Kom sit ’n bietjie hand by

So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood (Jak 2:26).

Wanneer die Heilige Gees werk, skakel Hy ons nie uit nie. Hy maak ons juis medewerkers in diens van God (1 Kor 3:9).

’n Mens kan dit met ’n eenvoudige beeld probeer verduidelik. ’n Buksie van ’n seuntjie dra sy pa se reistas. “Kyk, Mamma, ek dra Pappa se tas!” roep hy opgewonde uit toe hy saam met sy pa na die motor toe stap. Sy ma glimlag, want bo-oor die seuntjie se hand is dié van sy pa, sterk en tog teer, terwyl hý eintlik die tas dra …

Só werk die Gees. Dit is Hý wat die tas dra. En tog mag ons hand bysit, nee, móét ons hand bysit omdat dit aan God die Gees oneindige vreugde gee. Die Gees laat ons dra, laat ons werk, laat ons ons inspan. Tog weet ons dat ons eintlik gedra word, dat daar vir ons gewerk en vir ons ingespan word … LEES VERDER>>

Die Gees en ons

Die Heilige Gees en ons het besluit … (Hand 15:28).

Die verstommende feit is dat die Heilige Gees ons nie net sy woonplek maak nie, maar ook sy werkplek. Hy bewerk ’n hele reeks dinge in ons en vir ons: roeping, weergeboorte, geloof, bekering, regverdigmaking, heiligmaking en verheerliking. Dat Hy ons saamneem op hierdie heerlike heilsweg is net genade. Aan wat Hy doen, kan ons immers niks toevoeg nie.

En tog sit die Gees ons ook aan die werk! LEES VERDER>>

Ek, onwillige huisgenoot

Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal (Gal 5:25).

Wanneer ons bely dat God deur sy Gees in ons woon, beteken dit nie ons en God word nou op die een of ander mistieke manier een nie. Nee, God bly steeds God, en mense bly nog mense. Ons word nie een nie, maar bly twee. Van Ruler sê dit is ’n egte inwoning.

En, soos dit met alle inwoning of losie gaan (in elk geval waar mense by betrokke is), bring dit sy kwota rusie en stryd mee. Paulus noem dit die stryd van ons sondige natuur teen die Gees. Hy sê: “Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar.” Dan maak hy hierdie belangrike afleiding: “Daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie” (Gal. 5:17) en gee hierdie raad: “Ons lewe deur die Gees, laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal” (5:25).

Watter oneindige geduld het die Gees nie met ons nie! En hoe dikwels bedroef ons Hom nie. Hoe dikwels laat ons nie toe dat die sondige natuur ons gedrag bepaal nie. Hierdie wete dat God die Gees dit met ons uithou – al is ons sondige en onwillige “huis”-genote – behoort drie reaksies by ons te ontlok:

Eerstens, dankbaarheid teenoor God. Tweedens, groter ongeduld met my ons sonde. Derdens, meer geduld met ander mense, met ander sondige en onwillige huisgenote van die Gees!

Hierdie driepunt-ingesteldheid is goed vir jou hele lewe. Begin dan vandag nog …

Ons word nie een nie, maar bly twee. God bly nog God en mens bly nog mens.

Heilige Gees, ek veroorsaak dikwels die huismoles. Heilig my nogtans. Amen.

Johan Cilliers

Woonplek vir God

Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? (1 Kor 6:19).

As ons sê: “Ek glo in die Heilige Gees,” bely ons daar is ’n allerintiemste verhouding tussen ons en Hom. Hy is immers ín ons! Van God die Vader kan ons sê: God is vír ons (Rom 8:31). Van God die Seun weet ons: God is bý ons (Matt 1:23). Van die Heilige Gees kan ons nou byvoeg: God is ín ons!

Dit is ’n oorweldigende gedagte: Deur sy Gees het God in mense – ook in ons – sy woonplek gemaak. Let weI, dit is nie maar net ’n ietsie van God wat in ons is nie. Dit is ook nie iets goddelik wat God in ons ingeskep het nie. Dit is God, die ware en volle God self, wat deur sy Gees in ons aanwesig is! Sien jy hoe ontsettend baie sê hierdie kort en bondige belydenis werklik?

Vir ons om te verstaan wat die “inwoning” van die Gees regtig beteken, is natuurlik baie moeilik. Ons moet altyd onthou dat die Bybel die onbeskryflikheid van God se wese maar altyd in ontoereikende menslike taal en beelde moet probeer uitdruk. Miskien moet ons in elk geval nie in aardse terme oor die woorde “woon in ons hart” (Ef 3:17) nadink nie. Dit is ’n geloofsaak. Wat ons weI weet, is dat hierdie inwoning tot ons heil is, dat dit ons red, heilig en verheerlik … Dit sê veral vir ons dat ons vir God so belangrik is dat Hy ons sy woonplek maak. Ons liggame is ’n tempel van sy Gees (1 Kor 6:19). Waarlik, wie die ses woorde “Ek glo in die Heilige Gees” bely, kan nie ’n minderwaardigheidskompleks hê nie.

Maar sê nou jy voel vandag nikswerd en minderwaardig? Sê dan die woorde van die Apostoliese Geloofsbelydenis weer en weer. En glo dit.

Wie die Heilige Gees bely, sal nie ’n minderwaardigheidskompleks hê nie.

Gees, U woon in my. Wonderlik! Wonderbaarlik! Amen.

Johan Cilliers

Voortgaande vervulling

Laat die Gees julle vervul (Ef 5:18).

Oor die werk van die Heilige Gees is daar by baie mense verwarring. Hulle wonder en bespiegel oor die vraag: Wanneer ontvang ’n mens die Heilige Gees? En: Hoe weet ek dat ek wel die Heilige Gees ontvang het?

Daar is ’n paar beginsels waardeur ’n mens jou kan laat lei:

Eerstens, die drie Persone van die Drie-eenheid is een Wese. Dit beteken as jy vir Jesus ontvang het, dit wil sê, as jy in Hom glo, ontvang jy terselfdertyd die Vader en die Gees. Hierdie drie Persone kan nie geskei word nie. Daarom verduidelik Romeine 8:9 dit soos volg: “As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort Hy nie aan Christus nie.” Dit lyk dus onmoontlik dat ’n mens gered kan wees sonder om die Gees in jou te hê – sodat jy nog met Hom “vervul” moet word.

Tweedens, al het ons die Gees ontvang – en wel die “volle” Gees, en nie net ’n deel van Hom nie (Hy is immers ’n Persoon wat nie net gedeeltelik in jou kan woon nie) – beteken dit nie ons het nou volmaak geword of dat ons elke dag ten volle onder die heerskappy van die Gees leef nie. Die volle Gees is in ons, maar ons is nie altyd ten volle aan Hom gehoorsaam nie.

Daarom roep Paulus gelowiges op: “Laat die Gees julle vervul” (Ef 5:18). Die bedoeling met die woord vervul is dat die Gees al hoe meer, in elke ruimte van ons lewe, beheer sal oorneem. Dat ons al hoe voller sal word van die besef wat God in Christus van ons maak. Dit is iets wat elke dag, elke oomblik van ons lewe, moet plaasvind.

Derdens, dit alles is ’n saak van geloof. Glo dat die Gees in jou woon. Wy jou aan Hom toe. Glo dat Hy jou vervul. Leef vanuit hierdie geloof.

Die volle Gees is in ons, maar ons is nie altyd ten volle aan Hom gehoorsaam nie.

O Gees, vervul my weer en weer – tot die volheid van God. Amen.

Johan Cilliers

Die Gees is ’n Persoon

En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie (Ef 4:30).

Dink jy (ook) soms die Heilige Gees is nie regtig ’n Persoon soos die Vader en die Seun nie? Voel dit (ook) vir jou of Hy eintlik maar so ’n vae, ver en onpersoonlike Krag is? Baie gelowiges voel so. Hulle sê: Van die “persoonlikheid” van die Vader weet ons baie. Hy is liefdevol, genadig en barmhartig. Hy is “soos ’n vader”. Van die Persoon van die Seun weet ons veral baie. Hy was immers een van ons. Mense het Hom gesien en gehoor en aan Hom geraak toe Hy op aarde was. Maar die Gees? Die woord gees assosieer ons met ’n newelagtige invloed of ’n skim, met iets wat nie vorm aanneem nie, met iets wat sku bly, wat jy as spook sou kon vrees …

Maar so is die Gees nie!

Die Gees van God is ’n Persoon wat praat, luister, leiding gee, herinner en vermaan. Volgens Efesiërs 4:30 kan Hy selfs bedroef word. Die Gees is dus nie ’n krag soos elektrisiteit wat jy aan of af kan skakel nie. Hy is ’n Persoon – Iemand wat altyd by ons, in ons is!

Wat ’n wonderlike troos om te weet dat ons nooit alleen is nie. Daar is altyd Iemand by ons met wie ons kan praat, by wie ons leiding kan soek, en met wie ons ons vrese kan deel.

Miskien voel jy op hierdie oomblik baie eensaam. Dalk het jy geen familie nie en woon jy alleen. Dalk is jou vriende ook maar min. Miskien dink jy dat niemand jou verstaan nie. Luister dan hier: Daar is ’n Persoon by jou! Nou. Op hierdie oomblik. Hy luister en Hy verstaan. Praat met Hom. Hy verander verskriklike eensaamheid in heerlike tweesaamheid.

Die Gees verander verskriklike eensaamheid in heerlike tweesaamheid.

Heilige Gees, ek bedroef U so dikwels, met woorde, dade en gesindhede. Help my om U vandag te verbly. Amen.

Johan Cilliers

Wa voor die perde?

Ons lewe deur geloof, nie deur sien nie (2 Kor 5:7).

Nog ’n rede waarom die Apostoliese Geloofsbelydenis so kort en kragtig oor die Heilige Gees praat, is dat die gevaar van subjektiewe verwarring hier so groot is. Daarmee bedoel ek: Omdat die Heilige Gees op so ’n besonderse manier met en in mense werk, kan dit maklik gebeur – en gebeur dit inderdaad – dat mense later hulle geloof op hulle subjektiewe ervarings (“innerlike belewing”) van die Gees laat rus. Daarmee sê ek nie dat hierdie ervarings noodwendig oneg of verkeerd is nie. Natuurlik nie! Die Gees laat ons tog ook emosie ervaar.

Feit is, ons glo nie in hierdie ervarings nie; ons glo in die Gees. Om dus misverstand hieroor te voorkom, sê die geloofsbelydenis net: “Ek glo in die Heilige Gees.” Ook wat die Gees betref, moet ons sê: “Ons lewe deur geloof, nie deur sien nie” (2 Kor 5:7).

Hierdie saak is regtig baie belangrik. Daarom moet ons die volgende onderskeid goed verstaan:

Die Heilige Gees gee wel aan ons die heerlikste ervarings van God se genade en teenwoordigheid. Dit is sy werk. Maar hierdie ervarings gee nie aan ons die Gees nie! Ons geloof in Hom hoef daarom nie te wankel wanneer ons gaan deur tye wanneer die Gees skynbaar niks of min in ons lewe doen nie.

Ook dan werk Hy, want niks kan die Gees stuit nie. Ons moet net altyd versigtig wees om nie die “wa” van ervaring voor die “perdekrag” van die Gees in te span nie. Laat ons vandag die Heilige Gees vertrou. Met of sonder ervarings.

Die Gees gee aan ons ervaring, maar ervaring gee nie aan ons die Gees nie.

Gees van God, skenk aan my die geloof. Dit is genoeg. Amen.

Johan Cilliers

God help ons om God te ken

Dit doen die Here wat die Gees is (2 Kor 3:18).

Wanneer ons sê ons glo in die Heilige Gees, praat ons van die derde Persoon in die heilige Drie-eenheid. In vergelyking met die eerste deel van die Apostoliese Geloofsbelydenis, wat gaan oor God die Vader en God die Seun – die ander twee Persone van die Drie-eenheid – is hierdie artikel nogal baie kort. Dit lui kort en kragtig: “Ek glo in die Heilige Gees.”

Sou dit beteken ons weet minder van die Gees, of dat ons minder oor Hom moet sê? Of het die Gees dalk minder waarde as die Vader en die Seun in die Drie-eenheid? Natuurlik nie. Die Heilige Gees self is waarlik God en moet aanbid word. Maar ons vergeet dit dikwels en praat in ons gebede meestal met die Vader en die Seun. Dit is nie verkeerd nie, maar ons kan en moet die Heilige Gees ook as ware God aanbid. Die Here is die Gees! (2 Kor 3:18). Continue reading

Die storie begin

Ek het die sleutels van die dood en die doderyk (Op 1:18).

Wanneer ons sterf, is dit nie die einde van alles nie. Dit is eerder die begin.

Dit is nie net dié wat met Jesus se wederkoms nog lewe wat geoordeel sal word nie, maar ook dié wat reeds gesterf het. Wat ’n merkwaardige uitspraak! Want die dood lyk vir ons so finaal. Die doderyk so geslote. Kan die dooies dan daaruit gehaal word? Kan hulle voor die troon van God geplaas word? Ja! Want Christus het “die sleutels van die dood en die doderyk” (Op 1:18). Al die grafte van al die gestorwenes van al die eeue sal deur Hom ontsluit word! Ook myne en joune. Continue reading

Die laaste woord

Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit (Ps 2:4).

Die derde element van troos in die geloofsbelydenis se woorde dat Jesus sal oordeel oor dié wat nog lewe, is die gedagte dat álle mense wat nou leef, ook die magtiges en die vreesaanjaendes, aan die Here rekenskap sal moet gee van hulle doen en late. Hierdie woorde sou die vroeë kerk beslis aan die magtige Romeinse keiser laat dink het. Dalk het hierdie belydenis by baie van hulle opgekom terwyl hulle in die arenas voor die gillende skare op die leeus gewag het …

Feit is, die laaste woord in hierdie wêreld word nie gespreek deur dié wat die podiums van die politieke toneel vul nie. Die geskiedenis is nie bloot ’n reeks politieke skuiwe wat die magtiges op die skaakbord van die wêreld maak nie. Almal moet uiteindelik voor die troon van God verskyn. Aan Hom sal hulle rekenskap gee van hulle dade en motiewe en planne. Continue reading

1 2 3 10