Kom laat ons sing!

Lees Psalm 95:1-7.

Laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange (v 2).

Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde;
kom, kinders, besing met ’n vrolike stem.
Dogters van Sion: Prys die Heer met blye galme!
Juig, al wat leef, juig voor die Heer;
juig, aarde: Ere aan God!

Ek kniel ook voor u voete, Heer –
U wat van ouds af ons behoed.
Wagter, wakend op die mure,
Heer, bewaar my dig by U – met my hele hart,
o God van Jakob, deur u hand:
op berge en in dale en oweral.

Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het,
ek het U baie lief, o Heer.
Here, hoeveel blye dae vloei soos strome,
strome van seën van bowe. Ontsluit, o Heer,
ontvlam ons hart! Laat, Heer, u vrede deur my vloei.

Troue Here van my lewe:
Ek glo vas in God die Vader;
Here, Redder, groot en magtig.
Net soos ’n herder uittrek met sy skape, lei U ons, Lig.
O die goeie tyding, o die blye tyding!

God is liefde, juig ons harte. Tel jou seëninge:
’n Vaste burg is onse God, op vaste fondamente.
Ruwe storme breek in woede – kinders van die Here
het niks om voor bang te wees. Laat ons skyn!

Rus, my siel, jou God is Koning; nader, my God, by U.
Gaan my nie verby, bly by my, Heer,
terwyl die skadu’s daal; doen slegs u wil.
Diep, o God, diep neergeboë, leer ons om in eie oë
klein te wees. Vervul, o Heer, my hart met stille wyding –
God enkel lig, voor u gesig. Neem my lewe, laat dit,
Heer, U gewy wees meer en meer – alles,
alles is genade.
Amen.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: