Die kruisdraer, Maria

“’n Swaard sal deur jou siel gaan” (Luk 2:35).

Uit reaksie op die oorwaardering van Maria wat in sommige kerklike tradisies bestaan, kan ons as Protestante maklik verval in ’n onderwaardering van hierdie besonderse vrou. Die Katolieke verwyt ons juis dat “die vrou van Martin Luther vir Protestante belangriker is as die moeder van Jesus”. Dié aanklag moet ernstig opgeneem word.

Daar is goeie en belangrike redes waarom Maria in die Skrif en die geloofsbelydenis vermeld word. Sy is onder andere ’n voorbeeld van ’n gelowige wat op ’n besonderse wyse moes leer dat geloof in Jesus ’n prys vra, opoffering vra, kruisdra impliseer. Heel aan die begin van die geskiedenis hoor sy al dat ’n swaard deur haar siel sou gaan (Luk 2:35). Lees Verder>>

Posted in Mei

Die mens, Maria

“Ek is tot beskikking van die Here” (Luk 1:38).

Die feit dat Maria se naam in die geloofsbelydenis genoem word, kan ’n mens maklik in die versoeking bring om haar te vereer, selfs as ’n goddelike wese, want as moeder van Jesus kan sy tog darem nie ’n mens soos ons wees nie. Ons ken die siening van sommige kerklike tradisies hieroor: Hulle beskou Maria in die ware sin van die woord as “Moeder van God”, sê dat sy ewigdurende maagdelikheid besit het, onbevlek ontvang is, liggaamlik na die hemel opgevaar het, ensovoorts. So gesien, word Maria later ’n medeverlosser. En dit kan tog nie, want “daar is immers net een … Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Tim 2:5). “Hy bring die verlossing en niemand anders nie” (Hand 4:12). Lees Verder>>

Posted in Mei

Goeie nuus

… Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word (Matt 1:16).

Ook oor die naam van Maria in die geloofsbelydenis lig party mense die wenkbroue. Die eerste deel van die Christelike belydenis handel tog oor God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde; oor Jesus wat die eniggebore Seun van God en waarlik God is. Hoort die naam van ’n blote mens dan hier?

Daar is goeie redes waarom Maria se naam genoem word. Dit wil onder meer die historisiteit van die geboorte van Jesus onderstreep. Dit wil sê: Jesus was waarlik mens. Hier op die aarde. Hy is hier uit ’n vrou gebore – een in ’n lang ry geslagte: Seun van Maria, en so Seun van Dawid en Seun van Abraham (Matt 1:1). Dit is goed dat dit so is. Want nou word ons geloof nie vasgemaak aan ’n blote teorie of ’n wonderlike idee nie. Dis nie iets abstraks nie. Ons geloof is gerig op ’n Persoon, waarlik God maar ook waarlik mens, gebore as ’n kind met hande, voete, oë, mond en ore – en ’n ma. Hy het ’n geboortedatum en ’n sterfdatum – ’n geskiedenis. Lees Verder>>

Posted in Mei

Biddende hande

“Niks is vir God onmoontlik nie” (Luk 1:37).

Iemand het eendag gesê dat hy Sondae, wanneer hy met die geloofsbelydenis moet nasê dat Jesus uit ’n maagd gebore is, sy vingers agter sy rug kruis in die hoop dat dit wel waar is. Want is dit dan hoegenaamd biologies moontlik dat ’n maagd geboorte kan skenk aan ’n kind? Dit druis tog in teen die wette van die natuur, wat immers ook deur God daargestel is? Ander beweer egter dat so ’n geboorte wel biologies en wetenskaplik heel moontlik en haalbaar is – dus kan ons dit maar glo! Lees Verder>>

Posted in Mei

’n Paar ou skoene

Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie (Ps 138:8).

God skryf nooit sy skepping af nie. Al het die mens dinge daarop so verkeerd laat loop. Hy bly vir altyd getrou (Ps 146:6). En, soos Psalm 138:8 sê, Hy laat nie die werk van sy hande vaar nie.

God maak nie met die skepping soos ’n mens met ’n paar ou skoene maak nie. Dit word weggegooi en ’n nuwe paar aangeskaf. Maar God maak die skepping nuut, die skepping soos ons dit ken; dieselfde skepping wat die wonde van die sonde dra, word uit die verderf bevry. Daarom moet ons eerder praat van herskepping (recreatio) as van ’n totaal nuwe skepping (nova creatio). Lees Verder>>

Posted in Mei

Kroon van die dood

“Hierdie Kindjie is bestem tot … ’n teken wat weerspreek sal word” (Luk 2:34).

Jesus is nie gebore net ter wille van die wonder van die geboorte self nie: God in die gestalte van ’n mensekindjie! Dit is reeds te wonderlik om te verwoord. Maar daar is ook ’n dieper dimensie waarby ons dikwels verbykyk. Jesus is ook gebore om te sterf. Hy is ’n teken wat deur baie weerspreek sou word (Luk 2:34), tot die dood toe. Van die begin af was dit in Jesus se aardse lewe ’n werklikheid. Lees Verder>>

Posted in Mei

God in doeke

… sodat ons blydskap volkome kan wees (1 Joh 1:4).

Een Kersseisoen het ’n vrou drie kinders voor ’n vrolike winkelvenster sien staan. Twee was opgewonde aan die babbel. Die middelste enetjie het doodstil gestaan, neusie platgedruk teen die glasruit.

Toe sien die vrou die middelste kind is blind. Die ander twee was besig om vir haar te vertel van die wonderlike dinge in die venster: die boompies en die liggies, die poppe en die treintjies. Die blinde kind kon die wondervenster net deur die oë van haar maats beleef. Lees Verder>>

Posted in Mei

Kyk in die krip

Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak (1 Joh 1:1).

Lank voordat die Amerikaners Neil Armstrong en Edwin Aldrin met die maantuig Eagle op die maanoppervlak geland het, het die Russe vir Juri Gargarin in ’n wentelbaan om die aarde geplaas. Toe hy terugkeer van sy epiese reis, was sy siniese opmerking in ’n personderhoud dat hy nie vir God daarbo gesien het nie. Hy het oral gesoek, het hy gesê, maar net hemelliggame en leë ruimte gesien. Geen God nie. Daarom, meen hy, is daar geen God nie. Lees Verder>>

Posted in Mei

Een tree … die dood in

Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes (Matt 2:1).

In 1969, toe die eerste mense na die maan gestuur is, het Richard Nixon, die destydse Amerikaanse president, gesê dit is sekerlik die grootste enkele gebeurtenis in die geskiedenis van die mensdom, voorafgegaan deur die grootste week in die geskiedenis. “’n Week gekenmerk deur ongelooflike tegnologiese prestasies, menslike vernuf en mannemoed,” het hy dit genoem. ’n Mens kan begrip hê vir sy opgewondenheid. Ook Neil Armstrong, die eerste ruimtevaarder wat sy voet op die maan gesit het, het uiting gegee aan die grootsheid van hierdie geleentheid in sy bekende woorde: “One small step for man, one giant leap for mankind!” Lees Verder>>

Posted in Mei

Op of af?

Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn (Tit 2:11).

Wat is die verskil tussen die Christelike godsdiens en alle ander godsdienste van die wêreld? Waarom meen Christene dat Jode of Moslems byvoorbeeld nie op grond van hulle geloof gered word nie? Is dit enigsins nodig om mense van ander godsdienste te probeer oorhaal om in Christus te glo? Wat maak die Christelike geloof uniek? Wat is die spesifieke, die uitsonderlike van ons geloof? Dít waarvan Christene andersdenkendes so graag wil oortuig? Lees Verder>>

Posted in Mei
1 2 3 4 13