Die laaste sê

Lees Handelinge 10:34-43.

“Hulle het Hom doodgemaak deur Hom aan die kruis te hang. Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek” (v 39-40).

Petrus lewer hier weer die soort praatjie wat meermale in hierdie Handelingeverhaal voorkom: ’n kort opsomming van Jesus se werk, en veral die betekenis daarvan. Toegepas op die plaaslike situasie en die apostels se roeping. Eintlik word dié redevoering dan niks minder nie as ’n preek – of hoe?

Want soos in elke goeie preek – dit wil sê dié waarin die Goeie Nuus onverdun verkondig word – speel die veelseggende kort frase “maar God” (v 40), waarmee ons reeds kennis gemaak het, ook hier ’n sleutelrol. Waar die diepte van menslike hulpeloosheid in die preek beskryf word, word gesê hoe dit deur ’n beslissende Goddelike ingryping omgekeer word. Alles in hierdie trant: Toe die boosheid dreig om alles te vernietig, het God gewys dat Hy die Bose oorwin het. Toe sy skepping en sy skepsels in die ergste benoudheid was en God die hulpkrete gehoor het, het Hy gesê: Tot hiertoe en nie verder nie!

Daar is geen groter ingryping as dié nie. Toe die laaste vyand, die dood, kraai soos hy lag, maak God hom vir ewig stil. Die dood het glo die laaste woord oor die lewe, maar God se ingryping toe Hy Jesus uit die dood laat opstaan het, dít is die laaste een. Punt.

Ja, die laaste sê in lewe en in dood behoort altyd, en vir altyd, aan God.

Dit is my ewige troos, Here Jesus, dat U lewe. Dat ook ek sal lewe, al het ek gesterf.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: