Ewebeeld

Lees Hebreërs 1:1-4.

Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God (v 3).

Van niemand anders as die Seun kan gesê word Hy lyk soos God nie. Erfgenaam, word Hy genoem. Die Een deur wie God geskep het. Die Een wat mag het om alles in stand te hou. Die ewebeeld.

Laat daar geen twyfel hieroor wees nie: Hy is ver verhewe bo enigiemand en enigiets. Hy is deur niemand minder nie as God self benoem en verhoog. Ver bo ons beste gedagtes oor Hom.

Daarom is dit vreemd dat Hy Hom ook laat ken as “liewe Jesus, sag en teer”, die rojale uitdeler van God se koninkryk aan kleintjies en mense soos hulle (Matt 19:14). As gulle gasheer vir tolle­naars en sondaars (Luk 15:2). As die ontvanger van almal wat uitgeput en oorlaai is (Matt 11:28). As die Een wat voor mense met vuil voete buk om dit te was (Joh 13:5).

Hoe rym dit? Hoe kan Iemand wat tot die hoogste moontlik­heid verhoog is, só laag daal?

Wel, Hy kan. En Hy het. Hy doen dit steeds. Miljoene volge­linge het al geleer om Hom nie daarbó te probeer soek nie; hulle het agtergekom dat Hy hulle hierónder reeds gevind het. Dat Hy hulle vasgegryp en nog nooit laat los het nie. Dat Hy hulle elke dag wys hoe lyk die God wat hulle gemaak en gelukkig nooit laat staan het nie.

Hy kom haal hulle elke dag uit die gate waar hulle wegkruip. In Hom sien hulle die beeld en gelykenis van God. En hulle verheug hulle, hierdie Jesusvolgelinge, want hulle is ook God se kinders.

Ek verwonder my, Here, dat U so laag kan buk om iemand soos ek in die oë te kyk.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: