Kom saggies

Lees Psalm 80:9-20.

Almagtige God, kyk tog uit die hemel af en ontferm U weer oor hierdie wingerdstok, neem hom weer onder u sorg (v 15).

Ons is u eiendom, Here, wat U oor geslagte heen
met u eie hand versorg het. U was die getuie van
ons groei. U het ons laat grondvat, laat diepte
kry, laat wortelskiet. Onder u vaardige, versorgende
hand het ons wyd gerank, en oorvloedig gedra.

En nou, Here?
Het die tuinier dan nou sy spogwingerd gelos?
Dit aan wind en weer en vuur oorgelaat?
Kyk, die muur is omgestoot en al wat leef
– elke wilde ding – kom stroop dit kaal.

Sien U dit?
Die verwoesting? Die skade?

Of … weet U dit reeds?
Here?

Here, U het die muur platgeslaan. Het U dan u hand teen ons gelig?
Moet dit tog nie langer doen nie! U is te sterk vir ons,
U leun te swaar op dié boord wat U geplant het.

Kom saggies na ons toe terug,
kom rig tog u klein rankie weer op –
die troetelkind wat U eens met deernis versorg het.

Want as U weer hier is, sal die kwaaddoeners skrik
en wegbly. Hulle waag dit nie om aan te hou verniel
as U naderkom nie. Hulle sal vinnig en ver hardloop!

Kom pas ons weer op, toe?
Kom sorg asseblief vir ons.
Maak ons bewus van u beskerming.
Leer ons opnuut u Naam ken dat ons dit kan uitroep.
Laat ons u Goddelike gestalte maklik herken, dat dit ons troos.

En kom skyn met u helder heerskappy oor ons, Here,
dat ons nie, soos vergeetagtige kinders, weer begin dwaal nie.
Amen.

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: