Aards

Lees Rut 3:1-5.

“Was jou, maak jou mooi en trek jou netjies aan en gaan na die dorsvloer toe” (v 3).

’n Slim ou skoonmoeder, dié Naomi! Sy weet klaarblyklik hoe werk ’n man se kop en daarom gee sy hierdie vreemde opdrag: Tooi jou op … vir die dorsvloer. Sorg dat jy soos ’n prinses lyk daar waar die manne met die natgeswete bolywe staan.

Die ouer vrou gee nóg raad: Wees diskreet, my kind. Gaan slim te werk. Sorg dat jou tydsberekening onberispelik is. Jy sal sy aan­dag trek. Maak dan soos hy sê. Moenie bang wees nie, hy is maar net ’n mansmens …

Ja-nee, daar is darem geen plaasvervanger vir ondervinding nie; wysheid kom vir seker met die grysheid saam.

Hopelik snap die leser van hierdie verhaal reeds uit hierdie klompie verse hoe die Here sy mense gebruik. Kyk, ons weet mos hoe dié storie gaan eindig en op watter manier die Here Hom ook hier in gewone mense se klein geskiedenis inlaat. Hoe Hy deur hul doen en late ook sy groter plan volvoer.

Dit bly egter kielierig-lekker wanneer ons Naomi se optrede rus­tig betrag, haar noukeurige berekenings en slim aanwysings. En dit is eintlik asemrowend om, by nabetragting, die Here se hand hierin te sien. Hoe Hy sy mense se aardsheid gebruik om sy hemelse doel te bereik.

Nie engele nie, nee. Hemelwesens blyk die uitsondering te wees wanneer die Here sy wil laat geskied. Ook in ’n nuwe tyd sien mense soos ons hoe Hy destyds reeds gewone mense se behoeftes op die oog het, hoe Hy dit in sy diens gebruik. Hoe Hy glimlag wanneer ’n hofmakery én sy Goddelike planne hul opwindende loop neem.

Leer ons, Here, om u hand in alles te herken, om daarin troos en vreugde te vind.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: