Skuldige Onskuldige

Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder ’n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas (Matt 27:24).

Met die noem van Pilatus se naam in die Apostoliese Geloofsbelydenis kom ons ook te staan binne die wêreld van die regspraak, dit wil sê, van skuld en onskuld. Pilatus was immers ’n regter, van wie se beslissing die “skuld” of “onskuld” van Jesus afgehang het. Om hieroor uitspraak te lewer het die Jode Jesus juis na hom verwys. Lees Verder>>

Posted in Mei

Wêreldwye liefde

Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood (Rom 1:16).

Dat Pilatus se naam in die geloofsbelydenis ingesluit is, onderstreep nie alleen die historisiteit van Jesus se lyding nie, maar ook die universaliteit daarvan.

Jesus sterf nie alleen in diepte, dit wil sê, binne-in die verskriklike sondigheid van die geskiedenis nie, maar ook in wydte, dit wil sê, vir almal wat deel vorm van hierdie geskiedenis, vir alle mense. Pilatus was immers nie ’n Jood nie, maar ’n heiden. Dit is vir ons ’n klinkklare aanduiding dat die lyding en sterwe van Jesus nie net binne die ruimte van die Joodse volk afspeel nie, maar ook binne die ruimte van die wêreld wat deur Hom verlos word. Lees Verder>>

Posted in Mei

Dood-ernstig

Van twaalfuur af het daar duisternis oor die hele land gekom, en dit het tot drie-uur geduur (Matt 27:45).

Maria is die eerste gewone mens wie se naam ons in die Apostoliese Geloofsbelydenis hoor. Die tweede is dié van Pontius Pilatus. Ons kan nog ’n mate van begrip hê vir die insluiting van Maria se naam. Sy was immers Jesus se aardse moeder. Maar Pontius Pilatus s’n stuit ons voluit teen die bors. Hy was tog ’n wrede, wêreldse regter, die een wat die finale sê gehad het oor die lewe of dood van Jesus Christus. Wat soek hý in die belydenis?

En tog hoort Pilatus in die belydenis. Die eerste rede daarvoor is dat sy naam, soos Maria s’n, wys op die historiese werklikheid van Jesus se lewe en lyding. Jesus ly immers nie vir engele nie, maar vir mense, vir my en jou. Wanneer Hy sterf, is dit om drie-uur die middag (Matt 27:46, 50); dus op ’n gegewe tydstip in die geskiedenis. Die naam van die Romein Pilatus, van 26 tot 36 nC goewerneur van die provinsies Judea en Samaria in Palestina, herinner ons dat die Man wat hy ter dood veroordeel het, se kruis nie geplant gestaan het in ’n sondelose sone van die heelal nie, maar op aarde, in die geskiedenis van hierdie wrede, woeste wêreld. Lees Verder>>

Posted in Mei

Onder die skalpel

God (het) deur Christus die wêreld met Homself versoen en die mense hulle oortredinge nie toegereken nie (2 Kor 5:19).

Die lyding van Jesus het ook ’n horisontale dimensie. Dit sluit in dat Hy nie alleen vanweë God se toorn gely het nie, maar ook namens die ganse mensdom.

Jesus se lyding was plaasvervangend. Hy het in my plek gely, ter wille van my … vir alle mense. Paulus se woorde in 2 Korintiërs 5:19 bevat ’n treffende vervlegting van hierdie vertikale en horisontale dimensies. Hy skryf: “Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie.”

God het deur Christus die wêreld met Homself versoen! Continue reading

Posted in Mei

Onder God se weerligafleier

“My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt 27:46).

Om iets van die lyding van Jesus te begryp, moet ’n mens begryp dat dit ’n vertikale en ’n horisontale dimensie het.

Die vertikale aspek van Jesus se lyding het daarmee te doen dat Hy ly weens die toorn van God oor die sonde. Ja, dit was niemand anders nie as God, die Vader, wat Jesus, die Seun, laat ly het. Daarom is dit dat Jesus op die dieptepunt van sy lyding aan die kruis gevoel het dat ook God Hom verlaat het, en Hy roep uit: “My God, my God, waarom …?” (Matt 27:46). Die volle betekenis van hierdie woorde sal ons menslike verstand seker nooit kan ontrafel nie. Wat moet dit alles van Jesus gevra het? Dat Hy, wat waarlik God is, van God verlate was? Hier pas dit ons om te swyg … en net dankbaar in aanbidding te buig. Want al wat ons hiervan kan begryp, is dat Jesus gely en gesterf het weens die oordeel van God oor die sonde … sodat ons, sondaars, hierdie oordeel kan vryspring. Lees Verder>>

Posted in Mei

Vir my

Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis (Fil 2:8).

As Christene weet ons dat Jesus “vir ons gely het”. Maar ons dink meestal sy lyding het eers teen die einde van sy lewe begin en ’n hoogtepunt op Golgota bereik. Natuurlik het Hy daar op ’n besonder intense manier gely. Maar sy hele lewe, van geboorte tot sterwe, was een massiewe stuk lyding. Net die feit dat Hy uit die hemel moes kom, dat Hy sy heerlikheid moes prysgee, was reeds ’n stuk matelose vernedering en lyding. Die bekende woorde in Filippense 2:6-8 stel dit onvergelyklik: “Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.” Lees Verder>>

Posted in Mei

God se sorg

“… behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes” (Luk 1:53).

Wanneer Maria in haar Magnificat sing oor die ontferming van God, oor sy troue vervulling van sy beloftes (Luk 1:46-56), kom die vraag op:

Wie is dit eintlik oor wie Hy Hom ontferm en aan wie vervul Hy sy beloftes? Die verrassende antwoord? Nie die vooraanstaandes en die verdienstelikes nie, maar die geringes en die behoeftiges (v 52-53)!

Wanneer Maria in haar loflied van hierdie mense praat, bedoel sy waarskynlik in die eerste plek mense wat in konkrete noodsituasies verkeer; mense wat werklik verlang na hulp, wat verstote voel, eensaam en beproef. Hulle is immers die mense wat veral weet dat hulle hulleself nie kan help nie. Dit is hulle wat besef dat hulp alleen van die Here kom, en Hom daarvoor eer (v 50). Lees Verder>>

Posted in Mei

God se trou

“Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming” (Luk 1:54).

Ons het gister nagedink oor die ontferming van God waarvan Maria in haar lofsang sing (Luk 1:50). Hierdie eienskap van God het alles te make met sy trou. ’n Mens sou die begrip ontferming ook kon vertaal met “trou”, “verbondstrou”, “ontfermende getrouheid” of “getroue ontferming”.

Maria het God uit haar geloofservaring só leer ken, maar sy het dit ook geweet uit die ervaring van haar voorgeslagte waarvan sy gehoor het. Van geslag tot geslag, het hulle getuig, bly Hy getrou (v 50). God het “gedink” aan die beloftes van ontferming wat Hy aan die voorvaders gemaak het; aan Abraham en sy nageslag, tot in ewigheid (v 54-55). Dié beloftes het God gestand gedoen. Want Hy is nie vergeetagtig nie. Hy het sy volk, en daarom ook vir ons, nooit in die steek gelaat nie. Sy trou laat Hom onthou. Lees Verder>>

Posted in Mei

God se hartklop

“Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer” (Luk 1:50).

In die tweede deel van Maria se loflied bely sy wie die God is wat groot dinge aan haar gedoen het (Luk 1:49-50). Want geloof sluit nie net ’n persoonlike oortuiging in nie, maar veral ’n oortuiging oor wie en hoe God is.

Maria sê God is die God van ontferming (v 50). En sy voeg by dat hierdie ontferming “van geslag tot geslag” duur, dit wil sê, dit word nie gestuit deur die ongehoorsaamheid van mense en die weerbarstigheid van hulle harte nie. Dit gaan voort deur die geskiedenis. Lees Verder>>

Posted in Mei

Maria se Magnificat

“Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het” (Luk 1:48-49).

Nêrens blyk die geloofsgesindheid van Maria duideliker as in haar loflied tot die Here nie (Luk 1:46-56). In hierdie lied sing sy oor wat God gedoen het, oor sy grootheid. Vandaar die tradisionele naam Magnificat – geneem uit die Latynse woorde waarmee die lied begin: Magnificat anima mea Dominum (“My siel maak die Here groot”). Daar is soveel treffende momente in hierdie lied. Die eerste is die persoonlike belydenis dat God na haar in haar geringheid omgesien het, dat Hy aan haar groot dinge gedoen het (v 48-49). God wat die Magtige is (v 49), het hierdie mens, Maria, raakgesien! Lees Verder>>

Posted in Mei
1 2 3 13