Herken jy jouself?

Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Daardie man van wie julle praat, ken ek nie” (Markus 14:71).

Hoe ons, net soos Petrus, ons geloof kan verloor en Jesus faal, word ontstellend in ‘n gedig “Verloëning” uitgedruk.

vanaand staan ék weer by die vuur,
skrik op van die ontstelde vraag:
jy is tog een van die span?
Lees verder>>

Hy gee ons nooit prys nie

Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal almal van My afvallig word … Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruit gaan na Galilea toe” (Markus 14:27-28).

Die tekste vir dié week, te wete Markus 14 en 15, voer ons in die herinnering terug na die lydensweg van Jesus – ‘n pad wat eindig met sy teregstelling en sy tragiese dood aan die kruis.

Veral Markus 14 het ‘n interessante en troosvolle patroon.

Aan die een kant val die lig in die hoofstuk toenemend op die dissipels se vrees en ontrou. Eers faal al twaalf om sáám met Hom in Getsemane te waak (Mark 14:32-42). Dan verraai Judas Hom (Mark 14:44-46). En wanneer Jesus gevange geneem word, hardloop die meeste weg (Mark 14:50). Selfs die hardnekkigste volgeling, Petrus, laat Jesus uiteindelik in die steek (Mark 14:66-72). Lees verder>>

‘n Verwaarloosde dimensie

Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal (Galasiërs 5:25).

Dié week vertel ‘n vrou van haar ervarings in Indië en hoe sy met één oorweldigende indruk teruggekeer het.

Dit is dat God ín ons is.

Dié indruk of uitspraak bevat natuurlik gevare. Dit kan maklik daartoe lei dat ons subjektiewe ervarings, ons wense en drome, gelyk gestel en selfs verwar word met die werk van God.

En God is tog altyd groter as dít. Lees verder>>

God se stem in die Bybel

So sê die Here: Ek sal die lot van Jakob se woonplekke verander (Jeremia 30:18).

Volgens die Gereformeerde tradisie, bly God se woord, dit wat God sê, die belangrikste medium waardeur God ons as mense ontmoet en aan ons kenbaar word.

Oor en oor hoor ons byvoorbeeld hierdie refrein in Jeremia 30-31: “So sê die Here!”

Hierdie woord van God kan, net soos in die dae van Israel, natuurlik direk na ons toe kom. Presies soos die bekende Amerikaanse prediker, Peter Marshall, op ‘n keer ervaar het. Lees verder>>

God ontmoet ons in die ander

So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God (Efesiërs 4:13).

Nog ‘n plek waar volgens die Bybel die God van Christus bekend word, is deur ander mense – spesifiek hulle wat ons pad kruis en ons nodig het.

Duidelik sê Jesus dit in Matteus 25:31-46 – waar ons barmhartigheid aan die hongeriges, die beklemdes en die siekes bewys, is dit so goed of ons dit aan Jesus persoonlik doen. Die filosoof, AE Loen, sê tereg dat hierdie uitspraak van Jesus dit vir ons byna prakties onmoontlik maak om die God van die armes op die paaie van die lewe te ontduik. Lees verder>>

Af te lees in die skepping

Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is (Romeine 1:20).

Vir die Bybel is die kennis van God nie iets wat ons in ons verbeelding optower of uit onsself kan voortbring nie.

Dit kóm na ons toe. Dit word gegéé. Dit is die resultaat van die wonderlike waarheid en ontdekking dat dit God is wat God met mense bemoei en aan hulle bekend maak. Dit wil sê, God openbaar of onthul God self.

Hierdie openbaring of onthulling van God aan mense lê op verskillende vlakke. Lees meer>>

‘n Vraag om mee besig te bly

Moet tog nie ver van my af bly nie, o God (Psalm 71:12).

Die afgelope week kuier ek saam met ‘n kollega en sy vrou uit die Noorde.

‘n Vriendin van hulle is saam. Sy is ‘n kliniese sielkundige wat hulle vroeër jare op ’n toer na Indië ontmoet het.

Ons kuier lekker en praat oor allerlei – onder andere oor die toer en hulle ervarings daar. Ook oor wat hulle alles van dié land se godsdiens geleer het. Lees verder>>

Oor die ding in die riete

Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê (Johannes 3:14-15).

Die opdrag van God aan Moses in Numeri 21:8 om as redmiddel vir Israel ‘n koperslang te maak en dit op ‘n paal te sit, doen vreemd aan.

Nóg vreemder is wanneer Jesus in Johannes 3 dieselfde storie gebruik om die unieke aard van sy verlossings- of reddingswerk te illustreer. Byna asof Hy dieselfde rol as die slang van Numeri 21 vervul.

‘n Bietjie agtergrond sal hier kan help. Lees verder>>

Die gróót waarheid

Toe het die Here geantwoord: “Ek vergewe hulle, soos jy gevra het.” (Numeri 14:20).

In die boek Numeri hoor ons dit: So voortdurend en knaend soos Israel kla en sug, net so gereeld en knaend keer God terug om hulle by te staan en te red.

Dit blyk veral wanneer die volk hulle eie dwaasheid en sonde genadiglik besef. En Moses boonop vir hulle intree (Num 14:13-20, Num 21:7-9).

In dié opsig is dit byna asof God sy volk se ongeduld en ondankbaarheid telkens met sy geduldige liefde en trou kom oortroef, met sy onvoorwaardelike vergifnis en barmhartigheid. Lees verder>>

Soos iemand wat die boerpot gewen het

Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg (Filippense 4:18).

Dit is tog interessant om te sien waaroor Israel alles in die woestyn gekla het.

Behalwe vir Moses en Aäron se leierskap, was dit veral die gebrek aan lekker kos.

Hoor net hoe neul hulle: “Hier is nie brood en water nie. En ons is sat vir hierdie slegte kos” (Num 21:5).

‘n Rukkie vroeër spel hulle dit nog meer pertinent uit: “As ons tog net vleis gehad het om te eet! Ons onthou nog die vis wat ons in Egipte verniet kon eet, ook die komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel. Maar nou wurg ons. Daar is niks behalwe hierdie manna voor ons nie!” (Num 11:4-6). Lees verder>>

1 11 12 13 14