Die Here sal …

Lees Psalm 20.

Ons vertrou op die Naam van die Here ons God (v 8).

Hy is die Koning van die konings, sê gelowiges van altyd af. Dít troos hulle, sê hulle. Al weet hulle nie aldag wat dié troos bete­ken nie.

Dalk is dit maar net nóg ’n manier om geleerd of gewigtig te klink wanneer ons oor God praat, of om darem op ’n manier in­gelig voor te kom.

Maar die Here kan nie in clichés vasgevang word nie. Hierdie psalm leer ons dat Hy ’n vrye, ongebonde, onafhanklike God is. Vry om lief te hê wie Hy wil. Vry om te kies wie Hy wil. Vry om te besluit wat Hy gaan doen.

Daarom is daar soveel versugtinge hier. In feitlik elke vers soe­bat die digter in sy koning se naam: Mag die Here … Ag, mag Hy tog …

Dit is mos altyd gelowiges se gebed, dié wat hulle vir hulleself bid én dit wat hulle namens ander vra: Mag ons tog guns in u oë vind, Here! Mag U ons raaksien in ons nood! Mag daar vir ons almal uitkoms wees!

Boonop blyk dit hier dat die bidder geen ander gevolg verwag as dit waarvoor hy sugtend pleit nie. Sy troos lê in sy vaste ver­troue. Hoor dan hoe hy in een asem sê: Mag die Here … en in dieselfde asem juig: Die Here sal …!

O, om darem soveel geloof te kan hê! Om soveel vastigheid te vind in ’n God wat nie deur slim sêgoed gekenmerk word nie, maar deur sy trou.

Hy is sonder twyfel die God van alle gode, die Koning van die konings. Die Heerser oor sy skepping. Die Vader van sy kinders.

U trou is my enigste antwoord in lewe en dood, in blydskap en nood.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: