Getrooste twyfel

Wie hoop nog op wat hy reeds sien? (Rom 8:24).

Baie mense is onder die wanindruk dat geloof soos ʼn pil werk. As ek dié pil sluk – so meen baie – sal alle swaarkry uit my lewe verdwyn. Soos ʼn pynpil wat ʼn hoofpyn laat verdwyn.

Daar is selfs ʼn hele teologie rondom hierdie geloof opgebou, die sogenaamde voorspoedteologie. Dit leer dat, indien ʼn mens goed en reg glo, jy net seën en voorspoed vorentoe kan verwag. Glo net goed genoeg, sê hierdie soort teologie, dan word jou siek liggaam in ʼn kits gesond en jou nadelige bankbalans styg oombliklik uit die rooi. As jou geloof net reg is, ontvang jy die beste van die bestes: die mooiste huis, die nuutste motor, die gelukkigste gesin, die beste lewensomstandighede. Lees Verder>>

Skatryk bedelaars

“Ek glo … Help my in my ongeloof” (Mark 9:24).

ʼn Paar dae voor sy dood het Martin Luther op ʼn papiertjie geskryf: “Ons is bedelaars. Dit is waar 16 Februarie, anno 1546.” Daarmee het hy eintlik verwys na ons voortdurende afhanklikheid van die Woord van God, en die onuitputlike rykdom van hierdie Woord. Maar in werklikheid is dat die totale leefstyl van die gelowige dié van ʼn bedelaar is. Daar is nie so iets soos geloofshelde nie. Net geloofsbedelaars. Geloof is slegs die leë hand waardeur ek ontvang wat God my voortdurend moet gee. As bedelaar in die geloof kan ek maar net sê: “Ek glo … help my in my geloof” (Mark 9:24).

Geloof as sodanig het geen krag nie. ʼn Mens kan nooit in jou eie geloof glo nie. Geloof is gerig op God; dit is afhanklik van God, en dit gaan op in God. Lees Verder>>

Kamoefleer-Christene

“Julle is die lig vir die wêreld” (Matt 5:14).

Baie Christene is verkleurmannetjies of verkleurvroutjies. Hulle kamoefleer so maklik. Maar dit is nie ʼn kuns wat óns uitgedink het nie. Verkleurmannetjies doen dit al eeue lank. Hulle smelt in by hulle omgewing, by die groen, die grys en die geel van die lower en die aardsheid van die grond. Jy sien hom en tog ook nie! Kul jou hier en kul jou daar! Lees Verder>>

Ek is een van hulle!

Terwyl ons dan so ʼn groot skare geloofsgetuies rondom ons het … (Heb 12:1).

“Dit is ʼn slegte wêreld, Donatus, ʼn ongelooflik slegte wêreld. Maar te midde daarvan het ek ʼn stille en heilige volk gevind wat ʼn groot geheim ontdek het. Hulle het ʼn vreugde gevind wat duisend maal beter is as enige plesier wat ons sondige lewe kan bied. Hulle word verag en vervolg, maar hulle gee nie om nie … Hulle het die wêreld oorwin. Hierdie mense, Donatus, is Christene. En ek is een van hulle.”

So skryf Siprianus, die biskop van Kartago, in 300 nC aan sy vriend Donatus, en erken dan dat hy self ook ʼn Christen is. Lees Verder>>

Gryp kan gee word

Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? (Rom 7:24).

Martin Luther het eenmaal gesê die wese van die sondeval is dat die mens volkome selfsugtig is; dat ons van nature totaal op onsself ingekeer is: homo incurvatus in se, soos hy dit in Latyn gestel het.

Die sonde wil altyd die eie ek in die heersersposisie in my lewe sien. Dit wil alles laat inval by my eie se belange en begeertes: My eggenoot, my kinders, my ouers, my vriende moet my dien. Alles in my lewe moet sentreer rondom my prestige, sukses, bevordering, besittings. Lees Verder>>

Sommer in nommer?

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne (Jes 43:1).

Hoeveel nommers het jy waarmee jy jou kan identifiseer? ʼn Identiteitsnommer, paspoortnommer, bankrekeningnommer, kredietkaartnommer, mediesefondsnommer, pensioenfondsnommer, motorregistrasienommer, kieserslysnommer, inkomstebelastingnommer, huistelefoonnommer, selfoonnommer?

Dit is natuurlik alles by geleentheid baie nuttig, maar op ʼn dag begin dit vir jou voel of jou naam, of jy as persoon, verswelg word deur dié stortvloed syfers. Lees Verder>>

Wie is ek?

U het hom (die mens) net ʼn bietjie minder as ʼn hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon (Ps 8:6).

Friedrich Schleiermacher, die groot teoloog-filosoof, het eenkeer diep ingedagte op ʼn bankie in ʼn park gesit. Ongemerk het die ure verbygegaan en dit het tyd geword dat die hekke van die park gesluit moes word. Die parkopsigter het by Schleiermacher gekom en hoflik gevra: “Wie is u, Meneer?”

“Ek? Ek wens ek het geweet!” was die geleerde se antwoord. Lees Verder>>

Die seëning in sekondes

My tye is in u hand (Ps 31:16).

Die datums op die grafte verskil met 76 jaar en 364 dae. Aan die een kant is die ouma se graf – sy het op die rype ouderdom van 177 jaar gesterf. Langsaan is die graffie van haar kleinkind – sy het ʼn skrale 6 uur gelewe: 21 600 sekondes, nie veel meer as een oggend in ʼn gewone mens se lewe nie. Hoe broos is die lewe! Hoe kosbaar was elk van daardie sekondes! Lees Verder>>

Bekering – die deur tot egte lewe!

Hierna het hy in die hele omgewing van die Jordaan rondbeweeg en ʼn doop van bekering met die oog op die vergewing van sondes verkondig (Lukas 3:3).

In Lukas 3:2 hoor ons hoe die woord van God Johannes die Doper in die woestyn bereik het.

Maar wat was die inhoud van hierdie woord? Ja, watter boodskap moes Johannes aan die mense gaan verkondig?

In sy prediking roep Johannes die mense allereers op tot bekering, ja, tot ʼn terugkeer na God met die belydenis van sonde op hulle lippe. Sodat God hulle kon hoor, kon vergewe en tot nuwe lewe kon lei. Lees Verder>>

Selfgenoegsaam of weerloos?

In die tyd toe Annas en Kajafas die hoëpriesters was, het daar ʼn woord gekom van God na Johannes, seun van Sagaria, wat in die woestyn was (Lukas 3:2).

Lukas 3:1-6, wat gaan oor die optrede van Johannes die Doper, begin met die vermelding – ʼn mens sou selfs kon sê die kontrastering – van twee groepe.

Aan die een kant is daar die name van die heersende politieke en geestelike leiers van daardie tyd (Lukas 3:1-2). ʼn Mens sou dit die wêreld van mag, rykdom en status kon noem.

Aan die ander kant is daar die wêreld van die woestyn waar Johannes die Doper vertoef en gepreek het (Lukas 3:2). En nou hoor ons hoe die woord van God dáár tot Johannes kom, hom dáár bereik en hom dáár tot aksie inspireer en beweeg. Lees Verder>>

1 2 3 113