’n Tuiste

Lees Jeremia 31:7-14.

In trane sal hulle kom, met smeekgebede, maar Ek sal hulle lei … (v 9).

Hy is die God vir die treurendes en smekendes, die blindes en kreu­peles, vir dié wat sug in die pyne van verwagting en verydeling. Hy is die Here vir die bywoners en vreemdelinge, vir dié wat sukkel met die lewe en met hulleself. Hy weet hoe om trane af te vee.

Hy is ons God, omdat Hy ontwrigte en ontheemde mense soos ons by Hom laat tuis kom. Omdat Hy ons behandel asof ons bui­tengewoon is.

Dit is soos Hy is. Hy maak oorwinnaars van hulle wat nog nooit enigiets gewen het nie. Hy gee vryelik aan dié wat nooit gedink het hulle sal ooit iets ontvang nie. Hy vul dié wat nog net smagting geken het met sy goedheid. Hy weet hoe om oorvloedig uit te deel.

Hy is ons God, omdat Hy bevlekte en verskrikte mense soos ons vat soos ons is. Omdat Hy ons teen Hom vasdruk en ons nooit weer los nie.

Hy eis nie van ons om onberispelik koers te hou nie; Hy sal ons self lei tot waar Hy wil hê ons moet wees. Hy verwag nie van ons om kop omhoog alles en almal in die oë te kyk nie; Hy sal ons self aan die hand neem en ons leer om ons vrese te oorkom. Hy weet hoe om onvoorwaardelik lief te hê.

Hy is ons God, omdat Hy struikelende, dwalende mense soos ons leer om onbevange te dans.

Here, ons Here, ons het by U tuisgekom. U het ons kom haal, U het ons diep uitgehaal. U het van niets iéts gemaak. Ons loof U!

– Barend Vos


Word ’n Bybel-Boodskapper

Ondersteun Boodskap-Vir-Vandag

Help ons om gelowiges wêreldwyd digitaal met die boodskap van Jesus te bemoedig. Deur jou vrygewigheid sal jy hierdie daaglikse aanlyn inspirasie in mense se lewe moontlik maak.

KLIK HIER vir meer inligting oor hoe net R2 per dag 'n reuse-impak kan maak.

Hier is ’n getuienis oor wat Boodskap-Vir-Vandag vir mense beteken.

Ken wil dieper oor sy geloof nadink, en hy het vir ons hierdie e-pos gestuur: