Die ewige hemel bokant ons

Laat my_skape wel. (Joh.21:17).

Daar is min dinge wat ‘n mens so in die grond kan druk as jou skuldgevoelens. Oor verkeerde dinge wat jy gedoen het en or goeie dinge wat jy nagelaat het … En hoe meer ‘n mens daaroor tob, hoe swaarder word die las! Tot dit later vir jou voel of jy nóóit we ruit dié put sal kom nie.

En tog kan jy! Jesus haal jou daaruit. Iemand wat eerstehands hiervan kan getuig, is Petrus. Hy het Jesus immers verloën (Luk. 22:54-62). Hoe swaar moet sy skuldgevoelens nie ge¬wees het nie! En tog hoor hy later uit die mond van hierdie selfde Jesus: “Laat my skape wei” (Joh. 21:17). Hy kry ‘n opdrag, wat net een ding kan beteken: Hy is in sy roeping herstel. Hy is vergewe!

Martin Luther het diep ond r die indruk van hierdie vergifnis gekom en dit só ver¬woord: “So dikwels soos jy die sonde voel, dikwels kan jy ook vergifnis van sonde voel. Vergifnis is nie ‘n wolk wat verbytrek nie; dit is ‘n ewige hemeloor ons.”

J a, ons is almal bewus van die swaar las van skuldgevoelens. Maar ons kan tegelyk iets anders voel – die volkome vergifnis van sondes! God het dit beloof, en dit in Jesus vir ons gegee. Dié geskenk v n vergifnis is so ruim en wyd, én so vas en seker soos die ewige h mel bokantons …

As jy vandag die las van sondes voel, kyk na die wolke. En verby … na die hemel. En weet:

God wat in dié hemel woon, het jou vergeef.

So dikwels as wat ilJ sonde floel, so dikwels kan ill fleriJifnis flan sonde floel.VeriJifnis is nie ‘n wolk wat iJ0′” flerblJiJaan ni,e, maar ‘n ewiiJJe hemeloor 0″‘5.

Here, vergewe mydateku vergifnis kleiner as die hemel wil dink, en in ‘n skuldhokkie in my hart wil pas.

 

Jesus is Koning

Verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig (2 Tim 4:2).

Omdat ons onsself ’n “Christelike” kerk noem, is dit vanselfsprekend dat ons sal bely dat Jesus Christus die Here is. Op alle moontlike tye en op alle plekke en in alle omstandighede. Selfs in tye van teëspoed.

Toe Handel sy bekende Messias-oratorium geskryf het, was hy siek en in ’n finansiële krisis. Sy regterarm en regtersy was verlam en feitlik nutteloos. Die pragtige “Hallelujakoor” het op ’n dag in ’n oogwink by hom opgekom. Hy het dit vinnig neergeskryf. Toe dit in 1743 die eerste keer in Londen uitgevoer is, het die volgende gebeur.

Toe die koor die refrein sing: “Die almagtige Here heers, Koning van die konings en Heer van die here,” het koning George II van Brittanje, die magtigste man van die magtigste land van daardie tyd, opgestaan. Die groot gehoor het sy voorbeeld gevolg. Daarmee het die koning en die gehoor erken: Jesus is Koning! Jesus is Here!

Tot vandag toe is dit die gebruik dat die gehoor opstaan wanneer die Hallelujakoor tydens ’n uitvoering van “Die Messias” gesing word.

Waarlik, ons moenie twyfel aan die krag van die evangelie nie. God wil jou ook as kanaal vir sy verlossingsboodskap gebruik. En al is ons belydenis nie so aangrypend en melodieus soos dié van Handel nie, gebruik die Here dit as ’n instrument waardeur sy heil tot by mense kom. “Ons verkondig nie onsself nie,” se Paulus in 2 Korintiërs 4:5, “maar Jesus Christus as die Here en ons as dienaars ter wille van Jesus.”

Moenie moedeloos word nie. Verkondig die Woord, en “hou daarmee vol, tydig en ontydig” (2 Tim 4:2).

God wil jou as kanaal vir sy verlossingsboodskap gebruik.

Jesus, al noot wat ek kan hou, is: Jesus is Here! Neem dit aan as my melodie. Amen.

Johan Cilliers

Mense kán verander

Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig (Ef 5:8).

Dorothee Sölle was ’n bekende Duitse teoloog. ’n Joernalis wat seker gewonder het oor die Christene se aanspraak dat Christus alles nuut maak, het eendag vir Sölle gevra: “Glo u werklik dat mense kan verander?”

Met “mense” het die joernalis nie supermense of heiliges of buitengewoon toegewydes bedoel nie, maar mense soos ons hulle ken, soos ons self ook maar is: sondig, dikwels onverbiddelik en onversetlik op ons gebaande weë … Kan sulke mense werklik verander? Wat van mense wat al jare lank alkoholiste is, of dwelmslawe, of onverskillige kerklosses, dalk totale Godloënaars? Glo ons regtig dat hulle lewe anders kan word? Kan ons ons eie boesemsondes, groot en klein, waaraan ons dikwels so krampagtig vasklou, aflê? LEES VERDER

Met God in die kelder

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle (1 Pet 5:7).

Daar is mense wat meen dat die Christelike geloof in ʼn hemelse Vader wat vir ons sorg en na ons gebede luister maar net ʼn projeksie van die menslike gees is, ʼn uitvloeisel van die menslike gemoed.

Hulle sê dit is wensdenkery. Omdat mense ʼn behoefte aan ʼn Vaderfiguur het, so word geredeneer, “skep” hulle iemand met wie hulle te eniger tyd en op enige plek kan praat. Een wat sterker as hulle is en alle probleme kan oplos waarmee mense nie raad weet nie. Lees Verder>>

ʼn Onontginde landskap

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ʼn regte lewenswyse te kweek (2 Timoteus 3:16).

ʼn Vriend wat weet, maak die ander dag met groot stelligheid en opgewondenheid die opmerking dat ons vasteland se minerale rykdomme oneindig is.

Boonop is baie daarvan nog glad nie gekarteer of ontgin nie. Lees Verder>>

Net twee reëls

“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee” (Eksodus 20:12).

Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe (Efesiërs 6:14).

ʼn Spesiale vriendin vertel onlangs tydens ʼn gesprek oor die opvoeding van haar kinders dat sy altyd net twee reëls gevolg en aan hulle voorgehou het.

Die eerste was dat hulle hulle ma te alle tye moes respekteer. Dit was haar oortuiging dat wie geleer het om hulle ma as die eerste vrou in hulle lewe te respekteer, dit makliker sou vind om daarna alle ander mense met respek en eerbied te behandel. Lees Verder>>

Dan maak God sy oë toe

As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek (Jesaja 1:15).

In Johannes 9 hoor ons die amper skokkende nuus dat God nie noodwendig luister na almal wat na God roep nie.

Tog, so lees ons in vers 31: “As iemand vir God ontsag het en doen wat God wil hê, dan luister God na so ʼn persoon.” Lees Verder>>

Vrede as konfronteer

“Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders’” (Matteus 5:9).

Die tweede Sondag van Advent is die Sondag van vrede.

Sagaria se loflied in Lukas 1:67-79 beskryf God se ingrype in die geboorte van Johannes. Johannes, die profeet wat Jesus se pad gelyk moes maak, dié Jesus wat gebore is om “lig te bring aan dié wat in die duisternis en die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede”. Lees Verder>>

Die diensmeisie van Emmaus

Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle (Lukas 24:29-30).

Velázquez (1599-1660), ʼn Spaanse digter, het in sy leeftyd ʼn aangrypende skildery van Jesus se besoek by die Emmausgangers gemaak.

Denise Levertov, ʼn digteres, sou later ook ʼn roerende gedig hieroor skryf.

Die skildery beeld ʼn diensmeisie van Moorse afkoms uit wat, terwyl die mans in die voorkamer vergader, ʼn maaltyd met iets te drinke vir hulle voorberei. Lees Verder>>

Ons kan kies

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word” (Matteus 9:9).

Ongeduld en aggressie kenmerk ons moderne samelewing.

Aggressie word trouens deur Amos Oz, die Joodse skrywer, as die groot euwel van ons dag beskryf.

Nie alleen is dit, volgens hom, die moeder van alle spanning en konflik tussen mense en volke nie. Dit begin boonop in die hart van die individu. Dáár word dit gebore en gekoester. Lees Verder>>

1 2