Gebed

Lees Jakobus 5:13-20.

As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid (v 13).

Ons word daarmee groot, ons wat uit ’n huis kom waar die Here geken en gedien word: Bid, en vir julle sal gegee word …

Ons gebede is ’n belangrike deel van ons geestelike woordeskat. En die uitgesproke voorneme om te bid is ’n betekenisvolle deel van ons bemoediging aan ander. Só: “Ek sal vir jou bid, hoor!”

Jakobus getuig sonder omhaal van woorde oor die kragtige uit­werking van ’n gelowige se gebed wanneer hy sy lesers aan Elia se gebedslewe herinner. Ook wanneer hy praktiese raad gee oor siekes en die opregte gebede wat vir hulle gebid moet word.

Gebed is dikwels ’n meer omstrede saak as wat dit behoort te wees. Hierdie allergenadige toegang wat God se kinders tot Hom verkry, en Jesus se les dat ons Hom selfs as ons Vader mag aan­spreek, kan tog nie ’n strydpunt onder gelowiges wees nie. Helaas, dit is.

Vreemd genoeg het dié ongemaklikheid tussen gelowiges heel­wat te doen met Jakobus se eenvoudige voorbeelde: Daar is dié bidders wat aan die hand daarvan allerlei voorwaardes aan ge­bedsverhoring koppel. Volgens hulle bereik gebed net sy doel as dit ’n kragtige uitwerking het, verkieslik sigbaar. En die bidders se opregtheid bepaal die verhoring van hul gebed. Só gesien, lê die krag van gebed in die bidder se hande.

Dit is totaal anders as Jakobus se heel reguit verduideliking: Die krag van die aanroeping van die Here se Naam is nie in die aanroeping self (of, erger, die aanroeper!) geleë nie, maar in die Naam. Gebedsverhoring is keer op keer ’n wonderwerk. En daar is net Een wat wonderwerke doen.

Ek ken die voorreg van gebed en ek dank U daarvoor, o Hoorder daarvan.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: