Waarheen nou?

Lees Josua 4:14-24. Die volk het op die tiende dag van die eerste maand uit die Jordaan gekom en kamp opgeslaan (v 19). Die ou trekvolk se tog deur die Jordaanrivier is verby. Die twaalf klippe, een vir elke stam, staan nou in Gilgal as ’n monument vir hierdie befaamde deurtog. Josua het gesorg dat […]

Vergifnis

Lees Psalm 32. Dit gaan goed met die mens … wie se sonde vergewe word (v 1). Daar is dus ’n uitweg vir ’n sondaar se beswaardheid – vergifnis. Trouens, die digter beskryf die voorvergifnislewe as ’n verskrikking: “… my liggaam (het) uitgeteer … my krag het opgedroog …” (v 3-4). Nadat hy bewus geword […]

’n Koninkrykstorie

Lees Lukas 13:18-21. “Dit is soos ’n mosterdsaadjie … Dit is soos suurdeeg …” (v 19-21). Dit is die storie met die koninkryk van God: ’n Bietjie word báie. Klein word gróót. ’n Geringe daad het ’n enorme invloed. Dit is die allertroos vir koninkrykskinders: Hul geringheid hoef nie tot geringskatting te lei nie. Juis […]

Vreemde genade

Lees Romeine 2:12-16 Dit sal aan die lig kom … wanneer God … oordeel (v 16). Dit is die ding met Paulus se Romeinebrief: Die sinne is lank en die redenasies ingewikkeld, en gewone Bybellesers blaai dikwels hier verby. En só loop ons van die merkwaardigste gedeeltes in die Bybel mis, tot ons groot skade. […]

Duur genade

Lees Jeremia 11:1-17. En jy … moenie vir hierdie volk bid nie … Ek (sal) nie luister nie (v 14). Sjoe! Hoe gebeur dit dat die Here sy profeet verbied om vir sy mense te bid? Dat Hy by voorbaat sy ore toedruk? Hoe bitter ver moes hulle nie afgedwaal het om Hom tot sulke […]

Wanneer kinders kenners word …

Lees Jesaja 55:1-9. My gedagtes is nie julle gedagtes nie … (v 8). Dit is ook maar goed so, nie waar nie? Dié dat God se denke en dade van ’n ander orde en aard as ons s’n is. Want dit weerhou ons van ’n oormoedige paradering met ons gewaande Godkennis, ’n breedsprakige uitstalling van […]

Vrugte

Lees Lukas 6:43-45. “Elke boom word aan sy eie vrugte geken” (v 44). Jesus se gelykenisse, die langes én die kortes, vra dikwels grondige dinkwerk om uit te pluis. Daar word lank daaroor geredeneer en boeke en boekdele daaroor geskryf. Maar soms is die betekenis daarvan so voor die hand liggend dat selfs jy in […]

Voordat ’n gemeente sterf …

Lees Openbaring 3:1-6. Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het (v 2). Johannes skryf sewe briewe in opdrag van die stem wat met hom gepraat het (Op 1:10-11). Een aan elk van ’n klompie gemeentes in Klein-Asië. Hierdie een is die vyfde, dié aan die gemeente in Sardis. Soos aan al die […]

’n Dor land

Lees Psalm 63:1-9. Ek soek U, o God, my God (v 2). “’n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn.” Só lui die opskrif van hierdie psalm. Daarmee kry ons ook die verklaring vir die beeldspraak hierin. Vir die sterk werkwoorde waarmee dit begin: “… ek dors na U; ek smag […]

Om in te pas

Lees Lukas 13:22-31. Toe vra iemand Hom: “Here, is dié wat gered word, maar min?” (v 23). Die deur na die koninkryk van God is smal, sê Jesus. “Baie … sal probeer om in te gaan maar sal dit nie regkry nie” (v 24). En die ontstellende is dít: Baie van dié wat tevergeefs probeer […]

Voortdurende vergifnis

Lees Numeri 14:10-24. “Vergewe dan tog die sonde van hierdie volk in u groot liefde, soos U hulle van Egipte af tot hiertoe vergewe het!” (v 19). Die klaende woestyntrekkers en hul God … Hoe sal Hy op die aanhoudende ontevredenheid reageer? Met ’n hartseer wat ons verstand te bowe gaan: “Hoe lank sal hierdie […]

Onthou!

Lees Psalm 105:1-15. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade (v 5). Tipies, dié oproep van ’n geestelike voorganger, nie waar nie? Die bevel om God te loof, om terug te dink aan sy daadwerklike goedheid, aan die kere toe Hy hulle gered het. Daar […]