Dwaasheid

Lees Psalm 14.

Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie (v 3).

Nee, dié psalm is nie ’n belangrike uitspraak vol verdoemende dogmatiese oordeel nie. Hier is geen hovaardigheid of beterwe­terigheid nie. Dit is ’n doodgewone waarneming deur ’n doodge­wone mens. Hy sê bloot wat hy weet, wat hy alles rondom hom sien en hoor. En dit maak hom bang.

Dwaasheid is genoeg om enigeen bang te maak. Dit beskik oor vernietigende krag. Dit vra nie vrae nie, want dit het geen antwoorde nodig nie. Dwaasheid is sy eie wet. En die een groot probleem daarmee is die ellendige feit dat dit vryelik bekombaar is, volop, tiekie-’n-bos!

Daarom, sê die psalmdigter, gaan die Here tevergeefs op soek na ’n verstandige mens. Waar Hy ook al kyk, kry Hy net eiesin­nige, ontaarde, afgedwaalde mense. Mense wat ander verdruk en verontreg, mense wat van God-en-sy-gebod niks wil weet nie.

Weet hulle nie wat die uiteinde van sulke boosheid is nie? Ver­staan hulle dan nie die Here se voorkeur vir die hulpeloses nie?

Seker nie. Dwaasheid weet alles van almal, maar van God en sy goedheid … niks. Dwaasheid roem op sy agendas en noukeurige planne, maar van God se wil het hy geen idee nie. Daarom dra dwaasheid die kiem van vernietiging in sy eie hart.

Dwaasheid se enigste hoop is ’n nuwe hart, een wat sagter is, een wat kan meegee onder die druk van liefde. ’n Groter hart, sodat daar plek is vir die enigste Een wat chroniese, halsstarrige dwaasheid van binne af kan genees.

Ek weet eerstehands hoe lyk dwaasheid, Here. En ek weet, goddank, ook van genesing en van vergifnis.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: