Baie vrugte

Lees Johannes 15:5-8.

“My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra …” (v 8).

Dit word toe uiteindelik agt verse in die Johannesevangelie waarin Jesus, duidelik en herhalend, hierdie bekende boer-wingerdstok­lote-prentjie teken. Die vrugte daarby voeg, asook die teenstelling daarvan: die vrugteloosheid. Hy trek die gevolge van laasgenoem­de deur tot by die laaste ellende – verdroog, vuur, verbrand.

Die begenadigde vrugdraers kry ’n bykomende belofte: Nie net is daar die vreugde van hul verbondenheid aan Jesus nie, maar hulle ontvang ook ’n vrypas na die Goddelike oor. En die gewaar­borgde oopgaan van sy seënende hande. Die lewensap wat deur hulle bruis, laat hulle op vele vlakke geseënd lewe.

Dit is klaarblyklik wat oorvloedige vrugdra tot gevolg het – oor­vloedige seën. Sien, die vrugte word nie ter wille van die loot self gedra nie; dit is ander wat dit pluk en eet en geniet. Omstanders, buitestanders, selfs toevallige verbygangers. Vreemdelinge. Húlle pluk die vrugte van die loot se verbintenis aan die wingerdstok. En hieroor glimlag God breed.

Só leer die Jesusvolgelinge ’n kosbare les: Hul dissipelskap is nie om hul eie onthalwe nie. Dit is in die eerste plek tot eer van God en tot tasbare voordeel van hul medemens. Daarom kan hulle, die vrugdraers, maar vra vir nóg, en nóg, en nóg. Hulle sál dit kry, want, sê Jesus, sy Vader word deur die baie vrugte verheerlik. Sy ander skepsels wat honger daarna – die omstanders, die buitestan­ders, die toevallige verbygangers, die vreemdelinge – word immers daardeur gevoed.

Here, hoe bevoorreg is ek om vrugte te dra! Hou my styf aan U gebind. Maak die vrugte meer en meer, tot u eer.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: