Elke dag

Lees Psalm 90:12-17.

Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom (v 12).

Hierdie bidder – wat pas gesug het dat ’n mens maar sewentig jaar lank leef, of dalk tagtig, én dat ons jare soos ’n gedagte by ons verbyskiet – pleit nou dat die Here hom moet leer om sy lewe eerder in dae te bereken.

Dit maak sin, dink ek. Dit is dalk die beste ding wat ’n mens van die Gewer van ons jare kán vra.

Want die wesenlike gevaar bestaan dat ons lewe so vinnig verby­gaan dat dit, wel, by ons verbygaan. Dat ons uiteindelik sal terugkyk en sien hoeveel daarvan vermors is. Hoeveel dinge ons nog wou doen. Wat uitstel ons uiteindelik gekos het.

Maar, sê die bidder, terwyl ek nog kan, wil ek maar vra: “Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed” (v 14).

Hy vra: Laat my slim leef. Laat ek my in u oorvloedige liefde koester sodat my dae vól sal wees, elke dag ’n rooiletterdag.

Dan is daar my handewerk, dit wat ek tot stand gebring het. U moet my asseblief daaroor vrede gee, pleit hy. Sê my U sal dit in stand hou, sodat ek nie my kosbare tyd mors deur my boonop daaroor te verknies nie.

Ag, Here, en my kinders …

Hulle moet u grootheid sien. Hulle is nog so jonk, so blind, en hulle gaan ook die dae by hulle laat verbygaan. Wys hulle hoe groot is U, hoe goed. Sodat hulle nou reeds hul lewe met oorgawe én met oop oë kan leef. Leer hulle dat die lewe korter is as wat hulle dink, en dat hulle tog nie hul ouers se foute moet herhaal nie.

Here, daar is soveel leë dae in my lewe, soveel verspeelde geleenthede. Vergewe my, help my!

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: