Daardie vrou, darem …

Lees Spreuke 31:10-31.

“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!” (v 29).

Só sluit die versamelaar van Spreuke sy bundel af. En dit nadat hy in enkele van die voorafgaande hoofstukke Wysheid aan die woord gestel het – as ’n vrou. Tog interessant, nie waar nie, in ’n samelewing soos destyds?

Nietemin. Hier word ’n vrou beskryf wat, so sê baie vroue wat ek ken, net te goed is om waar te wees. En, voeg hulle by, as iets te goed is om waar te wees, dan is dit te goed om waar te wees.

Hoe ook al, op sigself is dit ’n merkwaardige prentjie. Waar sou sy die tyd vir alles kry! sal baie sug. Die vreemdste is dat dit boonop lyk asof sy dit geniet! hyg ’n ander. Bestáán daar ooit so ’n vrou! gooi nog een haar hande in die lug.

Dit maak seker nie saak as dit bloot ’n ideaalbeeld is nie, en straks niks meer nie as ’n wenslysie in ’n manlik oorheerste same­lewing. Die vraag is dalk eerder: Wat op hierdie verbysterende lys pas by jou beeld van ’n knap vrou?

Toe, wat sê die manne? En die vroue?

H’m … Soveel hoofde, soveel sinne. Mý tiekie-se-mening kruip êrens in die middel weg tussen dié vrou se doen en praat, daar waar sy tot anderkant die bult sien. “Sy ken geen kommer oor die toekoms nie,” verklaar die samesteller van hierdie lys (v 25). In die 1933/53-vertaling word dit só gestel: “… sy lag oor die dag wat kom”.

Dit is daardie hoopvolle lag, die argeloosheid waarmee sy die toekoms in die oë kyk, wat haar buitengewoon maak. Dink ek. ’n Skitterende, navolgenswaardige voorbeeld vir almal met wie sy te doen kry.

Ek dank U, Here, dat U my seën met soveel vroue in my lewe wat my soveel hoop gee.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: