele ontmoeting tussen die opgestane Jesus en Maria Magdalena was daar ook ʼn tweede waarheid of les wat sy moes leer.

Uiteindelik word dié les of waarheid ʼn heerlike opdrag.

Maria moes aan die dissipels gaan vertel dat God, die Vader van Jesus, danksy Jesus se opstanding uit die dood nou ook hulle Vader geword het. Lees Verder>>

ʼn Yslike les

Jesus sê toe vir haar: “Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie” (Johannes 20:17).

Toe Maria Magdalena die opgestane Jesus in haar uur van blydskap en verwarring as “Leermeester” aanspreek, spreek dit van ʼn behoefte om weer by Jesus te leer.

Hierop reageer Jesus dan op twee maniere.

Die eerste is dat Hy haar vra om Hom nie aan te raak of, soos die vertaling lui, vas te hou nie. Hoe graag wou sy dit nie in dié uur doen nie! Om Hom, soos vroeër, by haar te hê. Maar nou moes sy leer dat Jesus nie langer liggaamlik by haar – of by ons – kan wees soos tydens sy aardse omswerwinge nie. Lees Verder>>

Here, leer my!

Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: “Rabboeni!” Dit beteken leermeester (Johannes 20:16).

Wanneer Jesus in Johannes 20:16 vir Maria Magdalena troos deur haar naam te noem, antwoord sy met die uitroep: “Rabboeni!”

In Hebreeus, so vertel hierdie Skrifgedeelte dan vir ons, beteken dié uitroep “leermeester”.

Maria se reaksie hier is merkwaardig omdat sy een van min was wat Jesus so genoem het. Jesus is meer dikwels as “Meneer” aangespreek (Markus 12:19), of as “Rabbi” (14:45). In Markus 8 bely Petrus selfs dat Jesus die langverwagte “Christus” is, terwyl ʼn heidense offisier by die kruis uitroep dat Jesus “die Seun van God” is (15:39). Lees Verder>>

Jy kan verdrink in jou trane

Jesus vra haar toe: “Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” (Johannes 20:15).

Maria Magdalena, so lees ons in Johannes 20, huil met reg wanneer haar geliefde Jesus sterf.

So gee sy ook aan ons toestemming om ons emosies van verlies en verlange nie onnodig weg te steek of te onderdruk nie.

Ons mág treur. Ons mág toelaat dat ons emosies vloei wanneer ons swaarkry of ʼn geliefde verloor het. Lees Verder>>

Jy mag maar huil

Maar Maria het buite die graf bly staan en huil (Johannes 20:11).

Die verhaal van Maria Magdalena se dramatiese ontmoeting met die opgestane Jesus bring ons voor ʼn bekende ervaring te staan.

Dit is die rou smart wat mense ervaar wanneer hulle ʼn geliefde deur die dood verloor het.

Maria Magdalena se smart en verwarring in dié verhaal is besonders intens. Buiten dat Jesus gesterf het, het sy liggaam, wat sy vir oulaas wou versorg, ook nog oornag verdwyn. Vir haar was dit die laaste druppel aan die emmer. Sodat haar emosies – soos water oor ʼn stukkende damwal – vrylik begin vloei het. En sy onbedaarlik begin huil het. Lees Verder>>

Dan maak God sy oë toe

As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek (Jesaja 1:15).

In Johannes 9 hoor ons die amper skokkende nuus dat God nie noodwendig luister na almal wat na God roep nie.

Tog, so lees ons in vers 31: “As iemand vir God ontsag het en doen wat God wil hê, dan luister God na so ʼn persoon.” Lees Verder>>

Die kiem van hebsug

Gee en vir julle sal gegee word (Lukas 6:38).

Nog ʼn belangrike belemmering of struikelblok vir gelowiges se gebedslewe is gierigheid of hebsug.

Hoe diep sit die verlange om meer te hê, veral wat aardse middele en voorregte betref, nie in ons almal se bloed nie. Soveel te meer wanneer ons ons lewe lank die pyn van armoede moes deurstaan. Dan is die begeerte na meer verstaanbaar, indien nie normaal nie. Lees Verder>>

Ons seksualiteit en gebed

Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid (1 Petrus 4:7).

Nog ʼn baie belangrike en dikwels verborge belemmering in ons gebedslewe, sê Kenneth Leech, is ʼn verwronge seksualiteit, oftewel, wellus.

Dit is bekend dat ongesonde seksuele fantasieë en begeertes ons lewe so kan oorheers dat dit ons verhinder om ons Godgegewe talente uit te leef. Terselfdertyd kan dit ons gedagtes weglei van God af sodat die lus om te bid verdwyn. Lees Verder>>

Woede en bakleierige gedagtes

Ek verwag van die mans dat hulle oral sal bid, met heilige hande omhoog, sonder woede en twis (1 Timoteus 2:8, Direkte Vertaling).

Nog ʼn struikelblok wat maak dat ons sukkel om te bid, hang saam met wat Kenneth Leech “oordrewe woede” noem. En daarmee saam kyfagtige en bakleierige gedagtes.

O, hoe goed ken ons nie dié versoeking nie! Dis byna asof sekere gebeure en mense jou elke dag uitlok om kwaad te raak en te twis. Lees Verder>>

1 2 3 4 5 98