’n Saak van blydskap

Lees Johannes 15:9-17.

“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees … Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet” (v 11-12).

Liefde het klaarblyklik vele gesigte. Dit leer die Bybel én die lewe ons. Ja, die Woord het ons al geleer dat ons kan liefhê omdat God ons eerste liefgehad het. Dat ware liefde nie in ons idee daarvan te vinde is nie, maar in die manier waarop God ons liefhet. In dié Evangeliehoofstuk voeg Jesus boonop by: “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende …” (v 13-14).

’n Rukkie later sou Hy juis dit doen, sy lewe vir sy vriende aflê. Dit alles lê dus ten grondslag van Jesus se dringende, herhalende oproep hier: Julle moet mekaar liefhê!

Dit kan wel as ’n verrassing vir baie kom wanneer Hy sy motief vir hierdie opdrag verklap. Blydskap, sê Hy, niks minder nie as volkome blydskap. Dit is hoekom Ek soveel klem daarop lê, sê Hy. Dit is waarom Ek die liefdesopdrag aan julle gee, hoekom Ek julle reguit só beveel. Sodat julle kan bly wees.

Liefde – ware liefde, die liefde wat God het, die liefde waaraan daar geen einde is nie en waarvan daar geen groter voorbeeld as Jesus se kruisdood is nie – is dus ’n saak van blydskap. Ja, ja, liefde is opwinding, soms. Dit is trane, dikwels. Dit is verydeling, ongelukkig ook. Maar veral, verál, is liefde iets wat jou bly maak. Volledig, voluit bly.

Liefde is God se glimlag vir sy wêreld en sy kinders. Dit laat dié kinders se trane opdroog, maak hul hart sag en gee aan hul getuienis werklike waarde.

Ek sien die liefde in u oë wanneer U na my kyk, liewe Here. Dit maak my só bly!

Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: