Hieraan moet ons vashou

Die Here is my rots, my skuilplek en my redder … (2 Sam 22:1) … my God gee lig as dit donker is om my (2 Sam 22:29).

Die geskiedenis van koning Dawid bevat ‘n yslike stuk ironie.

Want waar sy lewe aanvanklik geseënd en voorspoedig was, verander dinge ná sy owerspel met Batseba redelik dramaties. Hierna strompel hy van die een krisis na die ander. Ons hoor hom meermale kla en huil (2 Sam 12:22, 19:1). Lees Verder>>

Só is God!

Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan (Genesis 28:15).

Die mooiste van Jakob se droom in Genesis 28 is dat God teen alle verwagtings in nie ‘n woord oor Jakob se sondes rep nie.

Jakob is allermins onskuldig aan sy vertrek van sy familie af. Nee, hy is angstig op vlug – weg van sy ouers, weg van sy broer, weg van sy bedrog, weg van homself en sy omstrede verlede.

‘n Mens sou verwag dat wanneer God hom nou hier in die nag voorkeer, God hom ten minste hieraan sou herinner. Sodat hy sy wandade in die oë sou kyk en daarmee in die reine kom. Lees verder >>

In die skrik en troos van ons drome

Hy het gedroom: ‘n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van God klim op en af met die leer. Toe kom staan die Here by Jakob … (Genesis 28:12-13).

Jakob se droom in Genesis 28 bly ‘n fassinerende verhaal.

Vir eers wil die verhaal sê dat God in drome met mense kan praat.

Hoeseer ons ook vandag – danksy die sielkunde – weet dat drome die stem van ons onderbewussyn is, daardie verdronge en verborge verlangens en steurnisse van ons daglewe wat nou in die nag kom aandag vra, kan dit vir die gelowige tog méér beteken. Lees verder >>

Om kalm te bly

Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde (Psalm 46:11).

Onlangs kyk ek hoe ons voorste tennisspeler, Kevin Anderson, meeding teen een van die topspelers in die wêreld.

Ná ’n lang intense stryd bekom hy uiteindelik twee wedstrydpunte. Sy teenstander, wat heelwat hoër as hy op die wêreldranglys is, lyk duidelik verslae en verslaan. Anderson se deurbraak na die halfeindstryd – ‘n ongewone prestasie vir hom – skyn ‘n voldonge feit te wees. Lees verder >>

Magteloosheid is nie hulpeloosheid nie

Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou (Psalm 28:7).

Oor wat om te maak in situasies waar jy magteloos en onbeholpe voel, raak ‘n vrou nou die dag ‘n interessante waarheid kwyt.

Sy merk naamlik op dat om magteloos te voel, nie noodwendig beteken dat jy hulpeloos is nie. Nee, selfs waar jy vasgeloop is, die gevoel het dat jy nie presies weet wat om te sê of te doen nie, is daar steeds opsies, steeds nuwe moontlikhede, ander weë.

Ook steeds ruimte vir vertroue Lees verder >>

‘n Kwaliteit van die hart

Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God aan my gee … (Filippense 1:7).

In sy boek “Bread for the Journey”, raak Henri Nouwen, die populêre geestelike skrywer, nóg ‘n ongewone, maar besonderse waarheid kwyt.

Dié slag oor die geheim van egte gemeenskap en ontmoeting – wáár dit begin en wát dit alles behels.

Ware gemeenskap, so voer hy aan, begin by die kwaliteit van jou eie hart, daar waar jy genoeg deernis, vergifnis en genade in jouself ontdek en dit so koester en versorg dat dit ook begin deurspoel na ander. Lees verder >>

‘n Leë, maar vriendelike ruimte

Moenie nalaat om gasvry te wees nie … (Hebreërs 13:2).

Die bekende Katolieke geestelike, Henri Nouwen, skryf aangrypend en oorspronklik oor gasvryheid.

Op ‘n ongewone manier noem hy dit die vermoë om ‘n leë, maar vriendelike soort ruimte in jou lewe te skep. In Engels lui dit eenvoudig: “To create a friendly emptiness.”

Hierdie ruimte, so voer hy aan, moet allereers leeg, maar vriendelik wees ter wille van die vreemdeling, daardie mense wat dikwels ver van jou op die rand van die lewe verkeer. Lees verder >>

Oor Arthur en Will

Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God (Psalm 31:15).

Hoe verfrissend om ouer mense te ontmoet wat jonk van gees en verstand gebly het.

Soos die 93-jarige vrou wat nie net eindelose verhale uit die verlede kan opdiep en in groot detail oorvertel nie, maar dit boonop met groot kleur en humor kan doen.

Tina, soos almal haar ken, is vandag vanweë haar sterk persoonlikheid en merkwaardige geheue, die middelpunt en gees van die plek waar sy woon. Haar medebewoners en vriendinne bewonder haar en volg enige dag haar goeie raad, die ouderdom ten spyt. Lees verder >>

Om saam met ander te huil

Jesus het gehuil (Johannes 11:35).

Dikwels wanneer mense in groot smart verkeer, weet jy nie altyd wat om te sê of te doen nie.

Dan is dit nodig om te weet dat jou blote teenwoordigheid, hoe lomp en onvaardig ook al, meesal genoeg is. Dit is dikwels die eerlikste en mees egte manier van simpatiseer – net om daar te wees.

Die afgelope week hoor ek ‘n eenvoudige en kinderlike storie wat dié waarheid mooi illustreer. Lees verder >>

By die dood van ‘n vriend

Ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe (2 Korinthiërs 5:4).

Vanoggend ontvang ek die nuus wat een of ander tyd almal se lewe soos ‘n lang verwagte besoeker sal binnekom.

Dit is dat my goeie vriend Hans in die na-nag gesterf het.

Hans was nog relatief jonk, in die fleur van sy lewe toe die gevreesde siekte hom gepak het. Vir almal wat naby hom geleef het, was dit ’n skok. Ook pynlik om te sien hoe hy mettertyd geleidelik weggekwyn het. Want hy was ‘n groot man met ‘n groot hart en ‘n groot glimlag wat die lewe van almal rondom hom geraak en verruim het. Lees verder >>

1 9 10 11 12 13