Die groot skare

Lees Hebreërs 12:1-3.

Hou Hom voor oë … (v 3).

Hierdie drie veelseggende verse volg regstreeks op hoofstuk 11, waar die name van die geloofshelde uit ’n vorige bedeling genoem word – meestal een na die ander, maar soms sommer ’n hele hand vol in een asem. Die “groot skare geloofsgetuies” (v 1) wat ons geloofsreis dophou.

Hulle het reeds hul reis voltooi, en nou laat die Hebreërskrywer hulle langs ons roete staan. Om ons te bemoedig? Sekerlik. Want, soos dit met ons die geval is, het ook hul geloofsreis nie altyd verloop langs ’n paadjie wat met rose besaai was nie. Hulle sal sê: Vasbyt, julle! Ons is daardeur en ons het aan die ander kant uitgekom. Ons het toe, ten spyte van alles, die wenstreep bereik.

Dit is grondige troos dié, want as ons hierdie geloofsgetuies een-een in die oë kyk, kan ons gerus moed skep. Kyk, daar staan die opportunistiese bedrieër, die moedswillige dromer, die selfge­sentreerde prostituut …

En hier kom ook ek aan, sukkel-sukkel, vermoeid en belas, ’n maklike prooi vir strikke. Lankal reeds geestelik moeg. Waar sal my hulp vandaan kom? Die skare geloofsgetuies wat rondom jou staan, kan ook net soveel help.

Kyk op! sê die Hebreërskrywer. Fokus op Hom wat oorwin het, ten spyte van die getuies wat rondom Hom gestaan en weg­gehardloop het toe hulle moes help. Aan die slaap geraak het nadat Hy hulle gesoebat het om wakker te bly en by Hom in sy benoudheid te waak.

Kry Hom in die oog. Hy is die Een wat die reis saam met jou begin het, Hy sal dit ook saam met jou voltooi.

My hulp is van U, Here. U het my stewig aan die hand. U lei my op die regte paaie, tot eer van u Naam.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: