Onbesorgdheid

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend (Fil 4:6).

By die blydskap en vriendelikheid (inskiklikheid) kom ’n derde kenmerk van Christelike hoop, naamlik onbesorgdheid. Paulus sê: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend” (Fil 4:6). Glad nie besorg nie? Nie in die sin van onverskillig en onverantwoordelik nie. Maar in die sin van nie angstig en besorg nie. LEES VERDER

Inskiklikheid

Wees inskiklik teenoor alle mense (Fil 4:5).

Die tweede riglyn wat Paulus vir ons gee oor die styl van ons Christelike hoop, is dat ons inskiklik sal wees teenoor alle mense (Fil 4:5). Dié eienskap kan ook vertaal word met vriendelikheid (sien die 1953-vertaling).

Die Griekse woord wat Paulus hier gebruik, dui letterlik op ’n sagtheid van hart, op ’n hart wat maklik vermurf, op gebrokenheid voor die Here. Dit verwys na die lewensingesteldheid van iemand wat weet dat hy of sy alleen uit die genade van die Here kan leef, en wat daarom ook ander mense uit hierdie genade wil laat leef. Dit verwys na mense wat die nabyheid van die Here só gesmaak het dat hulle ander dit ook gun. LEES VERDER

Die beste van die beste

So sal God alles wees vir alles (1 Kor 15:28).

Jesus se wederkoms hou ook ’n derde element van troos vir ons in: Die beste lê nog voor!

God red die wêreld as’t ware in fases. Elke keer maak Hy ’n enorme skuif op die skaakbord van die wêreld en bring ons só nader na die einde en die volle heerlikheid. So was dit met die roeping van Abraham, die vorming van die volk Israel, die koms van Christus en die uitstorting van die Heilige Gees. Met elke “beweging” het God voortgebou op sy verlossingswerk in die wêreld. En Hy sal dit alles voltooi op die dag wanneer Jesus weer kom. Dan sal God “alles vir alles” wees (1 Kor 15:28). Ja … LEES VERDER

Hy wat gekom het, is die Een wat wéér kom

“Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende” (Op 1:17-18).

Die tweede troos wat Jesus se wederkoms vir ons inhou, is dat die Een wat kom nie net aan ons bekend is nie; Hy is ook onkeerbaar. Hy kom gewis! Daarvan kan ons seker wees. Paulus bevestig dit in sy bekende woorde in Filippense 4:5: “Die Here is naby.”

Dieselfde Jesus wat in Betlehem gebore is en só naby aan ons gekom het, se tweede koms is naby. In die Bybel is daar nie altyd so ’n skerp onderskeid tussen die eerste en die tweede koms van Jesus nie. Alles vorm deel van die één groot koms van God, van “die dag van die Here”. LEES VERDER

Geen toe-oë-afspraak nie

“Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het” (Hand 1:11).

Om te weet dat Jesus weer kom, hou vir ons die diepste troos in. Die eerste rede waarom dit so is, is dat ons die Een wat weer kom, kén! Dit is immers dieselfde Jesus wat hemel toe opgeneem is wat net so sal terugkom (Hand 1:11).

Dit is nie ’n gesiglose mag wat na ons toe kom nie; dit is ’n Persoon: Jesus Christus. Hy is, met eerbied gesê, die stetoskoop wat God se hartklop van liefde vir ons kom hoorbaar maak het. Dit gee nie rede tot vrees nie, maar tot vreugde! LEES VERDER

Ek wil stil wees en op U wag

Here, hoor tog my gebed; laat my hulpkreet U bereik! Moet tog nie u gesig vir my verberg in my tyd van nood nie. Draai u oor na my in die tyd wanneer ek roep. Antwoord my gou (Psalm 102:2-3).

ʼn Ander manier om te leer om met volgehoue aandag voor die aangesig van God te leef, is om die gebede van ander gelowiges te gebruik.

En daar is talryke boeke wat ons hiermee kan help.

Jörg Zink, die Duitse teoloog, het reeds in 1970 sy Pad na gebed geskryf, ʼn boek waarin hy nie net praktiese leiding oor gebed gee nie, maar ook sekere gebede aanbied waarmee ons daagliks na God toe kan gaan. Een so ʼn gebed gaan oor die waarde van stilte en hoe dit ons kan help om te midde van ʼn veelheid aansprake tog God se stem te hoor. Lees Verder>>

ʼn Bron vir sin en rigting

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ʼn regte lewenswyse te kweek (2 Timoteus 3:16).

Tydens my jeugjare was daar meer as een manier waarop ons geloof gevorm en gevoed is.

Naas kerkgang was die belangrikste hiervan om die Bybel te leer ken, om selfs sekere Skrifgedeeltes te memoriseer. En om só, in pas met Psalm 1 se oproep (Ps 1:2), ons gedagtes gereeld in God se woord en wil te drenk. Lees Verder>>

Aandagafleibaar

Gelukkig is die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie … maar wat vreugde in die wet van die Here vind en sy wet dag en nag prewelend opsê (Psalm 1:1-2).

Aandagafleibaarheid is die term wat gebruik word wanneer mense toelaat dat hulle aandag gedurig rondspring sodat hulle sukkel om dit by een ding te bepaal.

Hoewel dit vandag algemeen as ʼn sielkundige gesteldheid aanvaar word, is die neiging daartoe natuurlik so oud soos die berge. Lees Verder>>

Die eerste plig van die liefde

Dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie (Jakobus 1:19).

Iemand het onlangs opgemerk dat ons in ʼn eeu van onvoltooide sinne leef.

Dit is waar – luister maar waar mense ontmoet en gesprek voer. Hoe hulle mekaar dikwels onbewustelik onderbreek, die ander opgewonde met hulle stories in die rede val, of onmiddellik raad begin aanbied. Sodat die ander nooit hulle sinne voltooi kry nie, maar net al hoe stiller word. Lees Verder>>

1 2 3 4 14