Insek sonder angel

“Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” (1 Kor 15:55)

Dat Jesus begrawe is, het sy volgelinge daardie eerste dae met groot hartseer en wanhoop vervul. Maar vir ons hou dit net blydskap in. Want die graf is die straf op ons sonde … maar selfs hierdie uiterste straf het Jesus gewillig op Hom geneem. Hy het die ryk van die dood betree, namens ons.  LEES VERDER

Ses voet is te vlak

“Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie” (Joh 11:25-26).

Die Apostoliese Geloofsbelydenis wil nie ’n greintjie twyfel laat oor die werklike, liggaamlike dood van Jesus nie. Daarom voeg ons ná “gekruisig is” nie net die woorde “gesterf het” by nie, maar ook “en begrawe is”. Waarmee ons sê: So ernstig het God die wêreld, die sondige wêreld, opgeneem dat Hy sy Seun in die graf laat neerlê het. So het Hy die verderf van die wêreld in sy uiterste konsekwensie betree. Skynbaar gaan alles hier onder, ook die reddingsdaad van God. Tot onder in die graf.  LEES VERDER

Hoogste troef

Die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe (Rom 6:23).

Die dood is ’n vyand. ’n Mens sou selfs kon sê: ons grootste vyand. Een teen wie ons almal in elk geval uiteindelik die stryd gewonne moet gee. Die dood wen altyd. Want dis die tweelingboetie van die sonde, en: “Die loon wat die sonde gee, is die dood” (Rom 6:23).

In sy bekende gedig “Skoppensboer” noem Eugene Marais die dood “die hoogste troef”. LEES VERDER

Een vir almal

Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie (Rom 3:12).

Christus se kruisdood het ’n hele paar sake duideliker gemaak as wat dit ooit tevore was. Een daarvan is die radikale verlorenheid van die mense, ’n grondige sondigheid. Daarom het die redding van so ’n wêreld so ’n verskriklike prys gekos.

Karl Barth, die bekende teoloog, het gesê: “Net omdat Christus moes sterf, moet ons aanvaar dat die hele wêreld doemwaardig is voor God.” Nêrens blyk dit duideliker as op Golgota nie. Nêrens word die donker dieptes van ons opstandigheid, ons ongehoorsaamheid, ons afvalligheid van God so skerp in die lig gestel as wanneer dit oor die land rondom Golgota donker word nie (Matt 27:45).  LEES VERDER

Die hemel is oop

Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur (Matt 27:51).

Jesus het soos enige ander mens gesterf. Hy het opgehou asemhaal. Sy hart het gaan staan. Die dood het ingetree. Uit die wond in sy sy het bloed en water gekom, ’n teken dat Hy werklik dood was (Joh 19:34).

En tog was sy dood anders. Hy sterf nie soos ’n tragiese held nie. Sy dood bevestig nie maar net die verganklikheid van alles nie. Nee, Hy sterf as Messias, as Middelaar.  LEES VERDER

Die dood van God

Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas (Matt 27:50).

’n Mens sou verwag dat die geloofsbelydenis oor die lyding van Jesus moes eindig met die woorde “gekruisig is”. Want wat kan daar meer gesê word as dit? Die gedagte aan die dood, die werklikheid daarvan, sit tog reeds opgesluit in die woord kruis. Hieroor kan niemand twyfel nie. Maar die vroeë Christelike kerk wou die werklikheid van die plaasvervangende karakter van Jesus se dood so sterk beklemtoon dat hulle bygevoeg het: “gesterf het”.  LEES VERDER

Die Bose se blus is uit

“Ek het die Satan soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val” (Luk 10:18).

Wat op Golgota gebeur het, het vir die wêreld gelyk soos ’n oorwinning vir die Bose. Want is die Seun van God dan nie hier gedood nie? Is sy boodskap dan nie hier in sy bloed versmoor nie? Wat kan tog ’n groter neerlaag wees as … die dood?

En tog het dit maar net so gelyk. Want uit die skynbare neerlaag kom die oorwinning! Benewens die objektiewe en subjektiewe sy van die gebeure op Golgota (dit wil sê, dat Christus vir my gesterf het, en dat ek dit moet glo) is daar ook die element van die triomf oor die Bose. Deur die optrede van Jesus het die Satan soos ’n weerligstraal uit die hemel geval (Luk 1:18), is hy van sy (gewaande) troon gestoot.  LEES VERDER

Kris-kras aan die kruis

Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense (1 Kor 1:25).

Ons het ’n paar dae gelede (Woensdag 12 Junie) gesien dat ’n mens die wesenlike boodskap van die kruis slegs op een van twee maniere kan verstaan: óf dit is vir jou onsin óf dit is vir jou die krag van God wat jou red (1 Kor 1:18). Alles hang dus af van hoe jy die kruis sien.  LEES VERDER

Vervloekte Verlosser

“Vervloek is elkeen wat aan ’n hout opgehang is” (Gal 3:13).

Elke faset van Jesus se kruisdood onderstreep die diepte van die lyding wat Hy moes deurmaak. Die aspek wat ons as mense miskien die maklikste kan begryp, is die menslik-biologiese sy. Die kruisdood was een van die wreedste metodes van Romeinse teregstelling. Ondraaglik vir enige menslike liggaam. ’n Uitgerekte, folterende dood deur spierspasma en versmoring, bloedverlies en skok weens pyn.  LEES VERDER

Nog gebede, nog geween

En die bloed van Jesus, sy Seun, (reinig) ons van elke sonde (1 Joh 1:7).

Jesus se bloed het gevloei om ons sondes af te was. Dit is so. Dit staan vas. Hoe tragies dus dat ons dit so dikwels nie aanvaar nie; nie daaruit wil leef nie. Dat ons kies om eerder te vertrou op ons prestasies, ons goeie werke, ons ervarings of gevoelens. Net om te ontdek dat dit so wisselend en onstandvastig is soos die wolke in die lug …

Nee, slegs die bloed van Jesus reinig ons van elke sonde (1 Joh 1:7). Dit verwoord vers twee van Lied 239 so mooi: “En ek self – wat kan en doen om my sonde te versoen? Sou my hart met ywer gloei, sou my trane ewig vloei – nóg gebede, nóg geween kan my red, Heer; U alleen.”  LEES VERDER

1 2 3 12