Fees!

Lees Psalm 81:1-10.

“Daar mag vir julle geen ander god wees nie” (v 10).

Elke fees wat die naam werd is, word deur ’n geskiedenisles ver­gesel. Daar moet immers ’n rede wees waarom die sangstemme op maat van die tamboeryne, die lier en die harp opklink. Geen ramshoring gaan hom sommer vir die grap laat blaas nie!

Daarom, sê die psalmdigter, moet julle mooi luister, Israel. Hoor hier: Die God wie se fees ons vier, is die enigste God. Hy kom van altyd af met ons saam, van ou vader Jakob en sy seun Josef se dae af. Sedert die ellendige tye in Egipte.

Dit is mos Hy wat ons bevry het, wat saam met ons deur die woestyn getrek en al die ontberings saam met ons deurgemaak het. Daar is baie gode, maar net een wat God genoem mag word. Wanneer ons vir Hom sing, swyg alle ander lofsange. Wanneer ons oor Hom praat, doen ons dit in hoofletters.

Dít vra die geskiedenis van ons, Israel. Dit is die ononderhan­delbare eis wat ons verlede aan ons stel wanneer ons oor ’n toe­koms wil droom.

Maar die belangrikste les wat ons uit die geskiedenis leer, sal Ou Israel én gelowiges uit elke geslag weet, is dat ons nie uit die geskiedenis leer nie. Ons vergeet gou hoe dit gekom het dat ons is waar ons is, en Wie ons tot hier gebring het. Ons hou fees, ons sing en speel – ter wille van die vrolikheid.

Iewers sal daar wel ’n kind kom wat vra: Hoekom is almal so bly? Waar kom die liedjies vandaan? En van wie sing julle? Wie is so groot, so sterk en so magtig?

Wie ken nog die antwoord? En hoekom swyg dié wat wel weet?

Help my onthou, Here, sodat ek kan sê: “Ons God is so groot, so sterk en so magtig!”

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: