Die Leeu wat ’n Lam is

Toe het ek … ’n Lam sien staan, die Een wat geslag was (Op 5:6)

Die koningsheerskappy van Jesus aan die regterhand van God is ’n heerskappy met geduld en liefde. Wanneer daar teenstand is teen hierdie heerskappy word dit nie dadelik met krag of geweld vermorsel nie – hoewel God natuurlik by magte is om juis dit te doen. Nee, omdat Jesus – die Middelaar tussen God en mens – die heersersposisie langs God ingeneem het, is daar verdraagsaamheid in hierdie regering. Die geskiedenis verloop onder die heerskappy van Jesus, maar dit is nog ’n tyd van genade. Dit bied mense nog die geleentheid om hulle hierdie heerskappy te laat welgeval, om hulle daaronder te skik. LEES VERDER

Geborge in sy hande

In u hande is ek veilig (Ps 23:4).

Die uitdrukking “die regterhand van God” kom meermale in die Ou Testament voor waar dit na God se krag verwys (Eks 15:6; Ps 1:6; Jes 41:10, 1953-vertaling). Hierdie “regterhand” van God word ook soms sy “uitgestrekte arm” of “uitgestrekte hand” genoem – die hand waarmee Hy magtige dade op aarde doen. Die Nuwe Testament en die Apostoliese Geloofsbelydenis sien die vervulling daarvan in Christus; dit wil sê: Jesus het presies dieselfde krag as God! Daarom hoef ons wat in Hom glo, geen ander krag of gesag te vrees nie.

’n Mens dink soms dat jy juis deur ander kragte of magte beheer word, soos bose magte. Is hulle nie aan die roer van sake wanneer ’n motorband bars en jou gesin in ’n ongeluk sterf nie? Of as jy meegedeel word dat jy kanker het en nog net drie maande het om te leef? LEES VERDER

Aan Gods regterhand

… hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom (Ef 1:21).

Jesus het gaan sit aan die regterhand van God. Maar wat beteken dit? God het tog nie hande of ’n liggaam nie? Natuurlik nie. Dit is maar menslike beeldspraak om iets oor die heersersposisie van Jesus te sê. As mense kán ons in elk geval op geen ander manier as in menslike terme oor Jesus en God praat nie. Die Bybel self is ook maar God se woord in mensetaal. Daarom gebruik Paulus in Efesiërs 1:19-20 ook beeldende taal wanneer hy Jesus se magsposisie probeer beskryf: “Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy [God] uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy.” LEES VERDER

’n Tyd van hoop – Jesus regeer

“Kyk … ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan” (Hand7:56).

In die Apostoliese Geloofsbelydenis word daar telkens verwys na wat Jesus rééds gedoen het: ontvang is, gebore is, gely het, gesterf het, begrawe is, ter helle neergedaal het, opgestaan het, opgevaar het … Maar dan is ons skielik in die teenwoordige tyd! “Jesus Christus … wat sit aan die regterhand van God”. Dit geld vir vandág. Net voordat hy onder die klippe sterf, sien Stefanus ook die hemel geopen en Jesus wat aan die regterhand van God staan (Hand 7:55). Daarmee is ons Middelaar tans besig. Jesus regeer nóú, Hy staan vir ons in. LEES VERDER

Hoe ouer, hoe jonger

By die laaste trompet sal dit in ’n oomblik, in ’n oogknip gebeur (1 Kor 15:52).

Die derde waarborg wat die hemelvaart ons gee, is die feit dat ons ook eenmaal uit die graf sal opstaan. Dit waarborg die feit dat ons liggame eendag uit die volslae verderf van die dood tot die volkome heerlikheid van lewe sal opstaan.

’n Mens wil byna sê: Hoe ouer ek word, hoe meer my liggaam met verloop van tyd afgetakel word, hoe jonger word ek, hoe nader beweeg ek na dié punt wanneer my liggaam onverganklik nuut uit die graf sal opstaan. “So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek; wat gesaai word, is gering en word in heerlikheid opgewek, wat gesaai word, is swak en word in krag opgewek” (1 Kor 15:42-43). LEES VERDER

Intermezzo

“Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het” (Hand 1:11).

Die tweede waarborg wat die hemelvaart ons bied, is dat dieselfde Jesus wat hemel toe opgevaar het, weer sal kom! Terwyl die hartseer dissipels gestaan en kyk het hoe Jesus in die wolke verdwyn, het daar twee engele verskyn wat hulle verseker het: “Hierdie Jesus … sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het” (Hand 1:11). LEES VERDER

Ons oudste broer

Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely (Heb 4:14).

Jesus se hemelvaart waarborg vir ons ’n hele paar dinge. Omdat Jesus na die hemel gegaan het, staan Hy daarvoor in dat ons, indien ons sterf voordat Hy weer kom, veilig by Hom sal wees. LEES VERDER

Afskeid is nie afstand nie

Ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader (1 Joh 2:1).

Met Jesus se hemelvaart het Hy, in sy menslike gestalte, van sy dissipels afskeid geneem. Ons, sy kerk wat leef in die tyd tussen sy eerste en tweede koms, sien Jesus nie meer in sy menslike gestalte nie.

En tog beteken dit nie dat daar nou ’n afstand is tussen Jesus en sy dissipels – van toe én van nou – nie. LEES VERDER

Altyd op weg

Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners (1 Pet 2:11).

Verlede week het ons gesê Jesus se hemelvaart maak ons nie wêreldvreemd nie; dit anker ons weer in die werklikheid van hierdie aarde. En tog maak dit ons ook los van hierdie aarde.

Waarom? Omdat ons weet dat God met die verlossing van hierdie aarde begin het en dit eers met die wederkoms van Jesus sal voltooi. Daarom worstel ons aan die een kant om die verlossing van die aarde, maar aan die ander kant kyk ons vooruit na die nuwe aarde en die nuwe hemel. Op hierdie aarde bly ons steeds vreemdelinge en bywoners (1 Pet 2:11). Daarom kan ons nooit gladweg inpas en aanpas by die sondige strukture van hierdie wêreld nie. Ons bly altyd op pad na ons eintlike woonplek: die nuwe aarde. LEES VERDER

Die waarde van die aarde

Ons leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde (2 Pet 3:13).

Jesus het daardie Sondagoggend opgestaan, daarna verskeie kere aan sy dissipels verskyn, en 40 dae later na die hemel opgevaar. Dit het gebeur ter wille van ons, maar dit dui nie ons bestemming aan nie.

Ons gaan nie, in die streng sin van die woord, eendag “hemel toe” nie. Ons bly nou op die aarde, met die taak om die evangelie hier te verkondig! En ons uiteindelike woonplek is die nuwe aarde onder ’n nuwe hemel. 2 Petrus 3:13-14 sê dit mooi: “Ons leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers.” LEES VERDER

1 2 3 4 13