Hemelkykers

Lees Handelinge 1:1-11.

“Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom” (v 11).

Hierdie keer is Hy regtig weg. ’n Wolk het Hom kom haal. Hulle sou Hom nooit weer sien nie. Die mans in die wit klere het gesê Hy sal weer kom. In hul hart het hulle geweet: Eers ééndag …

Maar hulle weet nie wanneer nie. Buitendien, en dit het hulle wel geweet, is daar vir hulle veel noodsaakliker dinge om te doen as om na die hemel te staan en staar. Om mee te begin het hulle mekaar om na te kyk. Hulle het ander mense na wie hulle moet omsien. Hulle het ’n hele wêreld – waarvoor God so lief was dat Hy sy Seun gestuur het – om hulle oor te bekommer.

Bowendien het hulle Jesus se uitdruklike opdrag om uit te voer: om die wêreld vol oor Hom te praat, tot in die uithoeke daarvan. Om te vertel wat Hy hulle alles vertel en gewys en geleer het. Veral ook in daardie laaste veertig dae toe Hy in die besonder oor die koninkryk met hulle gepraat het. Hiervoor sal hulle krag ontvang, is hulle belowe. Hiervoor sal hulle gaan wag, soos hulle aangesê is om te doen.

Gelowiges, word dikwels beweer, is hemelkykers. Hul oë bly soek na ’n “pie in the sky”. Dit is ongelukkig geen kwaadwillige skinderstorie nie, dit is die onheilige waarheid. Maar dit gee aan diesulkes ’n alibi, dink hulle dalk, om weg te kyk van die nood rondom hulle. Só mis hulle die Jesus wat keer op keer aan hulle verskyn en sê: Ek is honger, dors, naak, siek, in die tronk.

Verlos my van my vrome gewoontes, Here. Maak my oë oop, dat ek U kan sien.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: