Ek weet nie meer nie

Lees Psalm 89:47-53.

Sal U dan vir altyd u hulp weerhou, Here? Sal die vuur van u gramskap dan bly brand? (v 47).

Ek kyk op na die berge – en U kyk weg.
Ek roep en roep … en die eggo’s koggel my.
Ek vra mooi, ek pleit – en U lag my uit.
Ek weet nie meer nie.

Dit help nie ek verweer my nie.
Onophoudelik reën die houe op my.
Meedoënloos klap u sweep.
Hoe koes ek vir u slae?
Wil U nie maar terughou nie?
Gaan U dan nooit ophou nie?

U besef mos dat U besig is om my te vernietig.
Daarom verstaan ek nie waarom U my gemaak het nie.
Was dit bloot om my op ’n dag weer tot niet te maak?
Hoekom het U my dan soveel kanse gegee –
net om dit nou, in hierdie stadium, van my te weerhou?

Here, ek het dan nog nie eens geleef nie; daar is niks
waarop ek met genoegdoening kan terugkyk nie.
My drome het nie waar geword nie. My ideale is onvervuld.
En nou reeds speel U klaar met my.
Vinnig staan alles einde se kant toe.

Het u woede dan geen draaipunt nie;
is u wraaktog onherroeplik finaal?
Is daar hiérdie keer werklik geen genade nie?

Dit het vir my pynlik duidelik geword
dat U nie meer glimlag as U aan my dink nie.
Waarskynlik vul my teenwoordigheid U met weersin,
irriteer my stem U, gril U vir my gesig.
Die mense wat my spot, gaan U nie meer aan nie.
Hulle verag my. Hulle sien neer op my. Soos U.

Wat nou, Here? Wat het oorgebly?
Bloot die rou plek waar u hand
my altyd vasgehou het?
Amen.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: