Dít is sy geheim

Soos my Vader my liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly (Johannes 15:9).

In ‘n wonderlike mooi boekie, “No greater love”, herinner die leier van die beroemde Taizé-gemeenskap in Frankryk ons op ‘n aangrypende manier aan die liefde van God wat in die lewe van Christus sigbaar geword het.

Daar sien ons dat daar inderdaad geen groter liefde was as dit wat Christus teenoor mense bewys het nie.

Sy liefde was ‘n liefde sonder grense of voorwaardes – een waardeur mense telkens verras, oorstelp en onherroeplik verander is. Lees verder >>

Hier is liefde

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê (1 Johannes 4:9).

In ‘n vorige boodskap het ons gehoor dat die gebrek aan liefde die groot siekte van ons dag is.

Trouens, dit is ‘n siekte of kwaal wat veel erger en skadeliker is as enige ander bekende fisiese gebrek of siekte. Want dit verlam mense nie net uiterlik nie, maar laat hulle ook innerlik kwyn. Sodat die lewe sy glans en sin verloor en die fisiese dood vir sommige selfs ‘n uitkoms bied.

Die groot vraag is natuurlik waar die liefde wat lewe en sin kan gee, te vinde is. En belangriker nog: Hoe kan dit deel word van ons lewe? Lees verder >>

Die eintlike siekte van ons dag

My oë is dof van ellende; die hele dag deur roep ek na U, Here, en steek my hande in gebed na U uit (Psalm 88:10).

In een van sy vele meditasies herinner die Amerikaanse teoloog, Daniel Clendenin, sy lesers aan die tragiese dood van twee bekende persone.

Hulle was die akteurs Robin Williams – wat homself op die relatief jong ouderdom van 63 opgehang het – en Philip Seymour Hoffmann, wat ses maande vroeër op 46 aan ‘n oordosis van dwelms gesterf het.

Albei was suksesvolle akteurs wat gesukkel het met verslawing en depressie. Lees verder >>

Fokus op die kleiner dinge

Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het (Matteus 13:31).

Die pryswenner-boek van George Bernanos, “The Diary of a Country Priest”, herinner ‘n mens baie aan die verhale van die profete.

Dit gaan oor ‘n jong priester wat worstel met sy roeping – wat nie presies weet waar en hoe God hom wil gebruik nie.

Verskillende faktore dra by tot sy gevoel van onsekerheid en selfs mislukking. Lees verder >>

Ek maak jou ‘n bronsmuur

Ek maak jou vir hierdie volk ‘n bronsmuur waardeur hulle nie kan dring nie (Jeremia 15:20).

Die verrassende waarvan ons in Jeremia 15 hoor is dat wanneer Jeremia in vertwyfeling oor sy roeping verval, God selfs verwyt dat hy nie langer op God kan reken nie, dan antwoord God hom.

God tree nie terug en ignoreer Jeremia nie. Nee, dan luister God en begin opnuut met Jeremia praat.

Wat ons hoor, is verrassend. Lees verder >>

‘n Woord wat brand

Neem tog in ag dat dit oor U is dat ek beledig word (Jeremia 15:15).

Jeremia 15:15-21 gee ons ‘n kort blik in die lewe van die profeet Jeremia, ook bekend as die lydende of wenende profeet.

Hoe broos en verskeurd hy soms was, kom duidelik uit in dié gedeelte.

Want aan die een kant verbly hy hom daarin dat God hom geroep het, of soos hý dit stel, dat God sy Naam oor hom uitgeroep het.

Nog groter is sy vreugde dat God aan hom sy woorde toevertrou het. “Ek het u woorde verslind toe dit gekom het” (v 16), so juig hy. Lees verder >>

Vanaand nog maak ek vrede

Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou (2 Korinthiërs 5:19).

Onlangs praat ek met ‘n man wat reeds twee jaar van sy tweelingbroer vervreem is – nie eers langer met hom praat nie.

Dit is hartseer, want hulle was kleintyd na-aan mekaar – nie alleen fisies en geografies nie, maar ook geestelik. So kon die een, sonder om te veel uit te vra, sommer aanvoel wat die ander pla, of wat sy behoeftes was.

Maar toe skei hulle weë. Die een word ‘n predikant, die ander ‘n beroemde atleet wat in die buiteland gaan woon. In dié tyd keer die atleet dikwels terug en loer kortliks by sy broer in waar hy in ‘n arm gemeenskap werk. Lees verder >>

Waar was die ma’s?

Hanna het toe gebly en haar seun gevoed totdat sy hom gespeen het (1 Samuel 1:23).

‘n Egpaar wat vir studie lank in Duitsland gebly het, keer op ‘n dag terug om ou herinneringe saam met hulle kinders en kleinkinders te herleef.

Hulle besoek hulle woning van destyds, stap rond op die universiteitskampus, adem weer die geure van hulle geliefkoosde eetplekke in. Om die prentjie van Duitsland te voltooi, stel hulle die kinders ook bloot aan die spore van die aaklige Nazi-tydperk.

In dié verband besoek hulle die grafte van gestorwenes, draai by van die strafkampe, besoek die museums waar die foto’s van die destydse maghebbers en die gemarteldes saam pryk. Lees verder >>

Belê in vriendskap

Jonatan het Dawid dit met ‘n eed vir hom laat belowe vanweë sy liefde vir hom, want hy het hom liefgehad soos homself (1 Samuel 20:17).

Die afgelope week hou ek ‘n gedenkdiens vir ‘n hoogs begaafde en kleurryke akademiese figuur wat onverwags oorlede is.

In die lewe was hy onder andere ook ‘n ywerige en hoogs gerespekteerde bergklimmer, iemand met ‘n groot verskeidenheid van bewonderaars, maar ook ‘n groot aantal goeie vriende – mense, ja, geesgenote wat oor baie jare gereeld by hom gekom en na-aan hom geleef het. Kort na sy dood skryf een van hierdie vriende insiggewend: Lees verder >>

Die storie van die mossie

Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies (Matteus 10:29-31).

Onlangs ontdek ek, danksy ‘n e-pos van ‘n vriend, waarom die beeld van ‘n mossie op die een kant van die ou kwartpennie-geldstuk en ook op die latere eensent-muntstuk aangebring is.

Daar sit ‘n aangrypende en troosvolle verhaal daaragter.

Skynbaar het ‘n boerevrou, Anette Marais, meer as ‘n honderd jaar gelede agter die hoë draad van ‘n konsentrasiekamp haar medekampgenote een oggend uit die Bybel probeer troos en bemoedig. Lees verder >>

1 96 97 98 99 100 109