Gevra: ’n loflied

Lees Psalm 47.

Hy het ons besitting vir ons uitgekies, die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet (v 5).

Dit was die rede vir Ou Israel se roem, ook in hierdie psalm: die vaste oortuiging dat God self vir hulle hul land gegee het. Hulle het swaargekry en baie ontberings deurgemaak. Maar dít het hulle bly troos: Ons is hier, want God het ons hierheen gebring. Ons is die ontvangers van sy lank beplande seëninge.

Vanuit hierdie vastigheid, met hul voete as ’t ware stewig in hul grond geplant, kan hulle die hoogverhewe God besing. Die groot Koning oor die hele aarde het hul stukkie aarde vir hulle geheilig. Oor Hom jubel hulle.

By ’n terugblik op ’n geskiedenis – Israel s’n of jou eie mense s’n – moet dit werklik net die stiksienigste sinikus of die onversetlik­ste ongelowige wees wat nie ’n ander Hand daarin raaksien nie.

Maar ja, dié ontdekking word feitlik uitsluitend by ’n terugblik gedoen. Wanneer jy en jou mense midde-in ’n ellendige situasie is, is julle bloot van die oorweldigende oormag en jul eie onmag bewus. Dit is eers wanneer daar afstand kom dat jy regtig kan sien God is hier, Hy is daar, Hy is oral. Hy was nog altyd, is ook nou en tot in ewigheid.

As jy die energie en tyd en die behoefte daartoe het, kan jy dié geheimenis probeer uitpluis: Hoekom het mense soos ons so ’n verbysterend beperkte perspektief? Hoekom slaag ons byna nooit daarin om die groter geheel te sien nie?

Sterkte met die navorsing. Baie geleerdes stoei ook daarmee. Intussen? Sing solank ’n loflied vir die Koning.

Ek juig oor u goedheid, o Koning! Ek prys U vir u ingrypings in my lewe. Help my om beter te kan sien, en verder.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: